‘The Voice’-wenner se broer, skoonsuster doodgeskiet

Arlene en Warren Lucas is Sondagaand in hul huis doodgeskiet. (Foto: Facebook / Arlene Lucas)

Craig Lucas, die wenner van The Voice, se broer en skoonsuster, Warren en Arlene Lucas (albei 37), is Sondagaand in hul huis in Proteahoogte in Brackenfell doodgeskiet.

ʼn 15-jarige seun is ná afloop van die skietvoorval in hegtenis geneem en sal volgens die polisie Maandag vir evaluering gestuur word.

“Die Brackenfell-polisie ondersoek ʼn dubbele moordsaak. Luidens verslae het die polisie met hul aankoms op die toneel twee slagoffers met skietwonde aan hul liggame gevind. Hulle is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

“ʼn 15-jarige verdagte is in hegtenis geneem en sal vandag [Maandag] geëvalueer word,” het sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, Maandag aan Maroela Media gesê.

Die polisie het nie bevestig of die seun aan die egpaar bekend of verwant is nie.

Warren Lucas se broer, Craig, was die wenner van The Voice. (Foto: Facebook)

Bridgette Brukman het in ʼn inskrywing op Facebook aangedui dat sy as familiewoordvoerder optree.

“Die familie het ʼn reusetragedie en verlies beleef. In dié stadium vra hulle dat hul privaatheid gerespekteer word terwyl hulle die dood van Warren en Arlene verwerk,” lui die inskrywing.

Maroela Media het ʼn navraag aan die familie se regsverteenwoordiger gestuur en wag tans op terugvoer.

Ene Diana Brink het op Facebook gesê dat die egpaar gemis sal word.

“Dit is net so hartseer. Nooit gedink ek sal hierdie woorde moet skryf nie … Rus in vrede, Warren en Arlene. Die mees bewonderenswaardige ding van julle twee was die liefde en respek wat julle vir mekaar gehad het en julle liefde vir jul kinders … en karre en fietse … Rus goed, Warren en Arlene, julle sal baie gemis word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wondermaarnet ·

Skuim. Om op sy ouderdom te moor maak my woedend. Bring terug die doodstraf en ja al is hy 15, weet hy wat reg en verkeerd is!

Toy ·

Dit is onstellend en hartseer. ‘n Kind van 15 wat so wreed optree dit is onaanvaarbaar wonder wat was sy rede.

Wat Wou ·

Dieselfde as all die ander redes vir moord, afguns en jaloesie.

Fourie123 ·

In ‘n ander berig sê dit dat die kind aanvanklik homswlf wpu skiet toe die groter man hom wou keer en daar toe ‘n struweling ontstaan het en ‘n skoor het afgegaan. Weet egter nie hoe die ma ook geskiet is nie. Volgens die berig het die seun ook aan depressie gelei en ook gerugte van skitsofrenie

Mariaan ·

Soos ek ander berigte en kommentaar lees is dit hul eie seun…hoe tragies…daar moes groot fout wees as n kind so iets doen…mens weet nooit regtig wat het in hul huis aangegaan nie…n kind doen nie net so iets vir geen rede nie…ai..tragies

Evelyn ·

Dit is so tragies. Ek het ‘n vriend op skool gehad wat sy stiefpa dood geskiet het omdat hy sy ma mishandel het. Dit is een kant van sulke misdade. My seun is ‘n kennis van die kind wat sy ouers so wreedaardig aangeval het vir dwelm geld in PTA oos. Moet ook nie vergeet van die vlaag familie hammer moorde wat so in die laat 80’s en 90’s hier in Suid Afrika plaasgevind het. So ja, ander mense se boeke is duister.

Debbie ·

Kinders het mos baie regte, hulle mag mos doen wat hulle wil want hulle weet hul kom weg met dit. Mag mos nie meer n kind straf nie. Dis nou wat kom daarvan. Onskuldife volwassenes moes nou betaal met hul lewens want n kind mag mos.

Christine ·

Wat bedoel die vrou met haar boodskap waarin sy sê ‘jul liefde vir jul kinders…. En karre en fietse. Genade, wie skryf so ‘n afskeid boodskap en hoekom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.