Tesourie verwag R3,9 miljard uit verkope van Telkom-aandele

malusi-gigaba-minister-van-binnelandse-sake

Malusi Gigaba, minister van finansies. (Maart 2017) (Foto: GCIS)

Die nasionale tesourie verwag dat hy R3,9 miljard sal ontvang deur ʼn gedeelte van sy Telkom-aandele te verkoop om die kontant te kry wat die SA Lugdiens benodig.

Malusi Gigaba, minister van finansies, het Woensdag tydens ʼn perskonferensie oor sy eerste mediumtermynbegrotingsrede gesê hy is verplig om ʼn bate te likwideer om ʼn deel van die R13,7 miljard te finansier waarvan R10 miljard as ʼn inspuiting in die nasionale lugredery aangewend sal word en R3,7 miljard vir die Suid-Afrikaanse Poskantoor.

“Die fiskale raamwerk loop die risiko om met R3,9 miljard oorskry te word, so ons moet iets verkoop wat vir ons daardie R3,9 miljard sal inbring,” het hy gesê. “Die impak sal baie ernstig wees as die oorskryding plaasvind.”

Die nasionale tesourie het tot dusver reeds R5,2 miljard aan SAL gegee om sy krediteure te betaal. Gigaba het Woensdag bevestig dat SAL ʼn verder R4,8 miljard sal ontvang voor die einde van die finansiële jaar om skuld te delg en bedryfskoste te betaal.

Die opposisie het die oorbetalings veroordeel en aangevoeg dat Gigaba die wet oortree deur nie ʼn spesiale kredietwetsontwerp by die parlement in te dien vir goedkeuring nie.

Sibusiso Buthelezi, adjunkminister van finansies, het gesê hy wil dit duidelik maak dat dit “baie moeilik is” om die oorbetalings te doen.

Gigaba het in sy toespraak staatsbeheerde ondernemings gewaarsku dat hy nie bereid is om aan te hou om staatsgeld te gebruik om hulle uit ʼn finansiële verknorsing te help nie. “As die aandeelhouer is ons nou moeg daarvoor om by ʼn krisis betrek te word deur diegene wie ons aangestel het om die staatsbeheerde ondernemings te bestuur. Dit moet nou ʼn einde kry.”

Die minister het verlede week aangekondig dat Dudu Myeni, SAL-voorsitter, die trekpas gekry het ná ʼn omstrede vyfjaartermyn waar die lugredery ongeveer R15 miljard verloor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jaco ·

Het die ANC dan NIKS by húlle jommunistiese mentors van die struggle-jare geleer nie? Nasionaliseer eenvoudig die SA Lugdiens.

Kasper ·

Gee net kans, volgende kom hulle vir die mense se pensioen fondse. Dit is waar die groot geld le om te steel soos hulle wil. Net ‘n kwessie van tyd.

Fourie ·

Tussen die lyne en agter die woorde van Gigaba lees ek die volgende:- 1) moenie kommer oor buitelandse beleggings uit die Weste nie; ons het reeds beleggers uit die Oosblok in die wegspringblokke en 2) saam daarmee radikale transformasie na sosialisme/kommunisme. Alle ANC sprekers en ministers predik verandering maar nie één kom ooit in die openbaar te voorskyn met enige realistiese, konkrete, haalbare of prakties uitvoerbare plan nie. Dis omdat hulle alles reeds onder die tafels in plek het. Staatskaping? Die staat word nie gekaap nie, want hy orkestreer alles. Dis die 52mil inwoners en burgers van die land wat deur die staat gekaap word!

Willem ·

Eish! We have a good story to tell!
Dis ‘n kwessie van tyd voor hierdie kaartehuis ineenstort.

B ·

Na Telkom aandele verkoop is om SAL te help. My vraag is gaan Telkom nog kan oorleef.

Wagter ·

Dalk kry hulle rigting met nuwe bestuur.. hulle beter, daai koper kabel na my huis is al wat my nog nugter hou deur die week

Kasper ·

Sal my nie verbaas as hulle fondse gaan gebruik van die PIC om die aandele te “koop” nie. Sien so gebruik hulle arme staats amtenare se pensioen geld, en terselfde tyd behou hulle , hulle belang in Telkom deurdat die PIC die aandele “besit”. Sover ek verstaan besit die PIC al klaar klomp van Telkom se aandele, nou gaan hulle net nog ‘n groter hap van die pie kry, maar mense se pensioen geld sal daarvoor gebruik word.

John ·

Wie gaan die gedeelte van Telkom koop? Word dit juis so beplan. Die SAL-doedie het dalk reeds van die lugdiens se pensioengeld gebruik vandaar die goue kus om die aandag af te lei.

De Villiers ·

Gigaba erken egter in ‘n mate dat die effek van kaderontplooiing nou begin tande wys. Die probleem is dat hy self ‘n kader is wat so in sy posisie aangestel is. Nou wie is hy om vingers te wys as hy self omstrede is?

sarel ·

en wie gaan dit koop die guptas gaan dubbel soveel kry as voor betaal

Ralie ·

Die man kan darem lees en die nar glo alles wat hy sê. Zumpies se grootste boggerop nog. Wys net genoeg mense met grysgoed is daar net nie. Dink nie tannie Zuma het enigiets om by te dra nie.

Danie ·

Die soos n bankrot boer wat sy stoetkoeie begin slag om te kan oorleef.

SjN ·

Giggelbaba wil nou nog geld in n bodemlose put gooi, hy moet net sy peanut gebruik en ontslae raak van die SAL wat wanbestuur word en waar bevoegdheid ontbreek.

Alida ·

Daardie nar met die snyerspak het GEEN idee van ekonomie nie. Om ‘n klomp syfers wat iemand anders opgemaak het van ‘n papier af te lees is nie te moeilik nie. Ten minste KAN hy lees en die syfers reg uitspreek. Numba one sukkel nogal met daai een.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.