Theo Venter: Dít kan dalk op 8 Mei by stembusse gebeur

theo-venter-nwu-2019-04-03

Theo Venter is ʼn politieke en beleidspesialis en dosent aan die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU). Foto: Mariné Lourens/Maroela Media.

Die verkiesing is presies vyf weke weg en daar is talle politieke brandpunte waaruit mededingende partye munt slaan om stemme te werf. Kiesers moet egter pasop om té meegesleur te word deur die politieke lawaai – die grootste deel van die ysberg is onder die water.

Só sê Theo Venter, ʼn politieke en beleidspesialis en dosent aan die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU).

Venter was een van die sprekers tydens die tweede aanbieding van Laeveld Agrochem se Seil-Safari, ʼn landbouskou op water. Duisende boere, landboukundiges, verteenwoordigers van landboumaatskappye en ander rolspelers in die bedryf het vandeesweek by die Durbanse hawe op ʼn skip geklim om op die water te luister na kenners se insette oor die Suid-Afrikaanse landboubedryf en boere se pad vorentoe.

Venter het skougangers toegespreek oor die stand van die politiek en kwessies wat veral die landbousektor raak, soos onteiening sonder vergoeding. Venter meen kiesers moet versigtig wees om te dink dat die verkiesing vanselfsprekend ʼn ommeswaai in die land sal bring of dat dinge drasties anders gaan wees as Suid-Afrika op 9 Mei vanjaar wakker word. Daadwerklike verandering gebeur stadig, sê hy.

Venter het die politieke situasie in die land met ʼn ysberg vergelyk waarvan slegs ʼn baie klein gedeelte sigbaar is. “Ons is nou in politieke ‘kalkoentyd’ – ʼn term om die crazy tyd van die verkiesing te beskryf – en elke politieke party gaan nou elke ander politieke partye se foute uitwys en uitbuit en dit gebruik om hul eie veldtog te dryf. So, die politieke lawaai raak al hoe groter en daarom is dit al hoe onduideliker waar ons staan,” sê hy.

Hy sê die komende verkiesing is noemenswaardig omdat dit die vyfde verkiesing is sedert die eerste demokratiese verkiesing in 1994. Dit is dus 25 jaar, en een hele nuwe generasie, later.

“Daar is ʼn nuwe groep mense wat anders lyk en anders dink wat nou die politiek betree. Dis mense wat anders dink as die eerste ANC van 1994 wat die verkiesing gewen het,” sê hy. “Die leiers wat die nuwe Suid-Afrika ingelei het, het laas jaar die einde van hul lewensduur bereik. [Jacob] Zuma is uit, Winnie is dood – die ouens wat nou oorneem, is die ouens wat destyds binnelands gebly het en hulle het ʼn ander siening oor goed. Die ou tradisies het verander.”

Venter sê daar is baie aspekte wat daartoe bydra dat dit moeilik is om ʼn akkurate voorspelling te maak oor wat op 8 Mei by die stembusse gaan gebeur. Dit sluit in die baie wisselvalligheid in Suid-Afrika, die kompleksiteit van die land se politieke situasie, baie beleidsonsekerheid en dubbelsinnige politieke uitsprake en selfs blatante fopnuus wat versprei word.

Hy het onder meer gewys op die probleem van faksies binne die ANC wat ʼn verlammende effek op die regering het en veroorsaak dat daar weinig besluite geneem word. “Die faksies maak dat almal vir almal dophou en almal is te bang om ʼn besluit te neem. Almal wag vir die verkiesing.”

Hy meen as gevolg van dié faksies en pres. Cyril Ramaphosa se marginale oorwinning by Nasrec 2017, is die president nie in staat om ʼn kabinet aan te wys soos wat hy wil om korrupsie uit te sorteer nie. Venter verwag dat daar ná die verkiesing niks sal verander in Ramaphosa se ontwerp van sy nuwe kabinet nie.

Venter sê hoewel die radikale linkse en regse partye dikwels die meeste geraas maak, is dit nie waar die ware politiek lê nie. “Die werklike politiek kry jy in die middel, daar waar daar pragmatisme is, waar politieke partye met mekaar kan praat. Daar is eenvoudig nie genoeg gesprek van die ouens aan die buitekant [die radikale partye] om sinvolle koalisies te kan vorm, en so meer nie.”

Ondanks die onsekerheid het Venter wel gewaag om ʼn voorspelling te maak oor die verkiesing. Hy sê hy glo die DA sal in die Wes-Kaap aan bewind bly, terwyl ʼn DA-koalisie moontlik die Noord-Kaap kan oorneem. Gauteng is te moeilik om te voorspel, sê hy. “Die vraag gaan wees wie gaan koalisies aangaan om die provinsie te bestuur.”

Die res van die provinsies sal na verwagting onder ANC-beheer bly.

Venter verwag dat die ANC op nasionale vlak tussen 54% en 58% van die stemme gaan verower, terwyl die DA tussen 18% en 20% steun sal kry. Hy voorspel dat die EFF tussen 8% en 10% steun sal kry en die IVP tussen 3% en 5%.

