Theuns Jordaan verloor AIG-hofsaak

Foto: Facebook/Theuns Jordaan

Foto: Facebook/Theuns Jordaan

Theuns Jordaan het Donderdag sy hofsaak teen die organiseerders van die Afrikaans is Groot-konsert verloor.

Die sanger se aansoek om weer by dié konsert op te tree, is van die hand gewys. Die konsert sal dus vanjaar sonder die sanger voortgaan.

Werner Lüdertiz, Afrikaans is Groot se regsverteenwoordiger, het Donderdag dié nuus aan Maroela Media bevestig.

Maroela Media het vroeër berig kaartjiehouers is warm onder die kraag nadat die sanger vroeër in Oktober op sosiale media aangekondig het dat hy waarskynlik nié by die konsert gaan optree nie, ten spyte daarvan dat kaartjiehouers optredes deur Jordaan beloof is.

Jordaan het op 19 Oktober in ʼn verklaring bevestig dat hy die organiseerders van dié konsert voor die hof daag.

Lüdertiz sê ʼn kontrak is reeds in Maart vanjaar aan Jordaan gestuur, maar hy het dit eers in September aan die organiseerders teruggestuur.

Hy het dié kontrak egter met die voorwaardes onderteken dat hy die konsert se finansiële boeke kan sien en met die twee direkteure vergader.

“Hy het gesê dat hy slegs by die konsert sal optree indien daar aan sy voorwaardes voldoen word. Die organiseerders was bereid om die finansiële boeke te wys, maar aangesien die direkteure nie beskikbaar was op sy datums nie, is daar nie aan sy voorwaardes voldoen nie,” het hy gesê.

Jordaan is glo genader om afstand te doen van dié voorwaardes en steeds by die konsert op te tree, maar hy het glo nie belang gestel nie.

Lüdertiz sê verder die kontrak is as ongeldig deur die hooggeregshof bestempel omdat die voorwaardes wat hy gemaak het nie nagekom is nie.

Brendon Hargroves, ʼn Afrikaans is Groot-bestuurder, het bevestig Jordaan sal nie by vanjaar se konsert optree nie. Hy wou egter nie onmiddellik kommentaar lewer oor presies waarom Jordaan met die direkteure wou vergader nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Koos1 ·

twakkies, iets soos Andre Swarts se treffer “Ek wil jou nooit weer sien”?

pietie ·

‘swaar dra al aan die een kant’ of ‘vat jou goed en trek ferreira’?

Buitestander ·

Jy is dood reg Thea.
Hoop nie hulle dien weer ‘n optrede vir hom aan nie.

Vark ·

Nou vir wat wil hy in die boeke kyk ?
Hy word betaal en dis dit – dis besigheid

Ons sal HOM beslis nie mis nie – inteendeel ek mis nog altyd sy konserte LOL

Maretha Wiese ·

Ek HOU NIE van hom nie. Hy is geldgierig en basta met die res. Daar is soveel meer nederige sangers wat ek eerder ondersteun, als draai vir hom oor geld, ek verstaan hy is ook ‘n besigheidsman want hy moet lewe maar genade waar stop dit, miskien leer hy nou ‘n les, hy is afhanklik van sy luisteraars en met so houding. En dit is nie die eerste keer wat hy die nuus haal oor die woordtjie “geld” nie!

Johan ·

As jy wil demand gaan jy uitloose…..dit gaan nogsteeds goeie konsert wees…….alles draai nie om Theuns nie……hy gaan net in elk geval al sy ou liedjies sing……..n mens kan net soveel na die liedjie soos bloed luister……dit raak nou bietjie lang in die tand……..

Dina Erasmus ·

Hoog tyd. Ons is al soooo moeg vir die selfde sangers oor en oor. Ons soek nuwe bloed. Daar is baie nuwe sangers wat baie beter is as die ou gardes. Maar neeeeee ons hak vas by die oues!

