Thabo Mbeki ontken onttrekking uit ANC

Thabo Mbeki en Parks Tau, die burgemeester van Johannesburg, Maandag na afloop van hul vergadering. Foto: Thabo Mbeki-stigting

Thabo Mbeki en Parks Tau, die burgemeester van Johannesburg, Maandag na afloop van hul vergadering. Foto: Thabo Mbeki-stigting

Oudpres. Thabo Mbeki het berigte dat hy homself van die ANC gedistansieer het ontken en gesê hy is steeds ʼn getroue ANC-lid.

Dit kom ná verskeie mediaberigte dat Madoda Mbeki, die DA se burgemeesterskandidaat vir die Mnquma-munisipaliteit in die Oos-Kaap, Vrydag gesê het die hele Mbeki-familie het hom van die ANC gedistansieer. Madoda en Thabo Mbeki is neefs.

Nadat Parks Tau, burgemeester van Johannesburg, en Thabo Mbeki Maandag by die kantoor van die Thabo Mbeki-stigting vergader het, het gerugte die ronde gedoen dat Mbeki huiwerig is om vir die ANC werwing te doen in aanloop tot die verkiesing.

Mukoni Ratshitanga, Mbeki se woordvoerder, het dit egter ontken. In ʼn verklaring wat Ratshitanga Saterdag uitgereik het, sê hy dat die ANC se provinsiale sekretaris, Hope Papo, kan bevestig dat Mbeki steeds ʼn getroue ANC-lid is.

“Enige inligting behalwe dit wat deur die ANC of die Thabo Mbeki-stigting in hierdie verband versprei word, het geen feitelike grondslag nie en word waarskynlik net versprei om die uitslag van die komende munisipale verkiesing te beïnvloed,” het Ratshitanga gesê.

Mbeki is in 2008 deur die ANC herroep nege maande voordat sy termyn as president tot ʼn einde sou kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Joann ·

Waar n rokie trek moet n vuurtjie brand,of is dit nie sigaret rook?

Jan maak n plan ·

Vir wat sal.Mbeki nou die ANC wil los. Hy kry nog genoem geld en voordele uit hulle uit.

Cherokee ·

Waarom word hy nie self gevra nie. Dit behoort nie nodig te wees vir woordvoerders om namens hom te praat nie.

Kleintjie ·

Kan dit wees dat hy nog steeds suur is oor die laaste sin van die berig? Dalk die wetter in vir die ANC…….

Kleintjie ·

Waar is my kommentaar? Is dit dalk oor die “kragwoord?”

Chris ·

Ek is baie seker dit is geplaas kyk net mooi dan vind jy dit dalk.

Kleintjie ·

Nou sê ek dit maar weer.
Is hy dalk nog suur oor die laaste paragraaf van die berig? Dalk nog die herrie in vir dieANC…….

Cherokee ·

Geduld Kleintjie. Jou eerste kommentaar het duideliker beskryf wat jy bedoel.

Lance ·

Waar daar n rokie is …is daar n …..ja n vuurtjie …. .kom net daar weg wie nog met die spul mense geasosieer wil wees ….noudat almal weet hoe vrot die anc is…watse integriteit het mens nog enigsins as mens daar wil bly ….kry bq rugraat en staan op vir wat seg is anc.

Koos ·

Ek stem saam waar ‘n rokie is is daar ‘n vuurtjie seker maar gedreig om die ANC te verlaat as Zupta nie met hom deel nie.

sarie van heerden ·

wat maak dit saak vir wie ANC lede stem?
Probeer eers ontslae raak van die wat hierdie land in hierdie ellendige gemors laat beland het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.