Verder verwag hy dat die Grondwet wel gewysig sal word, maar dat daar meer simboliese as praktiese wysigings sal wees. Die druk sal steeds op stedelike grond wees en ekonomiese werklikhede sal soos altyd ʼn demper plaas op politieke verwagtinge. Venter meen ook dat belangegroepe se stemme meer hoorbaar gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Ek stem ·

Ja kom ons almal stem vir God. Skribbel tot sommer bo aan die stembrief want dis waar God hoort, heel bo! As genoeg van ons dit doen dan sal God die res doen. As hy water in wyn kan verander dan kan hy n paar miljoen stem van swart na wit verander. #boom

Glo vas ·

Toe Jesus voor Pilatus verskyn het, het Pilatus gesê: “Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie?” Hierop sê Jesus: “U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie.” (Johannes 19:10-11) Anoniem, jy is 100% reg. Dank God daarvoor. Tant Ralie (ek dink jy’s ‘n oom) jammer vir jou. As jy Jesus verwerp, is jy gedoem. God het nie die korrupsie begin en keur dit ook nie goed nie, maar hy laat dit toe as straf op die wettelose, sedelose samelewing van vandag in SA.

Tant Ralie ·

Glo vas, ek glo in God die Vader, die Seun en die Heilige Gees en gaan elke Sondag kerk toe ten spyte van die swak knieg. Sies vir jou! Maar ek glo God het die mens die verstand gegee om die aarde te regeer. Ek glo nie God sal ons straf met korrupsie omdat ons wetteloos en sedeloos lewe nie. Ons het te make met aardse skelms wat in die tronk moet gaan boet vir hul dade. Die owerheid is net te sleg om iets te doen. Jou siening van godsdiens is dierbaar my liewe kind. Gaan stem op 8 Mei en gebruik tog jou verstand om die regte keuse te maak. Dit is tog wat God van jou verwag.

VanAfrika ·

Genade Tant Ralie!! al wat Anoniem gesê het is dat God in beheer is. Hoe is dit om op te hou soos n kind dink? Wat ek aflei is dat Anoniem bedoel het dat die ANC se getalle besig is om te val en dat God ons gebede hoor. Anoniem het glad nie vir God blameer vir die korrupsie nie

Tant Ralie ·

Van Afrika, daar is baie Christene en goeie mense in die ANC. Hulle gaan mos nie met jou stelling saamstem nie. Of gaan jy sê hulle is verkeerd en God is teen hulle? Al wat ek as ‘n gelowige probeer sê is dat ons versigtig moet wees wanneer dit kom by geloofsake, dit is meer geklompiseerd as Bybelversies en aanhallings. Gaan stem asseblief op 8 Mei en gebruik jou verstand om die regte keuse te maak. God seën Afrika en mag die skelms boet.

TN ·

@ Glo Vas __ as jy wetteloos en sedeloos leef , moet jy aub nie ander ook daar soek nie !

Spikkels ·

God is inbeheer stem saam MAAR ons moet ons kruisie gaan trek. Kyk bietjie na die ACDP se manifes hul staan vir Christelike waardes ensovoorts asook kyk na VF+ COPE.
ONTHOU Sonder ons kruisie 8 Mei kan God nie in beheer wees nie. Daar moet daad wees vir Hom om in beheer te wees. Kan nie net glo bid en vertrou nie moet ook daad wees en die daad is gaan trek jou kruisie op 8 Mei.

Spook ·

Hopelik voel meeste van die mense hier dieslefde as wat ek doen, God help die gene wat hul self help.
God het ook vir jou genoeg verstand gegee om te kan besef dat, weg bly van die stem bussie en om God op jou papiertjie te skryf, nie die saak sal baat nie.
Gaan staan in die ry, laat God jou hand lei met jou kruisie en dan gee jy die saak oor aan Hom. Jy kan nie ledig sit en verwag Hy moet dinge in jou skoot plaas nie, DIT WERK NIE SO NIE!

marous ·

Waarom word daar op ‘n skip geklim om die dinge te bespreek ? Hoekom nie sommer op Loftus of by die Voortrekker Monument nie ?

Buite Stander ·

Die boere trek die trippie op die skip af vir belastingkortings.

Hendrik ·

Dit gaan duidelik nog steeds om die boere se ekonomiese bestaan en nie die groter ekonomiese kwessie waar die Afrikaner ekonomies geisoleer en verdruk word deur wetgewing. Die groot oorkoepelende organisasie waar daar na die hele afrikaner situasie gekyk word het nog nie gebeur nie en nog steeds word nie na die realiteite op die grond gekyk nie. Die Afrikaner in die dorpe en stede is die ekonomiese verlenging van die boere op die plase.

Haarmald ·

Ek dink ek gaan my stembrief bederf. Sommer op die hele ding net eenvoudig krap.

Andreas ·

Na ek myne, dis nou die stembrief, gekrap het gaan ek dit saam huistoe vat en seker maak daar word oordentlik die frustrasie op uitgehaal, daarna sal en die ketting trek.

saartie ·

En sou die VF+ net 2 stemme kort om te wen hoe gaan julle twee stembrief bederwers dan voel?