CAV ·

Wonder wat sal die rede wees hoekom hy eers die ” boeke” wou sien – dalk wou hy meer geld hê. En al Maart kontrak gekry, en September eers gestuur. Dis regtig jammer, want ek geniet Theuns nogals

Riaan Redelinghuys ·

“Dis verby, net voor die storm kom.
Ons altwee moet aangaan, ons sal eendag verstaan”

TDW ·

Hy het ieg geen verhoogspersoonlikheid nie en AL sy liedjies klink dieselfde. Ek was nog nooit mal oor die sanger nie

Jaap ·

Net soos Steve, sal Theuns aangaan en steeds suksesvol wees. Hy is demn goed en kan die masjien self opkom.

Sannie ·

jy weet waarvan jy praat AIG is eintlik die verloorders,al hierdie mense wat teem het nie smaak nie en ek voel hulle het die reg om so te wees,hoekom wil jy nou vir minder settle?

Johann ·

#theunsmoetval. Oops…hyt kla neergejanter. Oor sy eie selfvoldaandheid. Beste van n konsert sonder Theuns is juis dit. Sonder hom…sels sy eie konsert in my opinie beter sonder hom! Nou wonder ek net wat gaan die volgende aandag foefie wees? Shame…

hoe nou ·

En toe het die storm gekom. Ai ai verstaan nie sy probleem. Sy tyd is verby

LIZETTE ·

Hy het nie met nuwe liedjies gekom nie, vir jare hoor ons al bloed… Ens

wilma ·

Almal het die gawe om te sing. Sterte Theuns. N man na aan my hart

Thinus ·

Dis wat gebeur as jy dink jy is die Kat se snor.
Verseker sal ons hom nie mis by die konsert nie.
Theuns se ‘sell-by-date’ is lankal verby

Carolina ·

Gaan nie my polse sny nie. het nog nooit van hom gehou nie. Wonder of hy kan smile. Daar is baie ander wat te graag daar sal wil optree.

Neilia ·

Mense oordeel gou ek is geleër daar is drie kante van elke saak. Myne , joune en die waarheid. Wie se aig betaal sangers te min nie. Waarheid sal wel uitkom. Die land mos lief vir skinder.

Tittertjie, my muse ·

Nou weet hy hoe moes Gert gevoel het, toe Gert bietjie in die boeke wou kyk, en hy wat Theuns was so verontwaardig was. Dis lekker as iemand anders die vrugte van jou harde werk pluk, of hoe Theuns? As hulle oes wat jy geplant het, en met hulle duur motors na hulle mansions toe ry, omring deur vriende en alles wat nice is in die lewe, terwyl jy buite in die donker sit? Is dit lekker Theuns? So nou weet jy, net soos jy, sal Afrikaans is groot ook tot ‘n val kom. What goes around, comes around.

Jc ·

Ja Johanna. Ek stem saam. Die ou kan sing. Dit is min wat sy kaliber stem het. So is daar n gawe vir elkeen gegee.

Jeanetta Taljaard ·

Ek sou hom in sy peetjie gestuur het as hy net die boeke wou sien. Sou nie nog met hom onderhandel het nie. Die probleem is, hy is nie Steve nie en het ook nie Steve se persoonlikheid nie. Het nog nooit gelees van enige ander sanger wat sulke eise het nie. Belaglik!!!!!

Helena ·

Hy moes nooit vir Gertjie ‘n mielie in die hall gerol het nie. Hy kon ten minste net sy waardering en dankbaarheid teenoor Gert gewys het. Net ‘n dankie. Maar nee, gee toe vir hom die middelvinger. Nou as jy vir iemand ‘n graf grawe kan jy maar vir jouself ook een reg langs daai graf grawe.

Milan ·

Hoogste bome vang die meeste wind, maar val ook die verste.

ferdie ·

Dis nou ‘n jammer Theuns, hoekom verwyder hulle nie liewers Steve van die lys af nie, hy is lankal verby die “sell by date”, sy musiek, veral Pampoen en Blou Bul is nou al so afgesaag as ek dit op TV sien, verander ek sommer die kanaal. Staan sterk Theuns, jou ondersteuners staan penvas agter jou

Gerbrandt ·

Dis wat jy kry as jy dink jy is groter as Afrikaanse musiek!! Vat hom flaffie!!

Buitestander ·

Hy het nou self die kraan van inkomste toe gedaai!
Wie sal hom nou nooi vir ‘n optrede?

