Theuns Stofberg se 10 dae oue kleindogter sterf

Adri en Theunis Stofberg jnr ná Alné se geboorte. Foto: Verkaf aan Rekord Centurion

Adri en Theunis Stofberg jnr ná Alné se geboorte. Foto: Verkaf aan Rekord Centurion

Die oud-Springbokrugbykaptein, Theuns Stofberg, en sy familie is in rou nadat sy kleindogter 10 dae ná haar geboorte glo weens breinsvliesontsteking gesterf het, het Rekord Centurion Donderdag berig.

“Of mens nou 70 jaar of 10 dae oud word, die lewe is in ’n oogwink verby,” het Stofberg aan die koerant gesê.

Sy kleindogter, Alné, is op 4 Maart gebore. Sy is haar ma en pa, Adri en Theunis Stofberg, se eersteling. Alné is ʼn week na haar geboorte na die Unitas-hospitaal in Centurion geneem en is daar met breinsvliesontsteking gediagnoseer. Sy is Vrydag oorlede.

ʼn Hartseer Stofberg het aan Rekord gesê dat die familie darem die kans gehad het om tot die einde toe by haar kon wees.

Alné is Dinsdag begrawe. Lees meer hier.

Bron: Rekord Centurion

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sonja ·

So jammer vir die familie! Ongelukkig het ek self gesien hoe sleg die sorg is in ICU by Unitas. My pa is amper dood daar agv hulle nalatigheid. Ons is later vertel dat hulle bekend is vir hulle kinder en bejaarde lewens verlies want daardie ouderdoms groepe oorleef nie die nalatigheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.