Theuns Eloff tree uit met roerende afskeidsboodskap

Dr. Theuns Eloff (skermskoot uit die video)

Dr. Theuns Eloff (skermskoot uit die video)

Sy videoboodskap volg onderaan die berig. Dr. Theuns Eloff, visekanselier van die Noordwes-universiteit, tree Vrydag uit as visekanselier van dié universiteit.

Hy het in ʼn roerende videoboodskap afskeid geneem van kollegas en vriende.

Eloff het op 6 Maart ná ‘n spesiale raadsvergadering by die Potchefstroom-kampus van die universiteit sy uittrede aangekondig.

“Die vroeë ontruiming van my pos is genoodsaak deur die gebeure rondom die eerstejaars op die Potchefstroom-kampus,” het Eloff gesê. Hy sê hy glo nog steeds dit is die “beste vir die universiteit”. “Dit bied die universiteit en prof. Dan Kgwadi die geleentheid om verantwoordelikheid en eienaarskap van daardie proses te neem,” het hy gesê.

Hy sê dit is met gemengde gevoelens en ʼn tikkie hartseer dat hy ná 12 jaar aan die universiteit moet afskeid neem. “Dit was ʼn groot deel van my lewe,” het hy gesê.

Eloff en sy vrou, Suzette, trek Pretoria toe en hy sal op ʼn paar direksies dien en konsultasiewerk doen.

“Die universiteit is ʼn puik instelling en doen al hoe beter,” het hy gesê. “Ek laat die NWU agter met die wete dat die universiteit groter is as ʼn enkele individu of groep individue.”

Hy word opgevolg deur prof. Dan Kgwadi, die voormalige rektor van die universiteit se Mafeking-kampus.

Lees ook:
Puk-raadsvergadering: Eloff tree uit; ondersoek van stapel gestuur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tom ·

Tyd vir ‘n nuwe afrikaanse universiteit sonder bagasie uit die verlede. Die skrif is aan die muur vir die huidige instansies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.