Theuns Jordaan vat Afrikaans is Groot hof toe

Foto: Facebook/Theuns Jordaan

Theuns Jordaan (Foto: Facebook)

Kaartjiehouers is warm onder die kraag nadat die legendariese Afrikaanse sanger Theuns Jordaan Woensdag op sosiale media aangekondig het dat hy die organiseerders van Afrikaans is Groot voor die hof daag en waarskynlik nié by vanjaar se konsert sal optree nie.

Die sanger en die organiseerders van die konsert het hulle tot sosiale media gewend ná ʼn herrie oor Jordaan se afwesigheid by die konsert losgebars het.

Die konsert het grootskaalse negatiewe terugvoer ontvang ná Jordaan se aankondiging op Facebook, met verskeie aanhangers van die sanger wat dreig om Afrikaans is Groot vanjaar te boikot.

Jordaan het in sy inskrywing gesê dat hy nie aanhangers onder ʼn wanindruk wil bring nie, en dat hy “alle middele tot sy beskikking” aanwend om te verseker dat hy steeds by die konsert sal wees.

“Kaartjiehouers van Afrikaans is Groot is onlangs ingelig dat ek nie meer by vanjaar se show gaan optree nie weens ‘onvoorsiene omstandighede’. Ek wil dit net duidelik stel dat hierdie besluit glad nie deur my geneem is nie en ook glad nie my wens is nie. Ek wil, soos van die begin af, baie graag volgende maand optree by AIG,” het hy geskryf.

Organiseerders van die konsert het in ʼn persverklaring gesê Theuns daag hulle voor die hof weens “kwessies waaroor hy verskil”.

“Jordaan het verkies om kwessies waaroor hy verskil na die hooggeregshof vir beslissing te verwys. Afrikaans is Groot het steeds die hoogste agting en respek vir Jordaan as kunstenaar en die deur staan vir hom oop om, soos herhaaldelik versoek, direk met Afrikaans is Groot oor enige kwessie in gesprek te tree,” het hulle aangevoer.

Fynere besonderhede oor die hofgeding kan egter nie bekendgemaak word nie omdat die hofsaak nog sub judice is.

“Afrikaans is Groot sal beslis die hof se uitspraak respekteer en hoop van harte dat dit so gou moontlik opgeklaar word. Almal word versoek om met enige gevolgtrekkings te wag totdat die hof uitsluitsel gegee het.”

Jordaan, wie se inskrywing al meer as 3 000 keer ge-“like” is, het verder ook gesê hy hoop om steeds die konsert mee te maak ten spyte van dié hofgeding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Arno ·

Ek dink die konsert sal great wees sonder hom. Een swaeltjie maak nie die somer nie.

Thinus ·

Dink hy is die Kat se snor.Ek is SEKER die ander 12 GREAT kunstenaars sal ons steeds vermaak

amanda visser ·

is hy nie tevrede met betaling nie en het hy nie die regte song nie? regtig daar is genoeg nuwes soos Refense wat sy plek kan inneem- mens kan net soveel keer bloed luister! en AIG gaan nie dat hy Gert Vlok se Beuafort sing nie nou hardloop hy hof toe? asb kom over yourself

Sê maar net. ·

Ag Theuns. Waarom begin jy nie eerder Eng sing nie. Want as jy in die nuus is, is jy altyd besig om met iemand te baklei.

Nee wat ·

Nee wat dit is nie waar nie. Theuns het Gert se liedjie bekend gemaak, Gert sing dit ook baie mooi. Die liedjie het Theuns ook goed gedoen. Die betaling van die liedjie moes egter direk tussen Gert en plate maatskappy uitgesorteer het eerder as om pers toe te hol, dit het niks met Theuns uit te waai gehad nie, hy was net die sanger, jy moet die goed en terme verstaan, dan verstaan jy wat gebeur het. Alle kunstenaars bestuur ook nie hul geldsake behoorlik soos in elke beroepsgroep gebeur en as jy uit geld hardloop dan gebeur dinge soos die. Verder oor die saak, moet ons maar wag tot ons weet waaroor die bohaai is. Ek is nie ‘n Theuns Jordaan aanhanger, ek luister wel na ‘n paar van sy liedjies, ek hou egter nie daarvan om ‘n ou wat gewoonlik 1ste verantwoordelikheid vir gebeure neem, net te kruisig nie, hierdie is ‘n goeie ou, ek ken van sy vriende.

