Thandi Modise-saak uitgestel

Thandi Modise. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thandi Modise, speaker in die parlement, se verhoor in die Potchefstroomse streekhof gaan op versoek van die verdediging na 28, 29 en 30 April 2021 uitgestel word.

Modise word privaat vervolg op klagtes van dieremishandeling. AfriForum se privaatvervolgingseenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, tree namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) in dié saak op.

Die verhoor sou aanvanklik volgende week tussen 13 en 15 April voortgegaan het.

Modise staan tereg op ses aanklagte van dieremishandeling en -verwaarlosing. Sy het skuld ontken en voer aan sy was nie bewus van die toestande op haar plaas, Modderfontein, buite Potchefstroom nie en dat sy ’n plaasbestuurder aangestel het om na die varke, skape en bokke om te sien.

Die aanklagte teen Modise spruit voort uit ’n ondersoek wat in 2014 op haar plaas gedoen is. Dr. Sameer Abbas, ’n veearts van Potchefstroom, is op 6 Julie daardie jaar deur ’n plaaslike DBV-tak versoek om na Modise se plaas te gaan om te kyk in watter toestand die diere is. Abbas het in Desember getuig toe hy uitvind dat die plaas aan ’n persoon met politieke bande behoort, was hy ongemaklik weens sy ervarings in sy tuisland, Irak. Hy het in 1998 as vlugteling uit Irak na Suid-Afrika gekom ná hy in sy land gemartel is.

Dustin Wetdewich, redakteur van Potchefstroom Herald, het ook in Desember getuig oor die stank van die diere wat in die lug gehang het. “Die karkasse het ’n aaklige reuk afgegee. Daar was ook ’n put buite die afgekampte gebied waarin dooie diere verbrand is.” Wetdewich het ook foto’s geneem van die haglike omstandighede op Modise se plaas.

Pieter van Aswegen, nog ’n getuie en ’n werknemer van Meadow Feeds, het in November 2013 Modise se plaas besoek toe voer bestel is. “Die situasie op die plaas was hartbrekend en hartseer. Ek was geskok oor die toestand van die varke. Van hulle was reeds dood en ander heeltemal uitgehonger,” het hy destyds in die hof gesê. Volgens sy beraming sou die voer wat afgelewer is net vir twee weke genoeg wees. Hy het die plaaswerker aangeraai om die voerbakke vol te hou sodat die varke vinnig kon aansterk. Daar is egter nie ’n verdere bestelling vir voer by Meadow Feeds geplaas nie.

Ao. Andrew Serame van die SAPD het ook vroeër getuig en foto’s is gewys van die grusame tonele wat hy op die plaas afgeneem het waar verskeie diere reeds dood was of so naby aan dood was dat hulle van kant gemaak moes word. Grace de Lange, senior inspekteur by die NDBV se plaasdiereenheid, het ook getuig oor die “afgryslike tonele” op die plaas. Volgens haar was dit van die ergste tonele nog wat sy in haar loopbaan tot dusver as inspekteur gesien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Strandloper ·

Lafaards kan maar eenvoudig nie verantwoordelikheid vir hul dade vat nie.

Ovelia ·

Dis n skande. Diere kan ni vir hulself sorg ni. Was daar ooit water vir die diere?

Francois ·

Van uitstel kom afstel. Die kaders weet presies hoe vertragings taktiek werk. Daar gaan niks van die kom

Willem ·

Dan wil die gemors nog plase van boere afneem maar hulle kan nie eens die wat hulle het versorg nie

Persheks Adri ·

Sy boer? Nee liewe genade die arme diere! Dis walglik. Sluit toe en gooi die sleutels weg. Sy eet haar trommel dik en haar diere vergaan van die honger!

Hennie ·

“Ignorance” is geen verskoning nie, jou arrogante swartgallige pateet! Hoop hulle smyt jou in die tronk en vergeet om jou te voer. Jy verdien dieselfde as jou diere!

John ·

…..en so gaan dit aan….elke uitstelling kos meer en meer en meer……wie betaal?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.