Thabazimbi-moord: Verdagte sterf

Bertie Cilliers. Foto: Facebook

Bertie Cilliers. Foto: Facebook

Die man wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Bertie Cilliers (54), is in ʼn hospitaal oorlede.

Cilliers, ’n mynbestuurder en boer, is Vrydag op sy hoewe buite Thabazimbi doodgeskiet.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê ʼn verdagte in die saak is Saterdagoggend in Rustenburg opgemerk. Hy het glo van die polisie gevlug voordat hy ʼn ent verder stilgehou en homself in die kop geskiet het, vermoedelik met dieselfde vuurwapen wat tydens die aanval op Cilliers gebruik is.

Arina Cilliers, Bertie se skoonsuster, het aan Maroela Media bevestig die verdagte, Coenie van Wyk (25), is in die hospitaal oorlede. Van Wyk was die broer van een van Cilliers se skoondogters. Volgens Arina het Cilliers vroeër ʼn klag van huisbraak teen Van Wyk aanhangig gemaak na verskeie inbrake in sy huis op die hoewe.

Maroela Media het vroeër berig Cilliers se seun het Vrydagmiddag omstreeks 14:00 op sy pa se liggaam in die kombuis van sy plaashuis op die Spitskop-kleinhoewe afgekom. Cilliers is op die toneel dood verklaar nadat hy verskeie kere geskiet is.

Volgens Ngoepe is Van Wyk reeds Sondagaand oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Rene ·

Is dit nou ‘n broer van sy skoondogter of sy skoonseun, soos in ‘n vorige berig?

Cherokee ·

Rene, die beriggewers ontvang inligting broksgewyse en as die nuutste dien as ‘n korreksie op die vorige, laat dit so wees. Dit maak nie werklik saak of daar (skoon)familie-verbintenis is of nie want ons ken nie die mense nie, in elk geval.

Tragies ·

Vreemd hoe die ander nuuskanale nou hierdie EEN insident uitsonder om te ‘bewys’ dat die plaasmoorde nie rassisties is nie. Gaan kyk gerus op News24 wat hulle BEVIND het agv hierdie EEN insident. Dit bly egter tragies as mense hulle lewens verloor oor ‘n geskil of verskil in opinie . wat ookal die oorsaak was, dit is nie een of in die geval twee lewens werd gewees nie.

Kobus 4e ·

Tragies hulle berig ook maar net wat SANCO se redinasie is, nie hulle eie. Ek stem saam hulle is doodstil oor ander soortgelyke gevalle waar dit nie familie is nie.
Ons moet net nie daal tot op hulle vlak, en ons kommetaar ook verdraai nie.

Sarie ·

Dis broer van sy een skoondogter…… En nou kry sy mense hom so jammer sies tog maar niemand het niks gese toe hy Bertie skiet nie…… rerig mense so man moenie eers in samelewing wees nie hoekom is julle nou jammer hy is ook oorlede? Al wat sleg is waarheid sal nou nooit uitkom nie.

Anne-Marie van Wyk ·

Sarie, jy was nie by om nou God te kan speel en te oordeel nie. Coenie van Wyk is my neef en dit raak sy familie dat hy oorlede is ongeag wat hy gedoen het. Dis steeds seer. Niemand sal ooit weet wat daar gebeur het nie. So hou liefs, ten koste van my arme familie, jou snottige comments vir jouself. Only God can judge.

Isabelle ·

Ons het geen reg om te oordeel nie al is dit hoe moeilik. Dit help nie ons is kwaad nie. Vra vir hulp van bo af sodat ons die dinge kan aanvaar wat ons sukkel om te aanvaar. God alleen weet wat en hoekom. Die reg om te oordeel kom ons nie toe nie.

Genade ·

Suiwer genade, die reg sou te lank neem. Sterkte aan sy suster wat 2 x seerkry en baie sterkte vir hierdie gesin, dit is nogal n beproewing. Verder Rene maak dit nie regtig saak wie se wat hy is nie, die familie het genoeg hartseer om te verwerk.

Rene ·

Ek stem saam “Genade” mens moet tenmiste die bron wat die inligting versprei kan vertou as die waarheid? waarom dan die inligting deel indien dele waar en ander dele onwaar is?