Koos B ·

Ek was ook op ‘n tyd windgat en het hard aarde toe gekom en geleer jy is nie als waarom die lewe draai nie.Hoop hy kan dieselfde doen.

Saartjie ·

Oppas om te veel van ‘n diva te wees, so word ‘n mens divert. As mens eers begin grootkop kry en dink jy kan die kitaarslaan, dan breek daardie kitaarsnare makliker en vinniger as wat jy dink. Tatta Theunsie, another one bites the dust, soos Steve wat te veel druk op Skouspel geplaas het.

GPC ·

Het dit al 20 jaar terug gesien toe hy nog in Hatfield by kuierplekke opgetree het. Hy het aangebied om requests te doen. Toe ek hom vra vir een het hy kortaf nee gese. Van sy songs is okay, maar het nog nooit ‘n album gekoop nie. Lyk nie of ek ‘n fout gemaak het nie.

Corra ·

Almal wat hier so oordeel, ek hoop julle voel nou “goed” ! Al sing Theuns ‘Beautiful in Baufordwes’ en ‘Soos bloed’ nog ñ miljoen keer sal dit nogsteeds mooi bly!!!! Het julle al daaraan gedink dat die meerderheid aandeel-houer ñ nie-blanke is wat so hele ruk terug aig besit? Dit was ook op sosiale media geplaas as ek dit nie mis het nie. Help my reg as ek verkeerd is asb. Punt is nou dat Theuns die boeke wil sien, nou word hy sommer met woorde gestenig oor sy hele lewe?! Hoe van julle darem hier met julle gewete kan saam lewe is ñ ope vraag…..
Theuns, jy het jou redes hoekom jy die boeke van aig aangevra het. Mag ons Hemelse Vader al die sangers ryklik seën. Amen.

Klipsteen ·

Corra, jy’t nagelaat om te se^:

“Al sing Theuns GERT se Beautiful in Beafortwes SONDER om vir GERT ENIGIETS daarvoor te betaal…”

Theuns is ongelukkig slegs ‘n celebrity, maar GERT is ‘n Kunstenaar.

Kunstenaars het substans, celebrities is spookasem.

Gezina Uys ·

Volgens my het geregtigheid vandag NIE geseëvier nie! Theuns moes op die program van AIG gewees het! Hy het immers tog wel geteken! Dit was die direkteure (sekerlik aangemoedig deur die bestuur van AIG) wat nie met hom wou vergader nie! Sekerlik is dit nie die einde van die saak nie. Ek hoop Theuns sal nou verder ingaan op die saak en dat almal later hul oordeel sal moet sluk. Vir my en talle mense gaan vanjaar se konsert nou ‘n afgewaterde een wees. Theuns was ons grootse trekpleister! Aan Theuns wil ek net sê; Sterkte, wie laaste lag, lag die lekkerste!

Cherokee ·

Theuns, dit was dalk nodig om jou bietjie terug te bring aarde toe. Toe ek jou naam sien het ek eers gedink jy speel gholf maar nou lei ek af jy sing. Soos Sina Uys gesê het, AIG lag toe laaste en lekkerste. Beskeidenheid is die manier om te doen.

Weet Niks ·

Wanneer ek in venootskap met iemamd gaan, wil ek immers die boeke sien en weet wat aangaan. Ek gaan beslis nie in n venootskap en kry niks daaruit terwyl die venoot wat agteroorsit alles pocket nie. Kunstenaars in SA doen al die werk.en die sleeping partner pocket.

Raggs ·

Duidelik het jy nog nie met Jordaan agter die skerms te doen gehad nie. Hy is ‘n buffel en dink die wêreld draai om hom, en sy ‘demands’ as dit kom by sy verblyf en wie hom mag sien en wie met hom mag praat is belaglik. Vind eers mooi uit oor die persoon wat almal op ‘n troon sit, voor julle ander wil beskuldig.

Hendrik ·

Hahahahaha Kunstenaar skilder. Hierdie is vermaakliksheidssangers . Is tyd dat hy aarde toe kom. Ek koop in elk geval nie afrikaanse musiek nie. Gaan oog nie na feeste toe nie. As dit nou KiD Rock was sou ek gaan.