Heinrich ·

Kortsigtig Haarmald en Andreas. Kom die volgende rondte beurtkrag wat die land weer miljoene gaan kos en almal in die donker koue los, kon julle stem hierteen ‘n uitwerking gehad het. Julle voel miskien vir ‘n rukkie beter nadat jy jou frustrasies op die stomme stemnbrief uitgehaal het maar skiet jouself in die voet met meer frustrasie terwyl jy vir niemand anders die mandaat gee namens jou op te staan teen al hierdie gemors in die land nie. Nie-stemmers gaan ook ‘n hand hê om die land oor die afgrond te stuur, ten minste het FW goeie bedoelinge gehad; julle doen dit doelbewus!

piper ·

baie gepraat en min gese. bitter min verandering na die verkiesing. maar stem moet ons. ons sal met n seer hart sien hoe alles gaan verkrummel

willem Botha ·

Ek is geen politieke kenner nie maar ek dink die Eff gaan baie stemme by die anc vat en die VF+gaan net so baie stemme by die DA vat ,die regering na Mei 2019 sal n koalisieregering wees.Ek hoop egter die Eff wen die nw provinsie want na alles wat jm belowe het gaan die provinsie brand en die Eff se einde beteken.

Positief ·

Ek verwag geen verassings nie – soos gewoonlik! Die ANC gaan by verre wen, DA gaan 2de kom, maar niks om oor opgewonde te raak nie. En die EFF sal seker so paar stemme ekstra kry, maar meeste mense weet hulle is belaglik so sal nie vir hulle stem nie. En die wat weereens glo die VF+ gaan baie stemme kry sal weereens teleurgesteld wees, want bitter min Afrikaners stem werklik vir hulle.

Magda ·

Willem ek stem saam met jou die gouste wat die eff hulle einde sien is wanneer hulle iewers in beheer is, en GEEN beloftes wat so mildelk gemaak word, word nagekom.

Stoffel ·

Nou wie is die radikale regse partye waarna Venter verwys? Ek is nie ‘n VF+ ondersteuner nie, maar ek glo tog hulle is redelik oopkop en neem reeds deel aan koalisies. Vir my is die ANC ‘n onredelike en radikale linkse party wat alles behalwe gereed is vir koalisie politiek. Die faksies binne die ANC kan nie eers net mekaar praat nie en op plaaslike vlak vermoor hulle mekaar.

Sinies ·

T Venter spreek syns woord, wie’s brood hy eet.
.
Waar kom sy salaris vandaan? Hy is n klassieke klimaatskepper. Praat hy teen dit, ly hy honger.

Cherokee ·

Hy praat van my en ander VF+ kollegas. Front Nasionaal is te minimaal om ‘n faktor te wees. Wat my egter komkommer Stoffel, is dat soos die Suid Afrikaner verraai is in 1992 met die NP gaan weer hierdie jaar gebeur wanneer dieselfde ja-stemmers hierdie keer DA stem.

Sê-maar-net ·

Of die verkiesing word uitgestel omdat die kanse op ‘n vet oorwinning te skraal is!

Jerry ·

Theo se voorspelling is korrek mbt die politieke partye wie gaan presteer en die wie nie gaan presteer in die komende verkiesing. Die wie die grootste lawaai maak van links en regs raak desperaat en dit wys deur hulle lawaai, haatspraak en verdelende uitsprake waarmee hulle probeer om hulself te laat geld. Hulle besef eintlik dat hulle nie hond haar af gaan maak nie! Dan is daar natuurlik ook die wat daar wil wees net om die appelkar te probeer omgooi en die wie net daar wil wees vir die soustrein! Mense wat nog daaroor twyfel of hulle vir n witman of n swartman moet stem, moet maar vir die VF stem, want na die verkiesing sal daar is nie meer veel verkiesings oor wees waar daardie voorreg julle beskore sal wees om te kan besluit tussen wit of swart nie, in elk geval nie in SA nie! Die uurglas is nie besig om uit te loop nie, hy het klaar uitgeloop! Soos Theo eintlik dalk bedoel oor die punt van die ysberg wat ons tans kan hoor en sien te wete, die linkses en die regses! Wat Theo egter heeltemal uit die oog verloor tot aanloop voor die verkiesing en ook na afloop van die verkiesing, is die stemlose massas onwettige immigrante uit die voorheen oorloggesteisterde Afrika lande wie ge “rent a crowd” word deur niemand anders nie, as nie net, die lee blikke nie! Die betekenis van ware Afrika demokrasie is verswelging deur stemgeregtiges en nie stemgeregtiges!

