Thabo Bester-saak: NVG gaan nie nou voort met moordklag nie

Die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester tydens sy hofverskyning (14 April 2023) (Foto: AFP)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Donderdag bevestig dat hy nie voortgaan met ʼn aanklag van moord teen die beskuldigde in die Thabo Bester-saak nie. Dit volg ná verdere bewyse voorgelê is deur die ondersoekspan.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die NVG in die Vrystaat, sê in hierdie vroeë stadium kan staatsaanklaers slegs klagtes bring wat gebaseer is op bewyse deur die ondersoekspan.

“Die huidige ondersoek het onthul dat daar ʼn nadoodse ondersoek gedoen is op die liggaam van ʼn onbekende persoon wat in sel 35 by die Mangaung-gevangenis in Bloemfontein aangetref is. Die oorsaak van afsterwe is as ʼn onnatuurlike dood aangeteken.”

Die oorsaak van die onnatuurlike dood word nog ondersoek.

“In hierdie stadium is daar nie voldoende bewyse vir die NVG om voort te gaan met ʼn aanklag van moord nie. Die NVG het dus die besluit geneem om nie met ʼn aanklag van moord voort te gaan teen die beskuldigde nie, hangende verdere ondersoek. Die NVG doen nie ondersoeke nie en moet dus met die SAPD in gesprek tree om seker te maak dat alle vereiste bewyse by die dossier ingesluit is.”

Shuping sê die NVG sal voortgaan om nou met die SAPD saam te werk om seker te maak dat die insameling van bykomende bewyse geprioritiseer word sodat ʼn wyer reeks van aanklagte ingesluit kan word.

Maroela Media het vroeër berig die liggaam is deur DNS uitgeken as Katlego Bereng Mpholo. Katlego is as vermis aangemeld by die polisie voor Bester sowat ʼn jaar gelede tydens ʼn gewaagde ontsnapping uit die Mangaung-maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein verdwyn het. ʼn Verbrande liggaam is in Mei verlede jaar in sel 35 aangetref, wat die owerhede aanvanklik laat glo het dat hy homself aan die brand gesteek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Frikkels ·

Die hele saga kry ñ politieke klankie, met die anc natuurlik weer in die hoofrol soos hewoonlik!

TruthDealer ·

Wel IEMAND het die jong man vermoor wie se verbrande liggaam in Thabo se sel gevind is..hierdie saak gaan nog jare saam met ons wees. Is Thabo dan n James Bond-styl “super villain”? Wat de joos gaan aan met hierdie storie, hoe wyd en breed is sy invloed? Baie baie vreemd.

jmboonzaaier ·

… maar die bloed van André de Reuter (verskoon spelling) word gesoek!

Nico ·

Waarom doen die NVG nie hul eie ondersoeke nie, los die polisie uit dit is veregaande dat ‘n man met soveel moord en verkragting sake teen hom vry gespreek word, was dit andersom dan was saak deeglik ondersoek.

Amelia ·

Een van die mooi dae hoor ons hys onskuldig op alle aanklagtes hier steek meer agter as wat baie dink Sal ook seker hoor hy is nie thabo bester nie want h het mos nie id nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.