Thandi Modise dán vervolg

Thandi Modise. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thandi Modise, voormalige voorsitter van die nasionale raad van provinsies en tans speaker vir die nasionale raad, het Woensdag op aanklagte van dieremishandeling in die Potchefstroom-streekhof in Noordwes verskyn. Die saak is tot volgende jaar uitgestel.

Die saak sal nou vanaf 24 tot 27 Maart 2020 aangehoor word, waartydens Modise na verwagting op die aanklagte teen haar gaan pleit.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het destyds besluit om Modise nie te vervolg nie, waarna die burgerregte-organisasie AfriForum besluit het om haar privaat te vervolg.

Luidens ’n verklaring deur AfriForum sal die finale verhoordatum teen die einde van volgende week vasgestel word, sodra Modise haar parlementêre program ontvang het.

“AfriForum se privaatvervolgingseenheid verwelkom die feit dat ’n datum vir die verhoor nou vasgestel is sodat Modise uiteindelik vir hierdie wrede dieremishandeling verhoor kan word,” sê Elias Maangwale, ondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, in die verklaring.

“Nie eens die speaker van die parlement moet vervolging kan vryspring bloot omdat sy ’n hooggeplaaste politieke figuur is nie. Ons betrokkenheid spruit uit die respek wat ons vir die werk van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het,” sê Maangwale.

Maroela Media het vroeër berig die NDBV het in Julie 2014 ’n klagte ontvang van een van die wreedste gevalle van dieremishandeling wat die welsynsorganisasie nóg teëgekom het.

Grace de Lange, bestuurder van die NDBV se plaasdierebeskermingseenheid, het gesê Modise se plaas was besaai met karkasse van meer as 50 varke en ander dooie diere soos ganse, eende, skape en bokke.

Die oorlewende diere, waaronder varke, skape, hoenders en bokke, is sonder kos en water gelaat en was in ’n haglike toestand. Die NDBV moes 162 diere weens die haglike omstandighede van kant maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Monster ·

Baie baie dankie Afriforum. Ek wens ek kon hier se wat ek van haar dink, maar mm sal dit nie toelaat nie. Ek glo wel aan ‘n oog vir ‘ oog. So kry solank haar hok gereed met niks.

Gertjie ·

Stel uit, stel uit, en stel dan uit……….
Veral as die aangeklaagdes polities gekonnekteer is.

Hendrik S ·

Modise het na die tyd beweer dat dit uitgestel is om háár te benadeel en toe sommer ook die raskaart getrek. Intussen kry sy klaar voorkeur behandeling omdat die hofdatum sal afhang van haar werkskedule.

Diere is dood gematertel, ‘n misdaad is gepleeg, daaroor is geen twyfel nie. Die hof se taak is om te bepaal wie is skuldig en die aangeklaagde wil nog pateties wees!

In sy kommentaar, dat niemand spesiaal moet behandel word nie, het Elias Maangwale dit pertinent gestel dat dit ‘n kriminele vervolging is.

Dankie Elias, dankie Afriforum.

???? leser ·

intussen is sy “oorlede”, dis ‘n lang tyd tot maar 2020, enigiets snaaks kan gebeur, en wat dan ??

Ella ·

Sy is verhewe bo die wet.
Ek hoop dit gaan slaag maar dit sloer al te lank.
Sterkte met die poging

Right said Fred ·

AS dit sover kom sluit dan toe en gooi die sleutel weg.

Leon ·

Wil net weet op grond waarvan het die NVG besluit om haar nie te vervolg nie. Gaan dit oor kader broers

Schalla ·

As dieselfde logika aan die dag gelê word as met die Etzebeth-saak dan moet sy onmiddelik verhoor word want sy is skuldig totdat sy haar onskuld kan bewys

Grobler Steyn ·

Moet sien die hof gaan nog n vergoedings bevel teen SPCA uitreik vir daai 162 diere wat hulle op rassistiese gronde uitgesit het

Hendrik S. ·

Ek stem saam met jou Johanna Botha, so waar in verskeie opsigte.

Die 144 slagoffers van Life Esidimeni was verswakte, siek mense, wie sorg nodig gehad het en hulle is dood aan honger, koue en dehidrasie.
Hartverskeurend.

Kobus ·

Uitstel en nogmasls uitstel. Vertragingstaktiek soosxgewoonlik.

Pills von Willa ·

Mag alle aangeklaagdes se hof verskynings bepaal word volgens hul werk skedules? Die kanse dat sy ooit skuldig bevind sal word en gestraf word? Absoluut geen kans nie

SjN ·

Indien die plaas onproduktief is kan dit mos onteien word sonder vergoeding en aan mede opkomende boere beskikbaar gestel word wat die job kan en wil doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.