Petro ·

Theuns sing al lankal in Engels en dit is net so great soos sy Afrikaanse songs.

Seeklong ·

Julle moet pasop wat julle sê, die man vat julle hof toe. Lol.

aj ·

Wat is die man se probleem. Nerens kan ek sien in die berig wat die probleem is dat hy nie gaan optree . Help ek maak nie kop of stert van die saak.

Tittertjie ·

Dit gaan seker weer oor geld, nou sweep hy die knuckle scrapers daar op sy facebook op om druk op AIG te sit. Met so sly uitdrukking op sy gesig, mind you.

Francois Le Cochon ·

Ja, hierdie onbekende gesiggies word ook altyd bemark as “SA se nuwe sangsensasie”.
Na die eerste CD hoor jy nooit weer van hulle nie. Verkoop eers 20,000 CD’s, dan eers kan jy so genoem word.

Minnie ·

Bring die man terug Afrikaans is Groot toe. Geen konsert sonder hom kan dieselfde wees nie!

Cherokee ·

Waaroor gaan hierdie hele ding? Is die Theuns ou ‘n gholspeler? Gaan dit oordie boikot van ‘n toernooi of waaroor is ‘n onbekende ou se fight nou Maroela-nuus?

Piet Pompies ·

Theuns se werk is oorspronklik en hy is baie selektief oor wie sy liedere skryf.

Columbiana ·

Jip baie selektief. Veral as dit kom by erkening gee vir wie wel.die liedjies geskryf het ne!

Tersia ·

Jesus het die geldmaak-tafels in d Tempel omgegooi!!! Wat verwag mens as jy so besigheid in ñ kerk aanbied!!!

Ronnie ·

Kan iemand asseblief vir my Tersia se kommentaar verduidelik?

Rina ·

Hy kan ook darem nie wil aandring op groter betaling as Steve en Juanita saam nie, al het hy hoeveel bewonderaars en talent.

AIAI ·

Theuns is nooit tevrede met enige iets en iemand nie. Het en jaar na konsert v hom op Kersiefees bygewoon. Hy was hele aand, openlik, met klankman, ontevrede. Nadat daar amper n uur v HOM gewag is, wat laat was. Skuus, maar nie my gunsteling nie!!!!

Oupa Kosie ·

Hy moes nooit vir Gert ‘n bol in die hall gerol het nie. Nou gaan alle soorte ongeluk hom tref. Noem dit maar sy karma paycheck.

Henriette Maree ·

Word dit in ‘n kerk aangebied? Ek is regtig nou geskok. Ek weet nie veel van die feeste en vertonings nie maar is diep geskok dat hulle al so laag gedaal het om dit in ‘n kerk aan te bied. Waar is die respek vir ons Hemelse Vader?

M ·

Dit is n gebou Henriette.. en die gebou maak nie die kerk nie. So what as dit in die kerk gehou word.. niks onheilig gebeur by AIG nie?!

Susan ·

Sal hom definitief nie mis nie. Hom persoonlik al ontmoet in ‘n club, verdomp ongeskik gewees. Nog nooit ooghare vir hom gehad nie.

Jacques van der Walt ·

Die ander kunstenaars wat optree het ook nie ‘n probleem met Steve se teenwoordigheid nie, moet hy nou so polities korrek wees?

Kloekie ·

Ja en nou gaan Zoid (wat se sinne uit 70% engels bestaan) by AFRIKAANS is groot optree. Wat n grap!

