‘The Voice SA’ se eerste wenner aangewys

Richard Stirton, The Voice SA se eerste wenner wat op 22 Mei 2016 aangewys is (Foto: The Voice SA)

Richard Stirton, The Voice SA se eerste wenner wat op 22 Mei 2016 aangewys is (Foto: The Voice SA)

Die eerste wenner van die Suid-Afrikaanse weergawe van The Voice is Sondagaand aangewys.

Richard Stirton (22) van Kaapstad is as die finale wenner aangewys wat uiteindelik ʼn kontrak van Universal Music SA en pryse ter waarde van meer as R800 000 sal ontvang.

Richard van #TeamKhan was van die begin af een van die gunstelinge. Hy was ʼn entoesiastiese sportman by Rondebosch Boys High tot hy ʼn rugbesering tydens ʼn krieketwedstryd opgedoen het. Hy het daarna sy kitaar opgetel.

Richard is besig met sy BCom in bestuurswese by die Universiteit van Kaapstad en hy gryp “elke geleentheid aan” om sy talent voor ʼn gehoor ten toon te stel. Hy is al ʼn jaar lank besig met verskeie vertonings en het al by die Barnyard opgetree.

Richard is ook een van die singende kelners van Kaapstad se bekende Stardust-restaurant.

Die vier voorlopers was #TeamKaren se Almur Marais (25), ʼn voormalige passer-en-draaier van Stilfontein; #TeamBobby se Gavin Edwards (37) wie se enkelsnit nr 2 op iTunes was; #TeamLira se Jeremy Olivier (40) van Kaapstad en #TeamKahn se Richard.

Dit is Sondagaand ook bekend gemaak dat Universal Records belangstel in kontrakte met Team Lira se Zoë Modiga (22) en #TeamKaren’s se diva en “Queen”, Thembeka Mnguni (32) van Durban.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Clyvia ·

Baie swak dat vanaand se stemme nie getel kon word nie. Ek voel dat dit ‘n groot verskil sou gemaak het. Baie geluk aan Richard. Ek hoop dat ons in die toekoms van Gavin en Almur ook gaan hoor.

Wilmarie ·

Ek sou eerder wou he dat Gavin moes wen! Ek dink hy het dit meer verdien.

Barry ·

Baie geluk Almur, jy het baie goed gedoen en Sol Tech kan baie trots wees op jou!!

monica ·

Baie teleurgesteld in vanaand se stemme dit nie regverdig nie hoop the voice gee andwoorde op mense se kommentaar of dit reg stel

japie ·

Ek kan ook net my kop skud, die res van die top 4 verdien meer die plate kontrakte, maar twee mense van kleur word plate kontrakte aangebied al was hulle nie onder die top 4 nie.

Santjie ·

Ek stem saam die persone uit die top 4 kontrakte moes kry. Maar die velkleur is verkeerd. Die twee wat gekry het, is vologens my nie bemarkbaar nie.

Amanda Van Vuuren ·

23 Mei Vra eerder hoekom S.A nog nooit iets self wou probeer veral id musiek wereld nie?? en soos n tipiese copy cat alles begin aanpak wat suksesvol oorsee gedoen word? se nie veel v geloof in ons eie vermoeens nie??

Gesiggie ·

Baie geluk Richard… ek het van die begin af van jou stem gehou… Well Done… en alle sterkte met jou sang loopbaan…Monica ongelukkig stem die mense… daar was baie talent… maar op die einde verdien die beste een die prys”’kan nie wag vir volgende program….kon ongelukkig nie na die Finale een kyk, so as daar enige onregverdigheid was, sal ek graag daarvan wil hoor….

Bokram ·

enige een van die top vier kon maar wen,hulle almal sing baie mooi

nig ·

Bokram ek stem. Enigeen kon wen maar net een het en dis reg so.Ek weet nie hoekom party negatiewe mense nou weer moet sê o die een of daai een moes eerder wen nie. DI eof daai een “verdien” dit dan nou meer! Hoe moet die wenner nou voel as hy sulke narighede hoor. Gun hom sy wen!

Justa ·

Richard ek het van dag een af geweet jy sou wen. Baie geluk en moet jou nie aan die negatiewe kommentaar steur nie. Jy het verdien om te wen. Sterkte met jou sang loopbaan vorentoe.

Johann Marx ·

Die “nuwe” Suid Afrika darem. Die LUR vir onderwys en die aanbieders van The Voice het vir ons een ding geleer: Suid Afrikaners kan nie die web gebruik om stemme te tel of kinders te registreer nie….nou wonder ‘n mens hoe lyk dit by die IEC? Duisende mense maak beswaar omdat hulle nie kon “stem” gisteraand nie……en wat doen die “regte rassiste”? Hulle gaan aan’t skree omdat die 4 finaliste almal “blanke mans” was. Waar was die “transformasie”?? Die TV kanaal wat dit aanbied gaan nou seker ‘n boete kry, en nie weer toegelaat word om so ‘n kompetisie aan te bied…..voordat hulle nie getransformeer het, en almal wat betrokke is ‘n bietjie finansiële rewolusie ondervind het nie!! Hierdie land is werklikwaar die mooiste land in die wêreld……maar ai, die insittendes??

