Thabazimbi-plaasaanval: Slagoffers in kluis toegesluit; vrou doodgeskiet

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn onbekende aantal verdagtes ná ʼn plaasaanval naby Thabazimbi waartydens ʼn 59-jarige vrou doodgeskiet is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Magrieta Petronella Res en haar man, Bruno, het Vrydag ʼn vriendin op hul plaas, Matlopi, ontvang, en dat hulle kort hierna deur twee verdagtes oorval is. “Volgens voorlopige inligting het die verdagtes op die kluissleutels aangedring voordat hulle die egpaar en hul vriendin in ʼn instapkluis toegesluit het.”

Volgens Otto is Magrieta in die proses in die kop geskiet en haar man in die arm. Die verdagtes het glo hierna van die toneel gevlug. Die egpaar en hul vriendin was tot Saterdag omstreeks 12:00 in die kluis toegesluit voordat besoekers op die plaas opgedaag en hul hulpkrete gehoor het. Die polisie is na die toneel ontbied.

Otto het gesê polisiebeamptes het die kluis se deur oopgebreek. Magrieta het intussen reeds aan haar beserings beswyk. Volgens Otto is Bruno na ʼn hospitaal in Thabazimbi geneem vir behandeling. Die egpaar se vriendin is nie beseer nie. Otto het gesê vyf vuurwapens is tydens die aanval gesteel. Otto het ook bevestig dat ʼn verdagte in hegtenis geneem is en ondervra word. Volgens Otto is daar nie selfoonopvangs op die plaas nie.

Die Spoorsnyers, ʼn private veiligheidsmaatskappy, het intussen gesê Bruno is geskiet terwyl hy in ʼn stoel gesit en televisie kyk het. Volgens die Spoorsnyers is daar vier verdagtes waarvan een op ʼn buurplaas in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

christine ·

Ja nou kom hulle vanaf Zim om hier te moor want daar op eie werf is hulle klaar ,nou ons swerkaters.

CJAN ·

Ek verstaan van die RSA mense dat dit ZIM en Ander state in Afrika Swerkaters is wat die mense so moor. Wie se skuld is dit dat die Swerkaters hieris? Seker maar net ANC.

steve ·

En ALWEER le die vuurwapens in die kluis toegesluit word wakker mense is julle blind wat om julle aangaan jy bly op n plaas dra jou damm vuurwapen dit kan jou nie help as dit in n kluis le nie

Gerhardt ·

Steve, alhoewel mens die aanvalle bestraf met die helse vuur, glo ek ook dat mens moet verander wat in jou beheer is. Dus, Boer, jy GAAN aangeval word, weet dit nou asb. So, wat gaan JY doen, Om hemels naam, doen iets, of hou op boer. Die wiel draai altyd en mag God die barbare straf maar intussen, jy Boer, doen iets. Hoe kon jy so oorgerus sit en TV kyk. Waar is jou waperns , waar is jou noodplan, waar is jou honde, laser alarms en wagte, of dink julle, julle is immuun? Ek bid vir julle is hartseer maar mag almal se oë nou asb oopgaan!!!

Gerhardt ·

Ek wil net byvoeg dat elke liewe plaasaanval my hewig ontstel en voel of iemand naby vermoor is. Ek weet die wiel sal draai eendag.

Therese van Schalkwyk ·

Gerhardt, ek kan hoor hoe sterk jy oor die saak voel en wil net sê dat ek ook woedend-hartseer oor elke moord voel. Wat my amper nog méér ontstel, is die feit dat daar glad nie groot genoeg ‘ontsteltenis’ by die breë Suid-Afrikaanse publiek hieroor is nie. Goeie genugtig man, wáár is almal? Waarom kan ander lande se mense in massas optrek en hul ontevredenheid oor sake op sigbare wyse onder hul regerings, maar veral ook die wêreld, se aandag bring, maar Suid-Afrikaners word uitgemoor terwyl hul handjies-gevou sit? En wanneer ‘n paar dapper siele wél pogings aanwend met optogte word hul bespotlik gemaak. Ek weet regtig nie meer nie…..

Anoniem ·

Ek stem saam Gerhardt. Van die boere is in n gemak sone en sal moet wakker word. Verkoop jou wapens liewer as jy nie paraat wil of kan wees nie.

fanie ·

Mense dra jul vuurwapens aan jul.Help nie dit le in n kluis nie

Wilhelm ·

Die slapende regering moet wakker word, bring die doodstraf terug, hoe gouer hoe beter!!!!
Menseregte bestaan nie vir skurke nie.

Johannes Meintjes ·

Wanneer gaan daar vrugte kom op soveel jare se berade en vergaderings oor verbeterde burgerlike beskerming in SA se stede en platteland. Die vyande van geregtigheid ken die sit-sit-so en baie-praat “boere”. Ons is al vir geruime tyd die oorsaak van ons eie ondergang en verliese.

Gideon ·

Ag nee man, nou word die boer half byna beskuldig omrede hy TV gekyk het en nie die misdadigers met wapens wat aan hom gehang het geskiet het nie!! Hierdie moordenaars is uitgeslape, hulle is daar om te moor en sal hulle kanse afwag. Dir is ook onmoontlik om dag en nag gewapen te beweeg!! Die land word swak regeer en mens hoor nooit dat daar iets deur die regering gesê word wat wys hulle is moeg vir misdaad teen boere nie!! Ek dink boere kan geklas word as nasionale bate vir SA- sonder boere gaan almal honger lei!!

Gerhardt ·

Gideon ek hoor jou en Theresa. Die frustrasie sal seker iewers eendag oorloop dan sit ons met ‘n Sirië. Ten minste berig Maroela oor die groot onreg.

Lollie Blossom ·

Ek haat hulle met ‘n passie. Dis my vriendin en nou is die hartseer vir ewig by my. Nooit, ooit sal ek terug gaan daarheen nie. Die grond is rooi van verspilde bloed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.