Shirley Wassenaar ·

Ek weet nie hoekom sommige mense Steve se naam oral moet inbring nie, hy is nie hier ter sprake nie. Hy is n legende en het n wonderlike “stage personality” hoekom moet hulle hom met Teuns vergelyk. LOS HOM UIT.

Nefie ·

Nog altyd van Theuns se musiek gehou, maar met so houding gaan ek hom nie mis nie. Ons het nie mense nodig wat sulke verdeeldheid bring met hulle egos nie.

Pieter Pille ·

Shirley jy is volkome reg, Steve is geensins ter sprake nie, maar nee die klomp hierbo wil net kritisseer. Theuns ek dink jy het die volste reg gehad om te wou sien wat die kontrak behels. Die “fatcats” wil net terug sit en inpalm.

Elsjé ·

Snaaks….as ek sê nou maar n haarkapster was…en ek help kindersorg met gratis dienste vir kleintjies se hare en sny hare op my af naweke vir vriende en familie en minder bevooregtes, gaan ek ook na verloop van tyd eers wil weet of iemand my gaan betaal voor ek enige werk gaan verrig. Hul doen genoeg liefdadigheids werk, ek sien niks daarmee verkeerd as hy dalk uit n vorige tekortkoming geleer het en nou net wil weet dat hy definitief betaal sal word nie. Ek sal glad nie daarvan hou om maand na maand sonder betaling te werk nie, glad nie!

Luisteraar ·

Ek stem saam… Theuns as mede stigterslid van AIG was geregtig daarop om die boeke te sien. AIG het ook hulself skuldig gemaak aan valse reklame deur te adverteer dat hy by die konserte sal optree sonder dat hulle self seker was daarvan (siende daar geen kontrak nog geteken was nie). Dit het daartoe gelei dat van sy aanhangers kaartjies vir ‘n konsert gekoop het omdat hy in die reklame veldtog beloof was om op te tree en daardeur kaartjieverkope opgestoot het. Sy aanhangers gaan steeds die konserte bywoon want hulle moes ten duurste vir die kaartjies betaal en daardeur maak AIG steeds hulle geld en verloor niks in die proses nie.
Wat sy persoonlikheid aanbetref, mense kan nie praat wat nie al self sy konserte bygewoon het nie. Hy het ‘n baie aangename verhoog-persoonlikheid en sy musiek is briljant. Ook kan ek getuig dat hy van die verhoog af ‘n baie aangename mens is.
Mag hy nog baie jare se voorspoed beleef en aan ons genot gee om na sy musiek te kan luister…

Thinus ·

Theuns as mede stigterslid van AIG? Ek dink nie so nie. Dit was Steven en die Coleskes….

Luisteraar ·

Jammer, maar jy is verkeerd. .. sien die artikel op huisgenoot se blad van 20 Oktober waarin Theuns se aanhaling uit die hofstukke dit duidelik stel dat as stigterslid hy die reg het daartoe.

Pierre ·

Thea jy is doodreg ! Van die sangers dink hulle hoort op n troon .

Stan ·

Hy het miljoene gemaak uit ander mense se werk! Die wiel draai.

Loaded dice ·

Jy het die dice gegooi, en die dice was loaded. Organise maar vir jou ‘n gig in ‘n pub & grill somewhere.

Soen ·

Noudat teuns munte nie meer by Afrikaans is groot gaan sing nie sal ek met graagte daarheen gaan.

Retha ·

Hy het sonder AIG geklim tot bo, ek glo hy sal kan aangaan op sy eie en nog n organisasie stig.

Cherokee ·

Tot bo sê Jy? Wat laat jou dink hy is ‘bo’? Daar is dan mense (soos ek) wat nou vir die eerste keer sy naam hoor en sien. Ons weet nie eens wie hy is nie.

Christine ·

Of dit nou theuns jordaan is of steve hofmyer, altwee is awesome suid afrikaanse sangers en verdien om op n troontjie geplaas te word. los sommer altwee van hulle uit. hulle lewer n groot bydra in SA musiek . en hulle musiek dreun van soggens tot saans in my huis , en ek bestempel myself as n mens met baie goeie musiek smaak. Almal het altyd n eiertjie te le, sensasie soekers. Mense se persoonlike sake gaan inelkgeval niemand aan nie. dis n saak tussen Theuns en die ander betrokkenes. Hy het ook seker sy redes hoekom hy die boeke wou sien.

