Thabo Mbeki se ma oorlede

Epainette Mbeki Foto: telegraph.co.uk (EPA)

Epainette Mbeki Foto: telegraph.co.uk (EPA)

Oudpresident Thabo Mbeki se ma, Epainette, het in die ouderdom van 98 gesterf, het die SAUK Saterdag berig.

Die Mbeki-gesin het bevestig sy is by ‘n private hospitaal in Oos-Londen in die Oos-Kaap oorlede. Sy is twee weke gelede met asemhalingsprobleme in die hospitaal opgeneem. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.