Theuns sê ‘dankie’ midde gesondheidstryd

Foto: Facebook/Theuns Jordaan

Die sanger Theuns Jordaan het Woensdag aanhangers op sy Facebook-blad bedank vir hul gebede te midde sy gesondheidstryd en gesê dat dit “goed gaan” met sy gesondheid.

Jordaan, wat in Maart vanjaar gerugte dat hy in ʼn hospitaal opgeneem is in die kiem gesmoor het, het Woensdag gesê hy is nou “in remissie en sterk steeds tuis aan”.

Leukemie is in September verlede jaar by die sanger gediagnoseer en hy ontvang sedertdien chemoterapie.

“Ons wil net weereens baie dankie sê aan elkeen van julle wat Theuns bystaan in hierdie tyd met die pad wat hy stap [sic],” lui die inskrywing.

“Dankie vir al die mooi wense en boodskappe wat julle vir Theuns stuur en op sy page post. Ons wil ook graag dankie sê vir almal wat hom ondersteun op al die digitale platforms.”

Jordaan het op 5 Maart ʼn beenmurgoorplanting ondergaan. “Ons wil baie dankie sê vir al die tyd wat julle in gebed spandeer, elke ondersteuningsgebed maak ʼn groot verskil.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Duck ·

Kom ou Theunsie, byt vas ou boer klong, met geloof en deursettings vermoè sal jy die sukses vrugte pluk….soos jy sè “soos bloed” so is jy vir “ons”.

Connie ·

Theuns hou net vas aan die Here se genade en Hy sal jou deur trek. So dankbaar jy is nou in remissie, dankie ABBA Vader. Jou liedjies is vir ons “soos bloed” my en my man se liedjie. Ons bid vir jou.

anko ·

Dis goeie nuus. Sterkte vir die toekoms. Sien uit na ‘n nuwe CD asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.