Foxi ·

Maak nie saak wie die verkiesing gaan wen nie, n mags stryd lê voor. Stakings, korrupsies, moord, doodslag sal ensv sal nog by die einde van die dag floreer. Nasies kan nie saamwerk en saamstaan nie. Niemand wil na geregtigheid luister nie, want die verlede sal altyd n faktor wees. Ja, God is in beheer, maar onthou, dit is die mens se werke, doen en late wat hyself geskep het. Almal hoop op n toekoms, ons almal wil glo in vrede, hoop en liefde.
Negatief is baie nie, maar hoe staan jy teen n meerderheid wat net nie wil verstaan en saamwerk nie?

fred ·

daar sal seker nie baie verander nie….miskien moet ons hoop dat die EFF goed doen en in n koalisie regering kom, miskien word ons blankes dan gedwing om wakker te word en daadwerkelik te reageer?
Dit kan rêrig so nie langer aangaan nie…

Robert ·

Fred,
Al stem 3.5 miljoen blankes (waarvan ong 70% liberaal is) teenoor 26 miljoen Anc / Da / Eff, wat gaan ons bereik.? Verkoop jou geboorte reg en geloofs waardes vir sogenaamde eerlike bestuur van munsipaliteite ?
Afrika het nog nie uit die bos beweeg nie . Vir die ouer generasie is daar nie lig in die tonnel nie en beteken jou of my stem net hoeveel setels die blankes in die parlement kry.

Andre ·

Anc sal wen, maar die ” son of the soil” gaan bitter goed doen. Die jongmense glo dat hulle alles weet en als in n oogwink gaan reg dokter want alles gaan verniet wees. DA gaan meer stemme verloor as wen.
Waar n party n verskil kan maak is in die verskillende komitees in die parlement want dis nou maar n feit dat die in die rooi overalls nie hou van werk nie en nie opdaag nie. As n kleiner party soos die VF dan op n komitee is kan hulle beleid in n rigting stuur en verander. Mense moet stem as jy nie stem nie moet jy nie kla nie.

D B ·

Ek verstaan nie hoe ‘n “ekspert” nie kan sien hoe dinge tans in die land gaan nie.

Voorspelling: ANC 55%, DA 10%, EFF 10%, VF+ 10%, IVP 5%, die res die kleiner partye.

Leon ·

Hoe op aarde kan VF+ 10% kry, ons hele blanke bevolking is omtrent 8 %, en al my familie en vriende stem nie VF+ nie, en ons is gewone Afrikaners. Die Wes Kaap stem DA.

TN ·

ANC 54 – 56 % , DA 23 -25 % , EFF 8 % , VF+ 3 % , IVP 5 % en kleiner partye , die res . Kom ons gesels weer na die verkiesing .

bolla ·

VF+ sal gelukkig wees as hul 1% van die stemme kry want in die vorige verkiesing kon hulle nie eers dit kry nie. So 20000 ekstra stemme beteken nie noodwendig dat hulle nasionaal persentasiegewys beter gaan vaar nie.

Ander Gert ·

Volgens die EFF sal hulle slegs ‘n wysiging aan die grondwet steun wat daarop neerkom dat alle grond aan die regering behoort. Dit is egter nie die ANC se beleid nie. Ons sal maar sien of die EFF voet by stuk gaan hou, maar sonder die EFF se steun kan die ANC nie die grondwet verander nie. Tensy die ANC in koalisie met die EFF gedwing word, wat lyk nie of dit gaan gebeur nie, kan daardie twee partye in ‘n tipe ‘stalemate’ hieroor eindig.

Beleidsonsekerheid is nie goed vir beleggings nie, maar dalk moet ons solank springmielies gaan koop.

Nico K ·

DB, jy maak seker maar net ‘n grap met jou voorspelling en glo dit nie regtig nie. Ek dink Theo Venter se voorspelling is goed, maar ek reken die DA gaan meer as 20% kry. En dan is dit nie noodwendig wat ek wil hê nie. Ek kyk na die werklikheid en nie emosioneel nie.

Frik Lotz ·

Die groeiende alternatief om voor te stem is die VF Plus. DA steun regstellende aksie en SEB wat diskrimineer teen minderhede en as jy DA stem dan stem jy teen jou eie toekoms!

Johan ·

Dalk op nasionale vlak Frik, maar in die Wes-Kaap help dit nie om stemme te gaan verdeel tussen kleiner partye nie. Dit sal reg in die hande van die ANC speel en hulle weer in die prentjie bring in hierdie provinsie

TN ·

Nee , as jy DA stem , stem jy vir die behoud van die HELE land !

Leon ·

Hoe op aarde kan VF+ 10% kry, ons hele blanke bevolking is omtrent 8 %, en al my familie en vriende stem nie VF+ nie, en ons is gewone Afrikaners. Die Wes Kaap stem DA.

PieterJohannes ·

Ek dink dit sal sekerlik onmoontlik wees om hierdie een naby aan reg te voorspel. Veral met die feit dat daar soveel jonges bygekom het, wat “nie die verskil ken tussen hulle linker- en regter-hand nie”. Dit is eintlik erg om te dink dat sulkes die toekoms van ‘n land moet bepaal. Ongelukkig is dit ook so dat hoe meer onkundig en ongeletterd die stemmers is, hoe meer steun sal die radikales en groot lawaai makers kry. Dan is daar nog die kwessie van beïnvloedbaarheid. Sekere bevolkings groepe is makliker beïnvloedbaar as ander. Kyk maar hoe maklik mense bv. deur vakbond leiers opgesweep word om selfs persone te beskerm wat growwe oortredings begaan. Daarmee saam kom ook nog ‘n Afrika kultuur van geweld en vernietiging. As die uitslag nie verloop volgens sekere verwagtings nie, word daar op ‘n vernietigings pad gegaan. Geen rasionaliteit, geregtigheid of feite tel dan enige punte nie. Dan neem emosies oor, wat uiters gevaarlik is. Ons praat so maklik van anargie, maar ons moet regtig bid dat dit nie die oorhand in ons pragtige land sal kry nie. Hitler het met die eerste verkiesing slegs 4% stemme gekry. Met die tweede verkiesing het almal ook 10% voorspel en hy het oorweldigend gewen. Sy oorwinning het die hele wêreld in ‘n oorlog gedompel en miljoene het gesterf.

