Thandi Maqubela sal teen moordvonnis appelleer

Thandi Maqubela Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Thandi Maqubela Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het veroordeelde moordenaar Thandi Maqubela Vrydag verlof tot appèl teen haar skuldigbevinding aan moord toegestaan.

Die hof het aanvaar dat ʼn ander hof moontlik tot ʼn ander gevolgtrekking sou kom wat die aanklag van moord betref, maar het haar versoek geweier om teen haar skuldigbevindings van bedrog en vervalsing te appelleer.

Maqubela is in 2013 skuldig bevind weens die moord op haar man, waarnemende regter Patrick Maqubela, en tot ʼn effektiewe 18 jaar tronkstraf gevonnis. Patrick se ontbindende liggaam is in Junie 2009 in sy luukse Bantry Bay-woonstel gekry, twee dae nadat hy vermoor is. Ná die ontdekking van sy liggaam het dit aan die lig gekom dat hy met kleefplastiek versmoor is.

Maqubela is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis weens die moord op haar man. Sy is ook tot drie jaar tronkstraf vir bedrog en nog drie jaar vir vervalsing gevonnis nadat sy haar man se testament verander het. Die vonnisse word samelopend uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dave ·

Wat noop ‘n hof om ‘n vonnis van 15 jaar uit te spreek as straf vir moord?
Was daar versagtende omstandighede of redes in dier voege?
In ‘n ander berig is vertel wat ‘n man en vrou wat 29 jaar en lewenslank onderskeidelik, gevonnis is vir moord by ‘n montecasino. Is daar veel verskil tussen daardie twee strawwe (want ‘lewenslank’ is bloot ‘n term)? Hang vonnise ook af van die gemoedstoestand van die regter of watter standaarde word toegepas? Dit is die soort van vrae wat opduik wanneer soortgelyke berigte gelees word.

tina ·

Nee nou verstaan ek nie so mooi hoe hul tot hierdie gevolgtrekking kom – “Die hof het aanvaar dat ʼn ander hof moontlik
tot ʼn ander gevolgtrekking sou kom wat die
aanklag van MOORD betref, MAAR het haar
versoek geweier om teen haar
skuldigbevindings van BEDROG en VERVALSING te appelleer.” – ….weier skuldigbevinding van bedrog en vervalsing MAAR VERLOF tot appel vir MOORD????? …ek kan maar net my kop skud! So asof moord nie die eindelike misdaad was – dink daaraan – wat ‘n lewe kort geknip het. Nee regtig!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.