Tesourie vra jou 2c voor begrotingsrede

Enoch Godongwana, die minister van finansies. (Foto: GCIS)

Die tesourie doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om voorstelle rakende die nasionale begroting in aanloop tot die begrotingsrede in te dien.

Die voorstelle kan strek van “hoe die regering openbare fondse moet bestee, hoe om ’n groot begrotingstekort te takel, idees vir nuwe bronne van belastinginkomste sowel as ander begrotingsrelevante inligting.

“Minister Enoch Godongwana sien uit na jou bydrae.”

Godongwana, die minister van finansies, sal die begrotingsrede op 23 Februarie aan die parlement en Suid-Afrikaners voorhou.

Die jaarlikse begroting is ʼn belangrike ekonomiese instrument, aangesien dit die toon aangee vir regeringsdienslewering in lyn met die verpligtinge wat pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede aangekondig het.

Dit prioritiseer ook die regering se besteding, wat die regering in staat stel om sy doelwitte te bereik.

Voorstelle kan hier ingedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jacques ·

LOL!!! Ons het nie meer 2 sent oor nie, SARS het dit lankal klaar gevat.

Marius ·

Regtig !!! Soek hy nog bronne sodat belasting inkomste vehoog kan word ? En dit uit die kleine minderheid wat nog werk en dan natuurlik die belasting op die pensioenarisse se maandelikse pensioen. Betaal ons nog nie genoeg belasting nie ? Dalk moet die informele nedersettings ook erfbelasting, vuikisverwydering, riolering ens. begin betaal. Dit is miljarde wat ingevorder sal word, ons land sal in ‘n oogwink ‘n ekenomiese oplewing beleef.

Delia ·

Kan ons almal ons kommentare stuur soos die Minister gevra het, Direk aan sy kantoor.

Tubac ·

Eenvoudig! Alle senior personeel en Ministers verminder salarisse met 70% en toelaes met 90%.

Lourens CFG ·

Dit is amper die grootste uitgawe, hulle moet die hoeveelheid ministers ens ook verminder, daar is hopeloos te veel.

Marina ·

en daar word jou voorstel uitgegooi want dit is nie tot voordeel van die “mense” nie … hulle gaan seker net kyk na die voorstelle waarby hulle kan baatvind

Kokerboom ·

Die oplossing is lankal in hul hand nl veminder staatsuitgawes, verminder personeel, verminder staatsdiensalarisse, beheer roekelose uitgawes en stop tog jaarlikse heffings op brandstof, drank en tabak..dis al oorbelas en bedryf sterf. Eersgenoemdes sal hul NIKS aan doen dus ons mors ons asem

Kobus ·

Ek het vir 1 sent ‘n volledige voorlegging gedoen maar MM voel blykbaar dis nie gepas nie

Willem ·

Ek se eerder niks. Regering sal my toesluit en MM sal my vir ewig verban

AndrewL ·

Vir die soveelste keer gaan ek seker geïgnoreer word.

Hul wil werk skep, maar straf die werkgewers van huis werkers. Ons moet verpligte verhogings betaal, UIF en nou ook ongevalle kommissaris. Vir hierdie wette is jy ‘n werkgewer.

Kom dit by belastingwetgewing is jy nie ‘n werkgewer nie en mag jy nie daardie uitgawes van belasting verhaal nie.

So word daar jaarliks meer en meer huiswerker poste nie gevul nie.

Johanncb ·

Ek sal nie my laaste 2c vir die regering gee om te belê nie!

Casper ·

Ramaphosa se staatsrede,ha ha ha.Hy lieg in elk geval.Hy dra net sy eie beursie se dikte op die hart en voel vere vir staatskaping en bedrog en korrupsie.

Casper ·

Die antwoord is maklik.Hou op om geld te verduister en smart karre te koop en belê die geld in ons vrotsige ekonomie.

Winnie ·

Tel al die 2 sente bymekaar en die nuwe staatskaping begin van vooraf. Los my 2c uit ek gebruik dit in kuns want die banke aanvaar dit mie meer nie

Charl ·

My bydrae/voorstel….HOU DIE ANC MET HULLE GIERIGE VINGERTJIES UIT DIE NASIONALE BEGROTING !! So sal daar dalk vir ons iets oorbly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.