Theuns Jordaan praat oor sy gesondheid

Theuns Jordaan.

Die rasperstemsanger Theuns Jordaan het Woensdag bewerings dat hy in die waakeenheid van ʼn hospitaal opgeneem is in die kiem gesmoor.

Gerugte dat Jordaan ʼn terugslag ten opsigte van sy gesondheid gehad het en dat hy in ʼn waakeenheid is, het vroeër vandeesweek op sosiale media die ronde begin doen.

Leukemie is in September verlede jaar by die sanger gediagnoseer en hy ontvang sedertdien chemoterapie.

Ilza Roggeband, Jordaan se woordvoerder, het bevestig dat hy wel in ʼn hospitaal opgeneem is vir ʼn beplande besoek en dat hy “die feite wil regstel”.

Volgens die sanger verloop alles glad sedert hy op 5 Maart ʼn beenmurgoorplanting ondergaan het.

“Dit is glad nie waar dat ek in intensiewe sorg is of ooit was nie. My dokter sê alles is normaal en soos dit na verwagting moet wees,” het hy laat weet.

“Nietemin wil ek baie dankie sê vir almal se boodskappe, gebede en wense van beterskap. Ek waardeer dit opreg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Regverdigheid ·

Dankie vir die goeie nuus sterkte en gou gesond word .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.