Thabazimbi-gemeenskap bou ‘nuwe’ pad

Boere en sakemanne het hul toerusting beskikbaar gestel om ‘n pad buite Thabazimbi te herbou. (Foto: Lourens du Plessis)

Dit het ʼn handvol boere vyf dae geneem om ʼn pad van 13,5 km van Thabazimbi in die rigting van die Botswana-grens oor te bou.

“Hierdie pad het oor die afgelope 29 jaar onder die ANC se bewind heeltemal tot niet gegaan,” het Lourens du Plessis, ʼn plaaslike boer en ʼn finansierder van die projek, aan Maroela Media gesê. “Die pad het soos ʼn kanaal gelyk as dit reën en ʼn paar jaar gelede het hier mense gesterf.

“Ons het na vele briewe en oproepe na die staat se outoriteite en politieke partye geen reaksie gekry nie en toe besluit om dit ʼn gemeenskapsprojek te maak, want ons het baie verliese gely weens die swak en gevaarlike toestand van die pad.

“Hier is twee skoolbusse wat elke dag die pad gebruik en dit is skrikwekkend om te dink dat ʼn  regering geen ag slaan op die veiligheid van sy mense nie.

“Daarbenewens sit ons met groot ondernemings en boerderye wat onder meer graan produseer, wat op hierdie pad na verwerkers in Gauteng moet gaan. Die vervoerkontrakteurs het tot R40 per ton meer gevra om ons graan te vervoer.”

 

Die boere wat ingespring het om die pad buite Thabazimbi te herbou. (Foto: Lourens du Plessis)

 

Hy sê dit is een van die redes waarom kos so duur word en uit ʼn ekonomiese en veiligheidsoogpunt moes hulle noodgedwonge die pad herstel.

Hulle het die Maandag ingespring en die Vrydag klaargemaak. “Die gemeenskap het ongelooflik mooi saamgewerk. Sakemanne en graanaankopers van Johannesburg en Pietersburg en ander plekke het vir ons donasies gegee. Ons het ook brandstof van die gemeenskap ontvang en boere en sakemanne het vir ons hul toerusting beskikbaar gestel.

“Hierdie is ʼn groot projek en ons gaan vir die Limpopo-regering ʼn faktuur van R3,15 miljoen stuur.

“Ons het dit self gedoen en ek wil die hele land begeester om ook in te spring om hul plaaslike paaie te herstel,” voeg Du Plessis by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hendrik ·

Ons sal self. Nou moet Afriforum ons net in die konstitusionele hof help dat ons belastingverligting kan kry vir dit wat ons self doen waar die staat en plaaslike owerheid hulle plig versuim.

domheks ·

Grondpad beter as die ‘potholes’
Maar cANCer hou daarvan as hulle die geld ontvang – en iemand anders doen die werk!

Shakespeare ·

Die gawwerment is n useless klomp kommuniste. Jy gaan niks uit hulle uit kry nie.

Old no7 ·

Goed gedoen. Goeie voorbeeld vir die land en regering. As die regering die 13.5km moes doen sou dit nie R3.1 miljoen gekos het nie maar wel R310 miljoen. Gee daai manne ń bells…..

MJLS ·

Bravo, mense van Thabazimbie.
Maar ek twyfel of die Limpopo regering julle gaan vergoed.

Henk ·

Mooi so manne,dit wil gedoen word.
Wys jou net as almal saamstaan.
Baie trots op julle.

Pietertjie ·

Mooi storie! Nes die Voortrekkers van ouds, is ons op onsself aangewese. Moet egter nie dieselfde fout as Piet Retief maak nie.

Carl ·

Dis alles goed en wel, maar ons maak die doellose regering net gewoond daaraan om niks te doen nie. Hoekom sal hulle dan nou iets doen as ander mense die werk gratis namens hulle doen. Hierdie tipe werk kan en moet slegs gebeur indien die mense wat dit doen, op een of ander manie belasting weerhou van die diewe om die projek te finansier. Hulle moet vergoed word vir die harde werk en dit moet dus belasting aftrekbaar wees.

Henker ·

Well done manne! Wys maar weereens wie is die praters en wie is die doeners.

Stuur daai rekening!!

Joseph ·

Wel gedaan manne, weereens ‘n bewys dat waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Ongelukkig kan dieselfde nie van die onbeholpe regering gese word nie. Dit sou hulle seker 5 jaar geneem het om te doen wat julle in 5 dae gedoen het.

Pieter ·

Wel gedaan manne,maar daar moet iets aan die probleem gedoen word. Die mense wat die werk eintlik moet doen, moet dan maar uit hulle poste ontslaan word. Julle doen nou hulle werk vir hulle, en hulle kry nogsteeds hulle volle selarisse. Ongelukkig met hulle mentaliteit sal hulle net minder en minder begin doen, as ons hulle werk vir hulle doen.

Gideon ·

Welgedaan aan ieder en elk wat in gespring het om die lelike pad te herstel!! Ongelukkig gaan julle nooit daai 3 miljoen terug kry nie, nooit nie

Di ·

Bravo! As ons iets gedoen wil he in die korrupte land moet ons dit maar SELF doen! Ongelukkig gaan julle nie ‘n sent sien van die geld nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit sal seker so R5 000 miljard kos om die land weer op sy voete te kry.

Piet parys ·

Sit n groot bord op dat die Boere die pad reg gemaak het dat die wat daar ry besef dis nie die Anc wat dit gedoen het nie .

Santjie van Soendal ·

Knap Kêrels!! Julle gee mens moed….looi die ANC- regering….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.