Raai maar ·

Dit is nie hulle wat stem wat die toekoms bepaal nie,
dit is hulle wat die stemme tel.

Jerry ·

Nie noodwendig nie Frik. n Stem vir die DA is n stem vir diversiteit en dit is ook daar waar die verdeeldheid stop. Teenrevolusionere Suid Afrikaners se heil gaan in die toekoms by die DA le vir die toekoms en vir n toekoms, maar ja, nou nie noodwendig net vir jou toekoms nie. Die enigste rede hoekom mense nou vir die VF moet stem is omrede dit dalk heel moontlik die laaste keer sal wees wat n witman vir n witman kan stem. Daar is absoluut geen ander rede waaraan ek kan dink nie, gegewe die realiteite mbt die verdelende nonsens van links en regs wat besig is om te ontaard in “tit for tat” en wat kort voor lank potensieel kan lei tot swart teen wit, konflik! Sou die VF hulself onomwonde distansieer nie net van anc/eff/blf diskriminerende beleid en verdelende uitsprake, maar ook van diskriminerende beleid en verdelende uitsprake van burgerregteorganisasies soos met byvoorbeeld die Steve en AIG sage, dan sou ek onomwonde opgewonde gewees het en n voorloper vegter vir die VF geraak het, want dan is daar n rede om te hoop vir vreedsame samesyn tussen wit/swart teenrevolusioneres. Hierdie belangrike aspekte is ongelukkig afwesig by die VF. Die VF moet n party wees wat ons en ons regte kan beskerm teen isolasie en uitsluiting deur water op die vuur te gooi, nie petrol nie! Die VF kan dit slegs wees as die VF verdelende motiewe van links en regs met dieselfde minagting bejeen en veroordeel!

TN ·

Jerry , ek sou self die VF+ oorweeg het as hulle nie ‘n eksklusiewe party was nie . Waarom kan die Afrikaners nie leer en met hulle verstand begin dink nie !? Generaal Jannie Smuts het in 1948 op ‘n openbare vergadering gesê dat apartheid ‘n gogga is wat gaan terugkom om ons te byt ___ waarom wil Groenewald , Mulder en hulle na-lopers hê dat rasse-eksklusiwiteit ons ‘n tweede keer moet kom byt ?

Gaitsigubib ·

TN, sonder om hare te split, wat jy en Jerry voorstel is verbastering. Julle het die keuse gemaak en dit is julle keuse. As ons nie in ‘n sisteem kan lewe waar alle groepe se verskille erken kan word nie sal daar geen vrede wees nie, want die skeiding kom van die toring van babel af toe God aan die mense verskillende tale gegee het. Dit is ‘n natuurlike proses waar voels van enerse vere saam koek. Die neenboog nasie idee wat julle het, het nerens in Afrika gewerk nie. Westerlinge het Afrika verlaat, is uitgemoor of het verbaster. As daar nie n alteratief is nie moet julle een van hierdie 3 kies want dit is die keuses wat jy het.

Gaitsigubib ·

Dit staan natuurlik in ‘n bekende Boek ( wat deur niemand gelees word nie) dat een nasie mag nie oor ‘n ander regeer nie. Die issolasie van die Afrikaner van die res van die bevolking is eintlik nie vergesog in ‘n moderne wereld nie. Baie lande split af van sy moederland – Dit is opsie nommer 4. Daar’s ook nog n 5de opsie, maar dis iets wat mens net sou doen as die eerste 4 nie werk nie.

Frik Lotz ·

Wat het die DA al ooit vir die Afrikaanse taal gedoen? Net mooi niks! Wat het die DA al vir minderheidsgroepe gedoen? Ook niks nie! Hoekom steun die DA rassistiese wetgewing soos regstellende aksie en SEB wat blatant teen minderhede diskrimineer? Die DA probeer om n beter ANC te wees as die ANC self!

TN ·

Jerry , ek sou self die VF+ oorweeg het as hulle nie ‘n eksklusiewe party was nie . Waarom kan die Afrikaners nie leer en met hulle verstand begin dink nie !? Generaal Jannie Smuts het in 1948 op ‘n openbare vergadering gesê dat apartheid ‘n gogga is wat gaan terugkom om ons te byt ___ waarom wil Groenewald , Mulder en hulle na-lopers hê dat rasse-eksklusiwiteit ons ‘n tweede keer moet kom byt ?

Leon ·

TN ek stem 100% saam met jou. Om vir die VF+ stem is n stem vir die verlede. Dit gaans die blanke net afsonder van die res van SA se mense, en ons nog meer irrelevant maak

Andre C ·

Die VF + het bruin en indier lede , van wanneer af is VF + n eksklusiewe party? staan dit geskryf in die VF + se grondwet.In die Wes en Suid Kaap is daar dan bruin VF + leiers.

