Thandi Maqubela bly agter tralies

Thandi Maqubela Vrydag in die hof (11 Desember 2015). Foto: ANA

Thandi Maqubela Vrydag in die hof (11 Desember 2015). Foto: ANA

Die veroordeelde moordenaar Thandi Maqubela is Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof borgtog geweier.

Regter Andre le Grange het in sy uitspraak gesê Maqubela het nie genoegsaam bewys dat dit in die belang van geregtigheid sal wees om haar op borgtog vry te laat nie. Le Grange het ook gesê hy is oortuig die hof wat haar verhoor het en haar aan moord, bedrog en vervalsing skuldig bevind het, het al die feite in ag geneem voordat uitspraak gelewer is.

Maqubela, wat in 2013 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis is vir die moord op haar man, waarnemende regter Patrick Maqubela, is in Augustus deur die Wes-Kaapse hooggeregshof verlof toegestaan om teen haar skuldigbevinding te appelleer. Sy het vandeesweek in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen hangende die appèl.

Kort nadat die appèl Vrydag geweier is, het Maqubela se regspan die hof ingelig dat hulle ook teen hierdie uitspraak sal appelleer.

Patrick Maqubela se ontbinde lyk is in sy luukse Bantry Bay-woonstel gevind twee dae nadat hy in Junie 2009 vermoor is. Die nadoodse ondersoek het getoon dat die regter met ʼn stuk plastiek versmoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.