Tesourie waarsku oor moontlike slenter

Pravin Gordhan, die minister van finansies, met sy adjunk-minister, Mcebisi Jonas. Foto: GCIS

Pravin Gordhan, die minister van finansies, met sy adjunk-minister, Mcebisi Jonas. Foto: GCIS

ʼn E-posadres vir die minister van finansies en ʼn Facebook-blad vir die minister se adjunk is vals, het die tesourie bevestig.

“Ons wil die publiek waarsku teen die rekeninge wat versprei word met die bedoeling om die minister van finansies [Pravin Gordhan] en sy adjunk [Mcebisi Jonas] se beeld te skaad. Minister Gordhan het nie ʼn gmail-e-posadres nie en adjunkminister Jonas het nie ʼn Facebook- of Twitter-profiel nie.”

Die tesourie het die publiek versoek om versigtig te wees wanneer hulle aanlyn deur mense genader word wat hulself as die minister of adjunkminister voordoen, aangesien die mense hul wil bedrieg. Lede van die publiek kan www.treasury.gov.za besoek vir die korrekte besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theo ·

Moontlik die diewe en bedrieers (derde mag) wat nogsteeds n disinformasie veldtog teen Gordhan voer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.