Charl ·

Terwyl almal nou so profeties is met hulle voorspellings, vir sommige dalk eerder hulle wense, laat ek ook in my teeblare kyk en sê:
ANC – 61%
EFF (ANC steroids) – 15%
DA (ANC light) – 13%
IFP – 4%
ACDP – 2%
UDM – 2%
FF+ – 1%
Oorblywende 2%

Willem ·

Soos wat die agbare Koornhof gesê het, dit is tyd dat blankes vir Ramaphosa binne die ANC moet begin ondersteun. Tussen hom en Musi is die agbare president werklik die beter kandidaat en kameraad.

TN ·

@ Willem ___ is dit nou dieselfde Ramaphosa wat in 2015 opdrag gekry het om Eskom regte ruk ? Ook dieselfde Ramaphosa wat in jare der jare saam met JZ gesit het en presies NIKS gedoen het aan die korrupsie waarvan hy sekerlik ten minste bewus moes wees ? Dieselfde CR wat sê dat ons plaasmoorde uit ons duime suig ? Dieselfde CR wat met groot fanfare belowe het hoe die korruptes so vervolg word ? Hoeveel van die wat in die tronk hoort is al gevonnis ? Ek sal jou sommer antwoord ook ; nie ‘n enkele EEN nie !

Wat? ·

@Willem.. Is jy erinstig my ou maat? Sjoe, maar jy het lekker die koolade gedrink ne. Ramaphosa of ter wel hippo face voel niks vir jou of jou kluer nie tjom, wakker word boet, hulle kom vir jou soort eerste.

Alma ·

Tn – jy is reg. Daar is GEEN versekering dat CR president of leier van die ANC na die verkiesing sal wees nie. Dit kan enige tyd Ace of Malema wees wat in daardie posisie instap. Hang net af wat met die ANC se binnegevegte gebeur. So pasop – jy kan dalk n geweldige verrassing kry as jy jou stem op die ANC mors……

My stem ·

Ek stem FF+, hulle kan koalisieregering vorm met DA, maar ek sal nie DA stem nie. Met FF+ weet ek ten minste hulle sal veg vir my regte want die DA sal nie. Vir die wat DA stem sal ek maar net se dat julle die Afrikaaner verraai, en julle moet wakker word, ek was waar julle nou is, toe gaan my oë oop.

Johan ·

So 60,70 of 80% van Afrikaners gaan hulself verraai deur vir die DA te stem? Miskien wil hulle bloot net deel van n oplossing vir die land wees in plaas van hulself isoleer?

Cherokee ·

1992 wou sowat 63% persent van die Suid Afrikaners ook ‘net deel van ‘n oplossing vir die land wees’.

Cherokee ·

1992 wou 63% Suid Afrikaners miskien ook net probeer ‘deel van ‘n oplossing vir die land wees’.

Gert van Wierdapark ·

Die groot getalle gedienstige stemvee sal weer die a en see se groot oorwig wees, tesame met die kripvreters en vasbyters wat hoop op n beter lewe???! Ongelukkiges met die regerende party sal net nie stem nie, eerder as om ‘n teenstem te maak. My syfer is dus 55%. Die DA se droogmaak met me. De Lille gaan hom landswyd kos:Syfer = 17%. Die EFF is veral vir die veral die jeug en radikales’ n trekpleister: =13%. IVP = 6%: VF = 4%: Good Party = 1% en die UDM, ACDP en die res van die kleintjies, saam 4%. My poging is amper soos om die eerste vyf perde oor die wenstreep perde in die Durban July te kies. Die eerste 3 plekke is ‘n gegewe!

Izak ·

Venter se relaas klink na subtiele DA-propaganda. Nes sekere “marknavorsers” wat voor verkiesings uit hul gate kruip. Boere wat DA stem moet fataliste wees. Hul voel vere vir julle. SA se redding lê nie vir opportunistiese dwepers nie. Tenminste bak die die “ver” linkses en regses nie mooi broodjies nie.

Karlahari ·

Daar was n party waarvoor ek as blanke nie DA ondersteuner groot hoop gehad het. Nie rassig nie. Maar binne gevegte het hulle gevou.
Miskien in die volgende verkiesing kan VF+ en Cope saamwerk vir die behoud van die land.
DA heeltemal te apologeties oor die verlede. En te polities korrek om die koffie te roer.

Willie ·

Mense word wakker. Die Afrikaner is nie `n konserwatiewe volk nie. Ons het “Ja” gestem in die referendum. Ons het daarna vir die NNP en die DA gestem. Ons wil nie verkramp of regs wees nie. Ons wil nie selfbeskikking hê nie. Ons verfoei die bestaan van `n plek soos Orania wat `n klompie ekstreme randfigure verteenwoordig. Ons is skaam oor die onregte van die verlede. Ons is kwaad oor die leuens van die NP en die NG Kerk wat ons in die bos laat doodskiet het, terwyl hulle al lankal aan die onderhandel was. Ons wou nie diensplig doen nie, maar het ook nie kans gesien vir die tronk nie.

