Thandi Maqubela nader nóg ʼn hof vir appèl

Thandi Maqubela in die hof. Foto: African News Agency

Thandi Maqubela in die hof. Foto: African News Agency

Die veroordeelde moordenaar Thandi Maqubela het nou ook die appèlhof genader vir verlof om appèl teen die vonnis van drie jaar tronkstraf wat haar opgelê is vir bedrog en vervalsing.

Maqubela, wat in 2013 tot 18 jaar tronkstraf gevonnis is vir die moord op haar man, waarnemende regter Patrick Maqubela, is in Augustus deur die Wes-Kaapse hooggeregshof verlof toegestaan om teen die skuldigbevinding te appelleer. Die hooggeregshof het egter vroeër haar versoek om teen haar skuldigbevinding aan bedrog-te appelleer, van die hand gewys. Die aanklagte hou verband met veranderinge wat sy aan haar man se testament aangebring het.

Maqubela het Dinsdag in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen hangende die appèl teen haar skuldigbevinding aan moord. Gedurende die borgaansoek het Thomas Tyler, Maqubela se regsverteenwoordiger, gesê dat Maqubela ʼn versoek aan die appèlhof gerig het om teen haar vonnis vir bedrog en vervalsing te appelleer. “Ons verwag dat haar versoek om teen albei vonnisse te appelleer, toegestaan sal word,” het Tyler gesê.

Patrick Maqubela se ontbinde lyk is in sy luukse Bantry Bay-woonstel gevind twee dae nadat hy in Junie 2009 vermoor is. Die nadoodse ondersoek het getoon dat die regter met ʼn stuk plastiek versmoor is.

Lees alle vorige berigte oor die Thandi Maqubela-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vixie ·

Sjoe, met ‘n stuk plastiek vermoor? Dit het baie krag geverg. Sy moes omtrent vasberade gewees het om van hom ontslae te raak.

pop ·

Hulle moet n wet inbring dat elkeen wat appel aanteken teen vonnisse< hulle hele tyd moet in tronk deurbring. Want wat se dit nou van berou. In hierdie geval sien ek niks.

jakes ·

Elke berig en foto verskyn die dame in beskuldigdebank met ‘n sonbril? Protokol was altyd geen hoed of sluier? Oud landroste advokate prokureurs dalk mening gee?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.