Sterretjie ·

Zoid :-( en ‘n paar “nuwe verrassings”, m.a.w. desperate sangertjies wat verniet sal optree vir blootstelling! Groter winste vir die organiseerders! Theuns kan ook nie verniet sing nie en Steve gaan nou weer die hele ding verpolitiseer! Dis Theuns se reg om sy regte van assosiasie te beoefen en billike betaling te eis! Theuns het ‘n petisie op sy Facebook blad vir sy bewonderaars, gaan ondersteun hom asseblief!

foxi ·

Jordaan…..bly weg! Jy is defnitief nie my gunsteling nie. En kry tog asseblief vir jou exstra strong keel tablette vir daardie gekraakte stem van jou.

Henriette Maree ·

Verskoon my onkunde, maar in watter kerk word dit aangebied? Die eindtye is voor die deur, sowaar.

REAList ·

Die Morelerakerk in Pretoria.
Al die briefskrywers hier moet die sommetjies maak oor hoeveel geld verdien word met AIG se weekvertoning. Dis BAIE.

Griet ·

Henriette, dit word aangebied in die Moreletapark Auditorium, De Villebois Mareuilrylaan 1353, Moreletapark x83. By dieselfde adres hou die NG gemeente Morrelettapark Sondae hul eredienste. Asseblief moenie vir my sê jy glo ook sulke GEBOUE is HEILIGE GROND?!?!?

Teleurgesteld ·

Ek voel net daar is soveel nuwe kunstenaars wat groot treffers het en wat wel op daai AIG verhoog kan staan. Nou word Karen Zoid en Dozi in ons kele afgedruk. Dozi maak nie eers meer cd’s nie. Hulle is beslis nie vir die AIG mark nie!! Hulle Classics is Groot konsert het net 1 show met moeite uitverkoop en nou word Almira ook in ons kele afgedruk. Dis baie duidelik dat die gemiddelde AIG ondersteuner glad nie gaande oor die opera dele is nie. Dit is waarom dieselfde aantal kaartjies nie vir die Classics is Groot konsert ook verkoop is nie!! AIG se bestuur is besig om die pot lelik mis te sit en hulle gaan soos Skouspel opeindig!!!!!

Roxanne ·

Mense wat nie van Theuns hou nie is net jaloers op hom. Hy kan seker kies waar en saam wie hy wil optrree?? sou Elvis saam Rick Ashley gesing het ? Nou hoekom moet Theuns saam Idols finaliste sing?

Griet ·

Ek kry die idee Theuns is nie eerlik met almal nie. Waarom is hy nie bereid om bekend te maak waaroor gaan sy dispuut met die AIG organiseerders nie? As die organiseerdes nie wil toegee aan sy eise nie, moet hulle dan by implikasie aanvaar dat hy nie gaan optee op grond van die aanbod wat aan hom gemaak is nie. Al wat hulle dan KAN doen is om vroegtydig bekend te maak dat hy interme van ‘n ooreenkoms (of gebrek daaraan) tussen die twee partye, nie sal optree nie. Ek kry die idee AIG se organiseerders is nie hier verkeerd nie. Hulle wil nie besonderhede van die aangeleendheid bekend maak nie, want daar is hangende hofsaak, maar Theune is ook nie eerlik met sy aanhangers nie. Wat is die WARE feite Theuns?

Lafras ·

Dis regtig swak van hom om AFrikaans is groot hof toe te sleep en die konsert te kelder omdat daar nie aan sy eise voldoen word nie. Almal word nou gyselaar gehou. Staan vas Afrikaans is groot, moenie ingee nie.

Xani ·

Theus moet ons geld trug gee en al die songs wat hy gesteel het soos beatifull in Boufort en sonvanger. Dis false advetering. Hy is net ‘n leeg dop met ‘noraait stem.

