Theuns Jordaan oorlede

Theuns Jordaan (Foto: Facebook)

Die sanger Theuns Jordaan is Woensdag in die ouderdom van 50 oorlede.

Leukemie is in September verlede jaar by die sanger gediagnoseer en hy het sedertdien chemoterapie ontvang. Hy het ook in Maart vanjaar ʼn beenmurgoorplanting ondergaan.

Jordaan het bekendheid verwerf met die treffers “Soos bloed”, “Sal jy bly” en “Net voor die storm kom”.

Die rasperstemsanger was ewe bekend vir sy verwerkings van “Beautiful in Beaufort-Wes”, Koos du Plessis se liedjies en sy duet saam met Juanita du Plessis “Bring jou hart”.

Sy eerste album, Vreemde Stad, is in 2001 uitgereik en hy het sedertdien van krag tot krag gegaan met talle albums en DVD’s waarvan daar miljoene eksemplare verkoop is.

Jordaan is op 10 Januarie 1971 gebore en het op ‘n plaas naby Venterstad grootgeword. Huldeblyke stroom intussen reeds in vir Jordaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

69 Kommentare

jongste oudste gewildste
Aai

RIV sag Theuns ons gaan jou mis.

TASHA

Ai RIP wat n wonderlike sanger gewees! Sy stem is stil maar nie sy musiek nie

JohanR

Se maar in Engels…..there goes a man, and a heck of a singer. RIV Theuns Jordaan en dankie vir die musiek.

piet

Ai, dis jammer. Een van ons beter sangstemme. Kanker kan ‘n mens darem gou neem. Sterkte aan die familie.

Dink

Rus in Vrede. Innige simpatie aan sy geliefdes.