Tessa Beetge veilig terug in SA

Tessa Beetge

Tessa Beetge

Die veroordeelde dwelmmuil Tessa Beetge het Donderdagoggend veilig in Suid-Afrika geland, het die SAUK berig.

Beetge se familie het by OR Tambo Internasionale Lughawe vir haar staan en wag. Beamptes het haar egter glo vinnig voor die media weggevoer nadat sy uit Brasilië geland het.

Margie Olsen, haar tannie, het gesê sy is teleurgesteld dat sy Beetge nie eers kon sien toe sy geland het nie.

Beetge is in 2008 tot agt jaar tronkstraf gevonnis nadat sy op ’n lughawe in Brasilië met 10 kg kokaïen betrap is.

Olsen sê hulle is bly dat die pynlike deel van Beetge se lewe amper verby is. “Haar kinders woon by hulle pa en stiefma. Hulle is nou 17 en 15 en hulle is pragtige meisies en hulle is meisies waarop Tessie baie trots gaan wees. Toe Tessie weg is was hulle 12 en 10. So sy het daai pragtige tienerjare gemis.”

Marie Swanepoel, Beetge se ma, is in Oktober verlede jaar na ʼn kort siekbed oorlede.

Beetge beweer dat sy niks van die dwelms geweet het nie. Sheryl Cwele, die nou eksvrou van Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, en haar medebeskuldigde Frank Nabolisa is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle daaraan skuldig bevind is dat hulle Beetge as ʼn dwelmmuil gebruik het om kokaïen van Brasilië na Suid-Afrika te smokkel. -SAPA

Lees ook:
Tessa Beetge glo vandag terug in SA
Beetge wil nie inligting bekend maak nie
Beetge uit Brasiliaanse tronk vrygelat
Dwelmmuil se ma sterf
Dwelmmuil se ouers wil met president vergader
Cwele tronk toe
Dwelmvonnis van minister se eksvrou verswaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Grassie ·

Sy moes liewer gebly het waar sy was. Ek wonder of sy weet hoeveel jong lewens het sy help verwoes het met haar dwelmsmousery. Ons het haar sort nie hier nodig nie.

AmY ·

Ten minste kan sy nou aangaan met haar lewe en ‘n skoon blaadjie omslaan.
Daai ander een is nog in die tronk waar sy hoort.

Tessa, jy het nou ‘n tweede kans gekry. Maak die beste daarvan. Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.