Christine ·

Ai.. nou is die kollig bietjie verskuif van steve af na theuns toe.. liewe vader mensdom hou op oordeel , dis inelkgeval nie julle besigheid nie. Theuns ken seker sy regte. button your mouths.

Jaffa ·

Hy wou die CD en DVD verkope se winste sien, soos ek verstaan. Sodat hy seker sy regmatige deel daarvan kan eis. Waarop hy geregtig is. Dit maak AIG baie verdag in my boekies. Ander sangers moet dalk ondersoek instel.

Johan ·

Stem saam hier, indien die kontrak so lees dat hy n persentasie omset betaling sou kry is dit meer as reg dat jy aandring om die boeke te sien.

Dit sou dwaas wees om nie daarop aan te dring nie. Jammer so baie mense word aan hul neus rondgely in die lewe. Soos beeste na en van die kosbak…..

Vra my ek weet ·

Stem saam Jaffa….hy deel in sekere van die CD ens se verkope en geregtig om dit te sien. As ek hy is sal ek n nuwe aansoek doen om AIG te beveel om die boeke ”oop te gooi”

Verder dink ek dit is net n kwessie van tyd voordat mese soos Steve en Juanita dieselfde vrae gaan vra….

Gaan ons weer vanjaar n ”Van Jaarsveld” AIG show sien soos in die verlede ? Vir my was dit boring……..

Jan ·

Al sy goed klink dieselfde. Dink hy nou hy is die dam onder die eend?

Gielie Hill ·

Dit is vir my jammer dat daar altyd sulke probleme tussen ons mense moet wees. Kan die probleme nie in privaat hoedanighede opgeklaar word sonder om die pers te betrek nie. Die pers soek sensasie en kan nie altyd geglo word nie. Al wat gebeur is, Afrikaanse musiek ly skade.

Rocky Bell ·

Wat ‘n arrogante en verwaande vent. Nog nooit van hom gehou nie. Soveel beter sangers, vat maar Wynand en Adam Tas.

Koeitjie ·

soos Bobby se een liedjie sê: “So klim af van daai troontjie af want jy gaan eendag val ”
JY het geval Theuns.

Hermann ·

dit is verstommend om op te merk hoeveel mense teen Theuns draai ons almal het sy musiek “gelike” ( lang pad ry, om braivleis vure, land arm dans ens.) maar nou word hy “ge-dislike” nee mense AIG het die geld vark geword gaan kyk na hulle boeke dan praat ons weer – dit daar gelaat –

FM ·

Met so n koue persoonlikheid is ek verbaas dat Theunsie so ver gekom het met sy sang. Onse Steve het sjarme en n verhoogpersoonlikheid wat ander sangers nie het nie. Steve kan sy gehore vermaak en hulle hang aan sy lippe. En kyk wat doen Steve vir Afrikaans, baie baie. Kan Theuns lag?? Ek dink die geldgogga het vir het vir Theuns gebyt. Sorry Theuns, vra om verskoning en ons sal jou vergewe . Jy moes in die eerste plek nie sover gegaan het om die hof te nader nie. Net daar het baie, baie van ons n gly in jou gevang. Sterkte en jammer vir jou. Jammer om te hoor!!GAAN GROOT. AFRIKAANS IS GROOT. VIVA ONS AFRIKAANSE SANGERS!!!!!!

Elize ·

Waar daar ‘n rokie is, moet daar ‘n vuurtjie wees.
Dalk moet iemand maar bietjie na die boeke kyk

Marlene ·

Theuns het wel n houding aan hom, maar sing kan hy, en as stigterslid het hy die volste reg om die boeke te sien, want soos baie uitgewers, roof hulle die sangers, wat Gert aan betref, hy het sy song opgeneem, en toe vir Theuns toestemming gegee , dit is nie Theuns se skuld dat die publiek meer van sy weergawe gehou het nie, Gert is n goeie skrywer, maar ongelukkig het hy n groot probleem, en wil nou in die lug visvang, laat my te veel dink aan die huidige politiek, as jy nie n sukses van iets maak nie, kry apartheid die skuld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.