Texas-goewerneur gekap oor verregaande twiet oor ‘immigrante’ uit SA

Greg Abbott. (Foto: Greg Abbott/Twitter)

Die goewerneur van die Amerikaanse deelstaat Texas het hom die gramskap van die sosialemediagemeenskap op die hals gehaal ná ʼn omstrede twiet waarin dit duidelik blyk dat hy bitter lanklaas ʼn atlas oopgeslaan het.

Greg Abbott, wat in 2015 as Texas-goewerneur aangewys is en beoog om hom vir ʼn derde keer vir die pos beskikbaar te stel, het in ʼn twiet beweer dat Suid-Afrikaners die VSA se grense onwettig oorsteek te midde van pres. Joe Biden se besluit om ʼn reisverbod teen Suid-Afrika in te stel.

Die verbod het onlangs in werking getree nadat die nuwe Covid-19-variant genaamd Omikron in verskeie wêrelddele, ook Suid-Afrika, opgemerk is. Verskeie ander lande het intussen ook hul deure vir Suid-Afrikaanse reisigers gesluit.

In die twiet gaan die goewerneur voort deur te beweer dat verskeie Suid-Afrikaners aangekeer is terwyl hulle die VSA probeer binnekom het.

“Biden doen niks daaraan om te keer dat immigrante uit Suid-Afrika onwettig die land binnekom nie,” sê hy.

“[Dit is] suiwer politiek en skynheiligheid.”

Sosialemediagebruikers het Abbott blitsig oor die twiet gekap, terwyl ander heerlik die gek geskeer het met sy oënskynlike gebrek aan geografiese kennis.

Talle Suid-Afrikaners het ook later hul opinies oor die twiet gedeel.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand, terwyl hy Suid-Afrika toegespreek het oor die verwikkelinge in die land en die reaksie op die Covid-19-pandemie, sy teleurstelling te kenne gegee oor verskeie lande se besluit om ʼn reisverbod teen Suid-Afrika in te stel.

“Dit is absoluut ongeregverdig en teenstrydig met die lande se ooreenkoms by die G20 in Rome. Hulle diskrimineer nou ten sterkste teen ons land en ons buurlande,” het hy gesê.

Abbott se twiet is teen Maandagmiddag reeds meer as 7 000 keer gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Human ·

Wat dan nou van Rhoda Kadalie? Sy is mos ook nou een van die GOP se hoi polloi.

Nici ·

Ek voel ook daar word teenoor my gediskrimineer met al die druk om ‘n inenting te vat wat teen my beginsels is.

marius ·

Die gegillery deur die hoofman van mishoop land is verregaande . Dis al .

Chris dupreez ·

En ek het gedink net Suid Afrika het hansworse in die regering

Alida ·

Whahahaha! Tipies van Amerikaners wat dink hulle land is die middelpunt van alles en almal.

Janee ·

En intussen is hulle besig om die volgende muishondland te word….

KB ·

Alida, jy het die lande deurmekaar. Engeland is die klomp wat dink die hele wêreld bestaan uit die paar eilande tussen die Noord Atlantiese Oseaan en die Noord See. Die ou landjie wat geBrexit het, die ou landjie met die simpel Eerste Minister op sy fiets, met ‘n koningin wat nie wil abdikeer nie.

Amerika is die land van die luidrigtige grootbekke, wat (onder andere) Suid-Afrikaners invoer, om goed te lyk!

JohanR ·

Dink min Amerikaners weet WAAR Suid Afrika is! Dink min Amerikaners weet WAAR hulle linker voet is!

madels ·

En ek nomineer………….mnr Abbott die hanswors van die jaar!!! :-)

Klein Karoo Loper ·

Sy naam nou lelik met ‘n plank geslaan. Maar nou moet ons ook sê Biden en sy travante vergat hul name elke dag.

Pietertjie ·

Verregaande, of lieg hy net gewoonweg, soos dit ‘n goeie politikus betaam?

Eden ·

Maroela word nou soos ‘n ander bekende massamedia instansie. Kommintaar (met ‘n “i”) op Twitter word nou as nuus voorgehou.

Wonder ·

Lekker lag ek nou, tot ek wat so erg rigting beduiwel is wat op reguit pad kan verdwaal weet is onmoontlik om oor hull grense te gaan van SA af….

Jack ·

Ag ou Greg Abbott spel maar net sleg. Hy wou eintlik South America sê toe sê hy per ongeluk South Africa. My ondervinding is dat baie Amerikaners nie eers weet wat in hulle eie land aangaan nie, laat staan nog wat in die res van die wêreld aangaan.

KB ·

Daai staat waar die winde so kwaai waai, en geboue op goeweneurs se koppe val. Hy is seker die nuwe eienaar van Southfork, en JR is seker sy beste pel…

Vrijburger ·

Ja slim Jannies, as die boodskap met aandag lees gelees word is dit duidelik dat die bedoeling is Suid-AMERIKA, gegewe die oorstroming van ongevaksineerde onwettiges uit Suid-Amerika oor die grens.

Maar dan weer, SA is skaars ‘n blip op die radar van die wereld en die meeste Amerikaners weet nie eers dit is ‘n land nie.

Piet ·

Ek vind niks snaaks in Abbott se posisie nie. Julle verstaan dat daar kommersiële vliegtuie is wat Mexico en omliggende lande vanaf SA kan bereik, korrek? Die fisiese grens tussen die VSA and Mexico word daagliks deur duisende onwettige immigrante oorgesteek. Mense van sentraal en suid Amerika, China, midde-ooste, en ja, Afrika ook, steek die grens oor. Die wat lag en sê Abbott moet na ‘n atlas gaan kyk, wys eintlik maar net hoe on-ingelig hulle self is.

Piet ·

Oraait KB, jy wen, geluk! Jy het duidelik ‘n beter begrip op die onwettige immigrasie status van Texas se deel van die VSA se suidelike grens, daar uit jou woonstel in Brakpan uit as wat die goewerneur van Texas het.
(en ek ry baie min fiets)

Wonder ·

Soos hy praat klink dit of 1000 per dag oor gaan sontoe, hy laat dit klink soos om van Zim af hierna toe te kom….

Andries ·

Nog altyd gese Amerikaners is dom. Nou het ons bewyse HOE dom hul eintlik is.

Chris ·

Wat my stomslaan is dat die ou seker kinders het. Sê niks verder nie. Die enigste oorlog wat die Yanks ooit gewen het was die Civil War (noord teen suid)

Andries ·

ek herinner my aan ‘n studie jare gelede – 70% van Amerikaanse universiteitstudente kon nie FRANKRYK op die wereldkaart aandui nie. Lyk my mens kan enigiets van die mense verwag.

Treurwilger ·

Dit is só duidelik dat Abbott Suid-Amerika bedoel het, want hy wou Biden se dubbele standaarde uitwys.
Genade, maar die twitter-brigade en mensdom oor die algemeen is vinnig op hol en beledigend oor nietighede.

Hasie ·

Hold on …I will there in 5 minutes flat ……Eerste op my lys van besienswaardighese is Disney Land

pestilensie ·

Weet van n paar onwettige spanners in vsa , maar laaank terug in die dae toe Biden nog eerbaar was .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.