Katryn ·

Praat vir jouself Willie. Waar kry jy die statistiek om al die bewerings te staaf? En ja, ek stem vir selfbeskikking want dit is al uitweg vir Afrikaners.

Jannie Swart ·

My voorspelling vir die 8 Mei verkiesing is soos volg:
ANC – 63%
DA – 18%
EFF – 12%
IVP – 4%
Ander klienparye – 3%
Kom ons gesels na Verkiesing. CR sal president wee. Die ANC sal alle provinsies wen behalwe die Wes-Kaap. Daar sal wel ‘n koalisie wees n WK. Die Nord-Kaap sal ANC met 65% wen,DA minder as 20%

TN ·

Jy kan jou voorspelde steun vir die ANC met minstens 10 % verlaag .

Ja ne ·

Die eff het maar net meer as n1mil steme gekry en hulle is die derde grootste nie almal stem nie nie eers 50% van die bevolking nie so as die afrikaaner saam staan kan die vf+ n groot se in die parlement bekom net 1 mil stemme en ons is daar

TN ·

Kry sommer vir julle ‘n lappie grond daar langs Orania waar julle dan kan koningkraai op julle eie Afrikaanse , wit miskoek ! Los die res van ons om ‘n langtermyn oplossing vir die res van die land te kry .

Basjan ·

TN, ‘n lappie grond daar langs Orania , nee.
Eerder 20 000 vierkante km êrens langs die weskus. Dit is meer haalbaar as wat jy dink. Maar dit gaan ten minste 20 jaar se harde werk vereis. Daar is geen langtermyn oplossing vir die res van SA. Ons is gedoem en Afrikaners sal maar rondploeter totdat die laaste een afsterf.

John ·

… ons roer eeue aan ‘n mengsel van olie en water… en ons klits dat dit klap. Elke nuwe partyleier probeer nuwe metodes maar meng wil dit nie. Sodra die klitser stop skei die twee uit tot die frustrasie van die nuwe slimmer denkers. En dan is daar die slimstes wat stowwe wil byvoeg wat die konkoksie woema kan gee of ander wat die pot op die vuur wil sit… Gooi plaasgrond by of Oosterse kruie… Waar lè die fout, Einstein?

Nico K ·

Ek sien niemand het nog vir Willie geantwoord nie so ek sal maar. Die mense het ja gestem in die referendum omdat hulle geglo het die nuwe SA gaan ras vry wees. Hulle was naief en ek is seker selfs FW en Roelf besef vandag hulle het ‘n fout gemaak. Ja daar was dinge in apartheid wat verkeerd was, maar die blankes het net nie kans gesien om deur ‘n meerderheid swartes regeer te word nie. (En wat vandag in SA gebeur bewys ons was reg.) Wys my een land in die wêreld waar ‘n minderheidsgroep regverdig behandel word. En hoewel ‘n Afrikaner tuisland nooit ‘n praktiese moontlikheid was nie, sou dit darem baie lekker gewees het as ons dit kom kry.

Spikkels ·

Indien jy nie gaan stem is jy net so aandadig aan korrupsie en om ons mooi land tot as te laat verbrand soos die cANCer en hul kaders doen. Gaan stem net al is dit vir die VF+ ACDP COPE IVP en as jy regtig moet dalk DA maar hul net soos die cANCer party want hul doen niks vir jou as Afrikaner nie. Moet ook nie jou stembrief bedorwe maak nie asb jy dan ook aandadig dan soos dit wat hierbo genoem is. Wees tog net verstandig die dag van 8 Mei en gaan trek jou kruisie en trek die kruisie mooi en reg. Want dit is julle wat nie stem en stembriewe bedorwe maak wat die grootste moaners is dat NIKS verander en alles gaan slegter en tot niet in die land.

Christiaan ·

Ek gaan nie stem nie. Eenvoudig, die moontlike partye is elkeen n leunaar vir kiesers. Daar kan geargumenteer word dat elke party deel is van staatskaping en korrupsie, grootliks a.g.v. die stelsel wat lank nie meer ñ egte demokrasie us nie. Die VF+ sal sukkel om 20 000 meer kiesers te trek, hulle is oud, besig met ou politiek en sonder ñ jeug. Die VF+ het die Afrikaner as groep aangeval deur die instellings van Solidariteit/AfriForum te probeer diskrediteer. Die DA wil n beter ANC wees, en daarmee saam n groter gevaar vir die land. Die ANC is totaal vasgevang in sy net van bedrog, korrupsie en interne politieke verdraagsaamheid. Die IFP is n streeksgebonde party van KZN-Noord en grootliks net Zulus. Die EFF/BLF is ñ totale nagmerie senario vir SA in wese. Die ACDP is christelik, maar in die politiek i.e. in die parlement kan ek moelik onderskeid tref tussen VF en ACDP lede. Die enigste werklike verskil is die ACDP is vir Afrikaners as groep meer onbetroubaar. ñ Beter opsie is COPE deesdae, maar ek is heiwerig want met my Munisipale stem van 2016 het Izak Berg die Belastingbetalers unie (IRASA) in Ekurhuleni (Oos-Gauteng) my stem verkoop aan die ANC sodat die ANC die Metro kan behou.
Ek vertrou geen party of ons demokrasie nie. Hulle is daar vir eie gewin so nou gaan ek aan my gesin dink en moontlik emigreer.

