“Ons wil die publiek waarsku teen die rekeninge wat versprei word met die bedoeling om die minister van finansies [Pravin Gordhan] en sy adjunk [Mcebisi Jonas] se beeld te skaad. Minister Gordhan het nie ʼn gmail-e-posadres nie en adjunkminister Jonas het nie ʼn Facebook- of Twitter-profiel nie.”
Die tesourie het die publiek versoek om versigtig te wees wanneer hulle aanlyn deur mense genader word wat hulself as die minister of adjunkminister voordoen, aangesien die mense hul wil bedrieg. Lede van die publiek kan www.treasury.gov.za besoek vir die korrekte besonderhede.
Moontlik die diewe en bedrieers (derde mag) wat nogsteeds n disinformasie veldtog teen Gordhan voer.
ANC sit weer hier agter