Janneman ·

Ek stem saam Johann!
Die kompetisie sal seker vogende keer op “idols” se vlak verval – kyk iemand nog “idols”? Ek het dit 5 jaar terug gekyk toe verteenwoordiging oorgevat het by uitstekenheid.
Die jammerte is dat die swape dit nooit sal agterkom nie en steeds glo alles is op verdienste en hulle self prys met hulle middelmatigheid – ala bob mugabe!

pop ·

As ek al ooit gesien en gehoor het van onregverdig dan het ek dit gisteraand beleef. Hier stem ons almal om die top vier te kry en dan kom se die mannetjie wat plate kontrakte uitdeel, nee ek gaan vir die 2 wat nie ingekom het kontrakte gee, Nou hoekom nie dan vir al 8 die finaliste nie. Net soos met alles in hierdie land is n eenvoudige kompitisie ook nie op peil nie. Maar hou maar dop. Volgende jaar gaan dit wees soos met Idols, geen wit gesiggie sal gesien word nie. So dit was ook laaste wat ek sou kyk en stem.

Pieter ·

Ek het géén twyfel dat die uitslag van The Voice beïnvloed en gemanipuleer is deur die aanbieders van die program nie. Wat gebeur het gisteraand maak my so naar dat ek nie eers weer na die volgende reeks sal kyk nie. Soos ons nou al daaraan gewoond geraak het is korrupsie aanvaarbaar want as die uitslag nie sekere elemente tevrede stel nie buig jy maar net die reëls en vind ‘n manier om uit te kom by wat jy wil hê. Ek persoonlik glo dit was tussen Jeremy Oliver en Gaven Edwards wat regdeur die gele reeks ligjare voor die ander deelnemers was. Wat ‘n hartseer dag vir die musiek bedryf

Nics ·

Pieter – dis JOU opinie. Die wenner het verdien om te wen en hy is ingestem deur kykers, so raak rustig. Dis nie ‘n oorlog nie, dis slegs ‘n sangkompetisie!

Pieter ·

Ja , ‘n sang kompetisie wat gemanipuleer is. Sonder gisteraand se stemme hoé kan jy van mening wees dat die wenner “verdien” het om te wen? Ag nee sies man! Dinge word mos nie só gedoen nie!

E.K. ·

Pieter – kom tog by. Wat se gesies is dit met jou? Dalk familie van een van die verloorders of hoekom so suur. Gun die ou se wen of jy nou saamstem of nie! Mens kan maklik in die sop beland oor valse aantygings, so ontspan!

Gesiggie ·

Ek is so speit ek kon nie die Finale kyk nie, maar is baie bly dat Richard die een is wat met die prys weggestap het… onregverdigheid… in enige kompetisie … nee well as ek na die komentaar luister, stem ek ook glad nie saam…hoe kan jy vir 2 van die wat nie eers onder die 4 Finaliste was … nou n plate kontrak gee….nee well daai een maak nie sin… begin van voor af…maar Richard het die Titel verdien

Melissa ·

Smaak verskil! Gelukkig! Ek stem saam dis wragtig nie regverdig dat die 2 ‘ vrouens’ ook plate kontrakte kry nie!! Hoekom net hulle? Wat van die top 4 of selfs die Top 2? Ek dink dis baie onregverdig teenoor Gavin! Hy was tog in die TOP 2, maar hy kry nie n kontrak nie!!

Pieter ·

E.K vir jou aandag: Nee ek is níe familie, vriende of kennisse van enige van die deelnemers nie. Ek was ‘n kyker van The Voice gewees omdat ek gedink het hier is nou iets waar geen manipulasie of korrupsie kan plaasvind nie juis omdat die publiek vir die algehele wenner stem. Wat vir ‘n verskoning dat die lyne “gecrash” het en nie die volumes kon hanteer nie en daarom Donderdag se stemsyfers te gebruik! Dit is níe aanvaarbaar nie want volgens die bronne was die algehrle wenner met-net met ‘n kortkop voor op I-tunes. Hoe mense kan sê dat dít ‘n aanduiding sou wees hoe die stemmery sou verloop het is duim suigery en dit gaan my verstand te bowe oor hoé dit toegelaat is. Ek het niks teen Richard nie maar daar sal altyd ‘n vraagteken wees oor hoé daar uiteindelik bepaal is wie die wenner moet wees

nig ·

Pieter…sug…bedaar tog net vaderland. Dis welbekend dat die selfoonmaatskappy glad nie sulke tipe volumes kan hanteer dit het voorheen in Idols of iets ook gebeur. dis nou nie te sê die uitslag is gemanipuleer nie! dis maar ‘n geval van swka beplanning/dienslewering deur selfoonmaatskappye wat nei kan hanteer wat hul belowe dis nie ‘n “verskoning” nie. Geluk aan die wenner, jy lyk na ‘n koel outjie en ek hoop al die top tien deelnemers gaan sukses op een of ander manier hê. Dit gebeur soms dat naaswenners of andere wat selfs nie eers onder die top tien was baie goed doen later.

rocky bell ·

4 wit mans in die finaal?? Mark my words! Daar gaan andermaal ‘n kabaal wees en sal die Voice ” oopgegooi” word en op ander kanale van MNet uitgesaai word om die demografie te verteenwoordig. Wat het met Idols gebeur?

Kyk ek na Idols? Lankal nie meer.

Natasha ·

Terwyl ek saam stem dat The Voice tien teen een dieselfde pad as Idols gaan stap en terwyl wat met die stemme gebeur het uiters swak is moet ek ook se dat mense baie vinnig negatief en lelik kan raak. Ek het gehoop Almur wen maar dit is n sang kompetisie. Mense stem. Richard kan baie mooi sing. Mense het gestem en Richard het gewen. Punt. Hy verdien dit. Hou op om mense af te breek of dinge onnodig vir hulle suur te maak. En ek weet dit is moeilik om positief te wees in hierdie land maar om altyd negatief en lelik te wees maak niks beter nie! Dink aan daai arme ou wie se droom nou net waar geword het – hoe dink julle voel hy om te sien sekere mense se hy verdien dit nie of dit was n klug?? Nee man.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.