Lance ·

Tog eienaardig dat met die verdagte n naam en van gegee word

c ·

Lance die verdagte is oorlede, daarom sal hy nie in die hof kan verskyn om te pleit nie en in hierdie geval kan sy naam genoem word. My innige simpatie aan beide die families wat hierdie tragiese ervaring moes deurgaan. Ek dra jul almal in my gebede aan die Liewe Vader op en ek glo hy sal jul vining innerlike genees, en dat Hy hierdie moeilike tyd wat voorle elke dag saam met jul sal stap en jul almal hier deur sal dra.

Slang ·

Verdagtes se name word net gegee as hulle wit is. As hulle anderskleurig was mag hulle eers die name gee as hulle aangekla is .. tog te vreemd die wonderlike media van ons wat nogsteeds na al die jare polities korrek probeer wees.

gaga ·

Oppas netnou vlieg Dawid Cilliers weer in julle keelgatte af. Klink of hier iets bizar aan die gang is…

Mikka ·

Maklik om so te se maar ja verloor jy jou pa op so manier dan sien ons hoe sal jy reageer.

Mikka ·

Ja nee… Sal sien hoe gaan jy tekere as jou Pa op so slegte manier oorlede is. Skaam jou toon respek of bly stil.

Dawid ·

Gaga. Jou naam se baie. Julle is nie een hier om te weet wat gaan aan nie. As jou pa vermoor is sal jy weet dis nie maklik nie. Los die families uit hulle het genoeg seer!!!!

jaco ·

indien hy regtig moord gepleeg het en nou dood is, dan is die doodstraf mos toegepas vir moord. dit was net “self-inflicted”. n BAIE LANG EN DUUR regsproses is nou onnodig.

Liendempers ·

Ek verstaan nie? Die man se naam word bekend gemaak, maar nerens word gese dat hy aangekla is van die moord nie. Daar is slegs n bewering dat hy homself geskiet het met moontlik dieselfde wapen. Moes daar nie eers vasgestel word dat dit wel dieselfde wapen is voordat sy naam bekend gemaak word nie? Hier is tog seker n regsgeleerde wat kan antwoord? Se nounet dis nie dieselfde wapen nie en se nou net die man het homself om n ander rede geskiet???? Have a heart. Sy familie was sekerlik lief vir hom, hulle het ook seer. Miskien nie so vinnig en hard klippe gooi nie mense.

Sjjjjjjt ·

Regsgeleerdes kruip gewoonlik weg op kommentaar blaaie as iets verkeerds deur die owerhede of media aangejaag word, hulle comment net as kommentators iets verkeerds sê of volgens hulle ‘onkundig’ is. Almal weet duidelik dat anderskleuriges se name nie genoem word voordat hulle aangekla word nie, tog word hierdie wit ou wat VERDINK word se naam genoem. Die regsgeleerdes is nou tjoepstil, maar kritiseer hulle net, dan sien jy hoe peul hulle hier uit.

Roxy ·

Moenie as jy nie weet wat da gebeur het negatiewe kommentaar lewer ni as jy by was ja dan kan jy iets se ja almal se familie is hartseer oor dt gebeur ht ma wie se C ht di sneller getrek da kan baie dinge gebeur ht baie vrae kan gevra word was hy alleen tu hy opi plaas was ,was da ni nog n persoon saam ni wie ht hom da gesien baie vrae kan gevra word wat was di rede hukom da tot so daad oor gegan is nee bly stil as jy ni beide kante ken of van weet ni was dt oor werk oor familie sake geld ens nee op di stadium weet niemand ma om tot so iets in staat te wees was da iets erg betrokke maar nt onse Vader kan oordeel ons ht ni di reg om dt te doen ni

josefa ·

Hi almal Julle will weet waar is sy skoon family ons is hier en ons sien als wat aan gaan ja ons comend nie en ons is maar still ons het ook ni suster om aan te dink die Kant ja ons almal is geskok oor ons swaar wat ons verloor het ons was baie lief vir hom gewees hy sal alkyd in ons harte wees ons is ook so still want daar is 2 begrafnese om te reel en ons is op die oom like beessag met dit al wat ek almal vra is asb laat al die negetiewe goed gaan staan want dit vat aan al die family’s en ek weet waar ek hier sit my swaar sal dit nie so will ge haar het nie ons is nie mense wat ander mense kritieseer nie ons sien alkyd goed en swak rack maar op die oom like will ons net die goed rack sien en ondou van hom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.