Thandi Modise nuwe speaker van Nasionale Vergadering

Thandi Modise. (Foto: Phando/Jikelo/ANA)

Ná ʼn ellelange kies- en telproses van bykans twee uur is Thandi Modise van die ANC vanmiddag tot nuwe speaker van die Nasionale Vergadering verkies as opvolger vir die vorige speaker, Baleka Mbete.

Modise het 250 stemme gekry teen 83 vir die DA-kandidaat en voormalige adjunkspeaker van die Wes-Kaapse wetgewer, Richard Majola. Altesaam 17 LP’s het hul stembriewe bederf.

Uit die uitslae blyk dit dat sommige lede van opposisiepartye vir die DA-kandidaat gestem het, en ander vir die ANC-kandidaat. Ander het hul stembriewe bederf. Die EFF het buite stemming gebly.

Dit is die eerste van drie verkiesings wat vandag afgehandel moet word. Die ander twee is vir adjunkspeaker en president.

Dit is nie tans duidelik of die opposisie die proses verder gaan uitrek deur vir daardie verkiesings ook kandidate te stel nie. Die ANC gaan Lechesa Tsenoli voorstel as adjunkspeaker en Cyril Ramaphosa as president.

Donderdag word die lede van die Nasionale Raad van Provinsies ingesweer, asook ʼn nuwe voorsitter en ondervoorsitter vir die liggaam aangewys.

Die ANC gaan die oudburgemeester van Johannesburg, Amos Masondo, voorstel as voorsitter. Hulle sal ʼn nuwe ANC-kandidaat vir ondervoorsitter moet kry nadat die voormalige Noord-Kaapse premier, Sylvia Lucas, haar onttrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Andreas ·

As dit nou so ‘n wegholoorwinning was, waarom die lank getellery? Was daar dan fout met die telraam?

Riaan ·

Sy gaan nie die mas opkom, want sy kon nie eers na haar eie diere kyk nie!

Dries du Toit ·

Ja nee dit kan ook nie anders nie. Aaklige dieremoordenaar aan die hoof van die sirkus. Ek verstaan net nie die lofsang van die VF+ se leier vir Modise nie. Wens hy kan vir ons verduidelik. HOEKOM

Johan ·

Ja wraggies, net hy sal weet want dit maak geen sin nie… Hy sal seker iets uit die deal uitkry.

Verspieder ·

Die parlementariërs moet nou maar lig loop, want sy weet hoe om sekere diere te laat honger ly.

Waarheid ·

N Diere moordenaarHoop die DBV gaan haar nog steeds vervolg.

Waarheid ·

Indien jy nie na hulpelose diere kan omsien nie na wat kan jy omsien?

OHMYTHANDI ·

HKGM – Hier kom groot moeilikheid! :( Ou Sirril se kabinet lyk erger as die dubbelkop s’n

Griet ·

Dries,jy weet,ons is in só benarde situasie en minderheid in dié land…en ás jy dit maak tot in die parlement…kan jy VOORWAAR nié nog aanvallend of aggressief wees nie,dis net julias se voorreg dáái….
Glo dit was maar blote ‘strategie’ om VERSOENEND of uitreikend tot samewerking voor te kom.
Swartmense tel baie gou jou houding of gees,teenoor hulle op.
EK DINK EK HET BEGRIP viri vf+ se leier,alhoewel ek nie self vf+ stem nie.

Inus ·

Regstelling Jan-Jan Joubert:
Ek ken vir Richard Majola baie goed. Hy was die SPEAKER in die Wes-Kaap, nie die ADJUNKSPEAKER nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.