Thohoyandou-moord: Dokter se naam bekend

Dr. Ndivhuwo Mudau. Foto verskaf deur SAPD

Dr. Ndivhuwo Mudau. Foto verskaf deur SAPD

Die polisie in Limpopo het Sondag die naam bekendgemaak van die dokter wat gesoek word in verband met die moord op ʼn 25-jarige vrou wie se liggaam in ʼn huis op ʼn hospitaalperseel in die Thohoyandou-gebied gevind is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie kon steeds nie daarin slaag om dr. Ndivhuwo Mudau op te spoor nie. Mense met meer inligting oor waar hy hom bevind, word versoek om na vore te kom.

“Die verdagte in die saak is steeds op vrye voet en die polisie se soektog duur voort. Ons glo Mudau kan ons bystaan in ons ondersoek en hy word versoek om hom by die naaste polisiestasie aan te meld,” het Ngoepe gesê.

Maroela Media het vroeër berig Refilwe Makoma Masinamela se liggaam is omstreeks 19:00 Vrydag in die huis op die terrein van die Tshilidzini-hospitaal net buite Thohoyandou gevind. Sy het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad. Ngoepe het vroeër gesê sy is Maandag laas lewend gesien en hoewel die motief vir die moord nog nie bekend is nie, kan huishoudelike geweld nie uitgeskakel word nie.

Enigiemand met meer inligting oor die saak word versoek om die Thohoyandou-polisie by 082 451 7217 of Crime Stop by 086 001 0111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan Griesel ·

Wonder hoeveel hy betaal het vir sy DR graad? Seker nie baie…

KarooKlong ·

Ken iemand dalk die uitleg van hierdie handgebare wat op hierdie etniese fotos verskyn?

E.K. ·

Daar word nêrens gemeld hy is van Kuba en ek glo ook nie met so ‘n van nie…

Theresa ·

Dalk iewers hier op kampusse besig om te help??
Waarom is die dr so soek? As hy weet hy kan help met die saak, waarom is hy nie te vinde nie?
Dokters is sekerlik nie almal “suur”nie – maar so bietjie verspot hierdie vir die aansien wat hul moet uitstraal. Maar nou ja, die Staatspresident doen orals waar hy wil ‘n riel en giggel onophoudelik – so dis sekermaar vir sommiges die norm. Hoop die hulp kom spoedig dat die moordenaar vasgetrek kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.