Thandi Maqubela toon ‘waansinnige neigings’

Thandi Maqubela. Foto: SAPA

Thandi Maqubela. Foto: SAPA

Die veroordeelde moordenaar Thandi Maqubela het waansinnige neigings en ʼn tekort aan empatie tydens haar moordverhoor vertoon, het die Wes-Kaapse hooggeregshof Dinsdag tydens haar vonnisoplegging gesê.

Regter John Murphy het gesê Maqubela teenstrydige gedragseienskappe- en neigings.

“Die bewyse toon bo alle redelike twyfel dat haar neigings tot misleiding, bedrieglike optrede en waansinnigheid om te stories op te maak, onrealisties op self-behoud en -bevordering gemik is,” het Murphy gesê.

Maqubela is to effektief 18 jaar tronkstraf gevonnis. Sy is 15 jaar opgelê vir die moord op haar man, waarnemende regter Patrick Maqubela, drie jaar vir vervalsing en drie jaar vir bedrog. Die vonnisse vir vervalsing en bedrog is gelyklopend.

Murphy het gesê haar konstante vernedering as gevolg van sy ontrouheid was die rede waarom sy haar man se reputasie wou skade doen deur sy ontrouheid te ontbloot in die media sowel as aan Jeff Radebe, minister van justisie. Hy het ook gesê sy besluit om ʼn egskeiding aan te vra was vir haar die finale vernedering.

Regter Maqubela het in die Wes-Kaapse hooggeregshof as waarnemende regter gewerk en is in 2009 in sy Seepunt-woonstel vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Charl ·

So. Sy jok. Dit het niks met “waansinnigheid uit te waai nie. Wat op dees aarde is “waansinnige neigings”?

Pierre Celliers ·

Hulle almal, (die woestaards), lieg om uit verknorsings te kom. Dis deel van die kaltja!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.