Katryn ·

Baie goeie opsomming van die stand van ons politiek, Christiaan. Dit is by ‘n laagtepunt om die minste te sê. Die VF+ is ook maar ‘n klomp opportuniste wat so waar as wragtig vir Peter Marais nader getrek het.

Jerry ·

Noudat die Afrikaner homself toelaat om deur n sanger, n musiekmaatskappy en twee burgerregte organisasies nog verder geisoleer en uitgesluit te word, loop alles nie meer altyd reg nie, Toyota! Daar is nie meer veel tyd oor voor die verkiesing vir die VF om die verdere isolasie, uitsluiting en verdeeldheid wat deur die aksie veroorsaak word, te veroordeel net soos hulle linkse uitsprake van verdeeldheid veroordeel! Die VF loop gevaar om met sy afkeur aan linkse verdelende uitsprake, maar voortgesette assosiasie met regse verdelende uitsprake, nuwe wit en bruin kiesers te vervreem voordat die kiesers ooit die kans gekry het om vir die VF te stem. Die VF moet nie nou gaan staan en die kluts begin kwyt raak hier kort voor die komende verkiesing en net stilbly nie, omrede stilswye ook n antwoord is! Indien julle wit en bruin kiesers wil afrokkel by die DA en die “too Good to be true” party moet die VF die verdelende uitsprake van die sanger en die aksies wat daaruit voortgevloei het ten sterkste veroordeel! Die VF kan tog nie die duidelike motief van die betrokke partye om die Afrikaner nog verder te isoleer en uit te sluit ten einde die enigste sogenaamde selfbeskikkings heenkome vir die Afrikaner te bied, ondersteun nie! Dit dra tog sekerlik by tot die die verryking van die partye ten koste van die Afrikaner wat net moet transvaal en betaal vir absolute onaanvaarbare taktiek wat gebruik word vir n onaanvaarbare motief! Skaam julle, julself nie?

Peter ·

Mense julle kan stem soos julle wil of wegbly soos julle wil. Al stem julle almal vir een party teen die ANC, die uitkoms gaan presies dieselfde wees. Die enigste wyse ouens was manne soos Marthinus van Schalkwyk, wat in die toekoms as profetiese stemme erken sal word. Die land se politieke toekoms is binne die ANC. Raak betrokke by jou plaaslike tak. Sorg dat jou vrou by die Vroueliga inskakel en jou kinders by die Jeugliga. Neem deel aan beleidskonferensies. Laat jou stem daar hoor. Die stemmery van 8 Mei is net om die buitewêreld rustig te hou. Maar `n stem binne die ANC is al stem wat werklik iets beteken.

Kabous ·

Peter, ek het my diensplig in die ou SAW voltooi. Ek reken dus die ANC sal my toelaat as ‘n veteraan sodat ek darem elke maand ‘n toelaag ontvang en mediese versorging geniet. Daar is duisende van ons wat kan doen met ‘n geldjie. En is daar ‘n tipe Voortrekker beweging in die ANC waarby my kinders kan aansluit?

Fanie ·

@Peter Ek hou van hoe jy dink. Die probleem is dat meeste kiesers politieke partye ondersteun net soos wat hulle provinsiale rugbyspanne ondersteun. Hulle bly blou as is die Bulle almal nulle. Die Afrikaner het nog teveel van hierdie “tribal” instink om so strategies soos jy te dink, daarom word hulle aan die neus rond gelei en dink riool ruik soos laventel.

Jerry ·

Peter, SA is reeds verdeel in twee hoofgroepe. Aan die een kant van die draad staan die revolusionere ideologiee partye van die ANC, EFF, BLF, UDM ens en wat hulle aanbetref is jy heeltemal reg dat almal van hulle eintlik hul heil sal vind binne die ANC. Aan die ander kant van die draad staan die teenrevolusionere ideologiese partye van die DA, ACDP, VF, COPE ens en wat hulle aanbetref is dit wensdenkery om te dink dat hulle hul heil by die revolusioneres sal gaan soek gegewe die “NDR struggle trackrecord” van beleidsonsekerheid, kaderontplooiing, staatskaping, VBS, OSV, ens van die revolusionere partye! Hierdie is n stryd tussen die revolusioneres en die teenrevolusioneres en niemand gaan van eenkant oorloop na die anderkant, net omdat jy wat Peter is, begin alleen voel nie. Daar gaan n dag kom wanneer die teenrevolusioneres ook gaan besluit dat die land se wette ook nie meer vir hulle geld nie. Intussentyd moet jy dit maar geniet om jou tussen die huidige “oppressors” te bevind “while it lasts”!

Gaitsigubib ·

Ons bly binne in ‘n riool wat die NP JA stemmers opgedis het, omdat hulle nie genoeg insig gehad het om met iets op te kom wat beter was as apartheid, sonder om die land in hierdie riool in te smyt nie. Dit ruik beslis nie soos laventel nie, Fanie. Dis die goed wat julle elke dag aansmeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.