Thabo Bester in hof; ‘vrees vir sy lewe’

Die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester tydens Vrydag se hofverskyning. (Foto: AFP)

Die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester het Vrydag in hand- en voetboeie in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn – waar sy regsverteenwoordiger aangevoer het dat hy vir sy lewe vrees.

Die 37-jarige Bester het ʼn dag gelede uit Tanzanië, waar hy aangekeer is, na Suid-Afrika teruggekeer. Hy was vandag geklee in ʼn geel sweetpak en het tydens die hofverrigtinge meestal ongestoord na die talle kameras in die stampvol hof gekyk.

ʼn Swaar polisieteenwoordigheid is deurlopend gehandhaaf.

Bester, wat die Facebook-verkragter gedoop is, is in 2012 lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy slagoffers op dié sosialemediaplatform gelok en hul dan verkrag en beroof het. Hy het minstens een van sy slagoffers vermoor.

Hy het sowat ʼn jaar gelede tydens ʼn gewaagde ontsnapping uit die tronk verdwyn. ʼn Verbrande liggaam is in Mei 2022 in Bester se tronksel aangetref, wat die owerhede aanvanklik laat glo het dat hy homself aan die brand gesteek het. DNS-monsters het egter later gewys die oorskot in die sel is nie dié van Bester nie.

Thabo Bester se versoek om die hof toe te spreek, is van die hand gewys. Sy regsverteenwoordiger voer aan Bester vrees vir sy lewe in die tronk. (Foto: AFP)

Bester is Vrydag deur die Tanzaniese polisie aangekeer, nadat hy en sy minnares, dr. Nandipha Magudumana, landuit gevlug het. Nog ʼn persoon, ʼn Mosambiekse burger, is saam met hulle aangekeer.

Magudumana het Donderdag reeds in die hof verskyn waar sy tereg staan op verskeie aanklagte, waaronder moord. Sy en nog vier beskuldigdes, onder wie haar pa, moet weer op 17 April in die hof verskyn in verband met hul beweerde rol in die ontsnappingsage.

Dr. Nandipha Magudumana tydens haar hofverskyning. (Foto: AFP)

Die landdros het tydens Vrydag se verrigtinge Bester se versoek om die hof toe te spreek van die hand gewys. Sy regsverteenwoordiger het aangevoer dat Bester die afgelope 24 uur nog niks geëet het nie en dat hy net kos van sy regspan sal aanvaar omdat hy vir sy veiligheid vrees.

Sy regsverteenwoordiger het ook gevra dat Bester so gou moontlik weer in die hof verskyn, ʼn versoek wat die hof ook van die hand gewys het nadat die staat aangevoer het hy het minstens ʼn maand nodig om ondersoek na die gebeure in te stel.

Daar moet verseker word dat behoorlike veiligheidsmaatreëls geld wanneer Bester weer in die hof verskyn.

Die saak is gevolglik tot 16 Mei uitgestel.

Dr. Aaron Motsoaldi, minister van binnelandse sake. (Foto: Siya Duda/GCIS)

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het vroeër vandag gesê die departement kon geen sleutelrekords van Bester vind nie en dat hy “eenvoudig nie in ons stelsel bestaan nie”.

Bester het nie ʼn ID nie, en ook nie ʼn geboortesertifikaat óf paspoort wat deur die departement uitgereik is nie.

Bester het wel verskeie paspoorte in sy besit gehad toe hy in Tanzanië in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

TruthDealer ·

Ja wel Thabo, jy het hierdie bed vir jouself gemaak, nou moet jy maar daarin slaap.

Tewis ·

HY VREES VIR SY LEWE????
Ek al die persone wat hy VERKRAG en BELIEG het?? PS: 10 is al gevang hoeveel nog??
Dan moet hy begin bekomerd wees want jy ń man betaal vir bedrog moet jy maar die pyp ook vat.

Hendrik ·

Vrees vir sy lewe tog n deurtrapte gevoellose misdadiger wat reeds iemand anders se lewe geneem het. Vermoor het. Baie moeilik om te begryp dat n mens oor so n diep donker psige beskik.

marius ·

Wat van sy slagoffers ? Wat se vrees het hulle nie deurgegaan nie en hoe het hy nie hul lewens verwoes nie !

Delia ·

Het jy gevrees vir ander se lewens toe jy n lyk bestel het om te verbrand. Trek jou grootmeisie pantie aan en vat verantwoordelikheid

Delia ·

O ja en het jy nie gedink elke vrou vrees verkragting nie? Eet maar jou kossies. Of ly honger, mens gaan nie so gou dood nie..net as jy vermoor word

Schalk ·

Die brawe moordenaar vrees vir sy lewe? Nie veel van n krimineel of man nie. “Live by the sword, die by the sword”. Groei n paar ou grote.

Hoopvol ·

Sies tog, nou is hý bang! Wat van die arme mense wat deur sy toedoen vermoor is? Nou is hy bang dat hy dalk kry wat hy uitgedeel het…

Anel ·

En wat van die mense wet verkeag en vermoor is? Kry vir jou! Hoop sy sien nooit weer die buitekant van ‘n tronk nie. Maar aangesien daar geen rekord van sy bestaan is nie, moet hy miskien verdwyn. Wonder net hou hy by ‘n skool ingeskryf is en hoe is sy kriminelerokerd by gehou? Daar is baie vrae!!!!

Marius ·

Sê gou vir my hoe kan Binnelandse sake geen rekords van die knaap het nie. Hoe het hulle dan gemaak in 2012 toe hy gevonnis en tronk toe is??

Debbie ·

Ek dink hy sal bang wees. Ek dink baie bewaarders is woedend oor die ontsnapping. Ek dink hy gaan begin praat om te kyk of hy ‘n ligter straf kan kry. Dalk gaan daar nog baie meer korrupte bedrywighede uitgelap word. Hierdie is ‘n yslike verleentheid vir korrektiewe dienste en ons polisie. In enige ander land sou kriminele klagte teen die al die bewaarders en mense wat betokke is gelê word en waarskynlik sou die hoof van die gevangenis sy werk verloor het. En mense wat dit probeer toesmeer het.

Tewis ·

Na al die gevlug en weg kryp het ek regtig gehoop dat hy wou probeer weg hardloop maar daar voor was hy ook ń lafhart !!!
Tog so jammer.

efjy ·

Hoe het hulle ‘n dood sertifikaat uitgereik as hy nie eens geregistreer was nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.