Petro ·

Genade moet ons altyd iemand afbreek. Dit is Theuns se reg om “kwessies” met AIG te he en ons moet dit respekteer. Hy is n kunstenaar wat reg het om vir sy loopbaan te veg. Sy CD verkope wys hy is n gerekende sanger en sy aanhanger getal wys dit. Kan ons nie vir n slag iemand ondersteun nie! AIG sal nie dieselfde wees sonder Theuns nie, net soos Skouspel ook nie dieselfde was sonder Steve nie! Komaan mense gee die man die respek wat hy verdien.

Christo ·

Daar is ook n paar vroue wat meer as hul stem wil bloodstel. Of om die bulle gemeentskap op hul tone te hou. Lekker lag ek nou vir al die suurr@tte.

Jeanette van der Merwe ·

Theuns moet sing en klaar !!!!! Ons gaan nog elke jaar AIG toe. Theuns is deel van al die pragtige kunstenaars wat elke jaar die vertoning die moeite werd maak. Hier van Septembermaand af begin ek al vlinders in my maag kry so sien ek met opgewondenheid uit na “AFRIKAANS IS GROOT” So komaan gee Theuns ‘n kans om te sing en los die onsmaaklikhede vir die na die tyd………..Groot (AIG) Asseblief laat Theuns sing en optree !!!!

sarie van heerden ·

Theuns sing mooi en natuurlik kan hy nie bekendmaak wat aangaan in ‘n hofsaak nie. Ek gaan nie na die hofuitspraak luister nie, maar na die kunstenaar. Genadiglik sing hy nie daai bang, bang, doef, doef liedjies nie.

Mariana Griezel ·

SONDER THEUNS EN JUANITA EN STEVE SAL AFRIKAANS IS GROOT NIKS WEES NIE, EN NOU DAT EEN DERDE VAN DIE AANTREKKING NA DIE KONSERT DALK NIE DAAR GAAN WEES NIE, SAL DIT MAAR DULL WEES. EK KOOP ELKE JAAR DIE DVD EN CD, MAAR AS HY NIE DAAR IS NIE, GAAN EK DIT OOK NOU NIE MEER KOOP NIE, HOPELIK ONTTREK JUANITA OOK WANT HY IS `N GOEIE VRIEND VAN HAAR, DAN EN NET DAN SKRIK DIE ORGANISEERDERS DALK WAKKER.

FM ·

Ai ou Theunsie, watse klap gee jy nou na AIG? Is jy Afrikaans of nie? Ek dink jy het groter as die game geraak. As ek so na Theuns kyk, wil dit vir my voorkom asof hy dink hy is die kat se snor. Hoekom wil hy die AFRIKANERS verdeel. Lyk my hy dring hom nou op aan die organiseerders van AIG. Bly dan weg sonder om n bohaai te maak. Een swaweltjie maak nie n somer nie. Sy persoonlikheid staan my nie aan nie. Hy lyk vir my na n koue mens sonder emosie.Hier is maar seker weer geld betrokke. Juanita het hom op die map geplaas. En as hy wel by AIG gaan optree, sal ek hom boooooo.!!! Drop jou hofsaak en doen meer vir AFRIKAANS.Werk eerder saam vir AFRIKAANS!!!!!

FM ·

En dit sal ook goed wees as Zoid nie genooi word nie. Sy bied n kamtige Afrikaanse program, maar is meer engels. Sy weet nie wat sy wil hê nie.Haar program op kyknet??Ek weet nie?

Schalk ·

“Juanita het hom op die map geplaas” – Rêrig? – Ek kan nie glo wat ek sien nie! – Hierdie twee is albei sterre in eie reg…. om selfs net te suggereer dat die een ‘n groot invloed op die ander se loopbaan het of gehad het, is myns insiens, ‘n reflektering van onkunde oor Afrikaanse musiek!

Teleurgesteld ·

Ons was by al die vorige Afr is groot konserte. 2016 was n reuse teleurstelling! Theuns, Johan Vorster, Eden, Robbie Wessels ons het jul gemis. Dis nou n 2de Skouspel. Zoid, Dozi en Heuwels Fantasties moet asb verder van my gaan met hul sang. Die Afrikaanse gevoel van die konsert het verlore gegaan!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.