Thomas Ferreira: Blouglig-bestuurder gevonnis

Joseph Motsamai Semitjie  tydens Woensdag se vonnisverrigtinge. Foto: Werner Beukes/SAPA

Joseph Motsamai Semitjie tydens Woensdag se vonnisverrigtinge. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die blouligbestuurder wat Thomas Ferreira in November 2011 van sy motorfiets af gery en sy lewe “vernietig” het, is Woensdag in die Krugersdorp-landdroshof gevonnis.

Landdros Abdul Khan het Motsamai Semitjie tot effektiewelik vyf jaar tronkstraf gevonnis. Semitjie is op die eerste klag van roekelose of nalatige bestuur tot vier jaar tronkstraf gevonnis. Die helfte van dié vonnis is vir vier jaar opgeskort.

Semitjie is op die ander twee aanklagte, wat verband hou met sy versuim om op die ongelukstoneel stil te hou en hulp te verskaf, tot drie jaar tronkstraf gevonnis. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

“Jy het ʼn besige kruising binnegegaan sonder om seker te maak dit is veilig… jy het die lewens van ander in gevaar gestel en ʼn jong man se lewe is vernietig. Soos die staatsaanklaer gesê het, jong Ferreira se lewe het daardie dag tot ʼn einde gekom.”

Thomas Ferreira voor die ongeluk

Thomas Ferreira voor die ongeluk

Khan het gesê die vonnis moet as ʼn afskrikmiddel dien vir ander padgebruikers wat die wet wil oortree. “Die samelewing en alle padgebruikers moet verstaan dat verkeersoortredings nie klein oortredings is nie. Dit is kriminele oortredings net soos moord, roof en diefstal.”

Khan het gesê Ferreira sal vir die res van sy lewe terapie moet ontvang en medikasie moet gebruik. Volgens Khan het Semitjie nie berou getoon vir sy dade nie. “Jy het almal blameer behalwe jouself. Jy het vir Ferreira blameer, terwyl jy versuim het om seker te maak dis veilig voor jy ʼn besige kruising binnegegaan het. Jy het nie die sirene aangeskakel nie en klaarblyklik, selfs as ʼn opgeleide polisiebeampte, het jy nie aan die Padverkeerswet voldoen nie.”

Semitjie is op 3 Desember 2013 daaraan skuldig bevind dat hy Ferreira van sy motorfiets af gery het. Hy het in November 2011 die ampsmotor van Humphrey Mmemezi, destydse Gautengse LUR vir plaaslike regering en behuising, bestuur en glo ʼn rooi verkeerslig verontagsaam toe hy Ferreira (toe 18 jaar oud) se motorfiets getref het.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

ladybug ·

Daai “baas” van hom moet ook saam in die beskuldigde bank staan, want hy is net so aandadig aan hierdie ongeluk as die bestuurder self!

Anoniem ·

Ek stem volkome saam met jou ladybug. 10 teen 1 het die LUR hom die opdrag gegee om te jaag

Christo ·

Ons het oor die laaste paar jaar tot die besef gekom dat “nuwe suid afrika MENSE” NIE DIE PADREELS KEN OF NAKOM NIE.
Ons het ook blankes wat maklik afgradeer na hulle denk wyse-so jammer ons het nie meer die GUTS om te staan vir wat reg is nie.
Ek is jammer vir die pyn en lyding wat die famielie moet deur maak, ek weet wat dit is, ek het n kind verloor as gevolg van n “taxi” on geluk.
Die straf wat die ou opgele is , is maar baie lig——–wat se die wet wat is die regte straf? –of is daar nie meer n wet nie.????

Neptunus ·

“Ons het ook blankes wat maklik afgradeer…”

Ek weet nie waar jy bly nie, maar waar ek woon oortree die meeste 90% blankes die padverkeersregulasies. Stop nie by stopstrate nie, kinders staan op die sitplek, selfoon teen die oor ensovoorts. Een van hulle kon netsowel hierdie seun omgery het.

Theresa ·

Ongeag wat. Hulle sal nogsteeds doen wat hulle wil. Jy sien dit elke liewe dag op die paaie. Eie padreëls, eie wys. “Ek sal doen wat ek wil-mentaliteit”

SNEL ·

Dis bitter teleurstellend, hierdie straf is nie naastenby geregverdig vir dit wat die Ferreira familie daagliks moet deur maak nie, om te sien hoe hulle eens volmaakte kind nou n agterstand het as gevolg van die feit dat daar net niks gevoel was vir mede-pasgebruikers nie. Ek dink hierdie ouers is teen die grond met die simpel straf, dis mos nie n straf vir so daad nie, of hoe? Hy lag man, oor n kort rukkie is hy uit. Dis belaglik, die regstelsel stink!!!! My hart gaan uit na die Ferreira gesin en kyk soos Christo hier bo, hoeveel het nie al n geliefde so verloor nie. Sterkte aan Julle!!!

Riaan Slabbert ·

My seuntjie stoei. Aan die begin van verlede jaar, het daar n swart seun begin stoei. Toevallig bly hulle naby ons en die swart seun se pa het ons eendag langs die pad gekry waar ons besig was om padwerk te doen. Hy het gevra of hy sy seun, op die dae waneer daar nie oefening by die klub is nie, na ons toe mag bring om saam met my seun te oefen. Sy seun is regtig n harde werker en het baie goed gevorder. My vrou is ons klub se spanbestuurder en uit die aard van die saak, het ons baie met die mense te doen gekry. Ek het die seun se pa leer ken as n eerlike en hulpvaardige man. Toevallig is hy ook n polisieman. Op n keer het ek probleme met die gereg ondervind en daardie man het uit sy pad gegaan om my te help en vir my baie probleme voorkom. Ek volg die Thomas-saak al lank, en het gehoop die blerrie rioolbaber word vir altyd toegesluit. Groot….BAIE groot…was my verbasing, toe ek Desember uitvind daardie blouligbestuurder, en my swart polisievriend is….dieSELFDE man. Ek is nie iemand wat verskonings maak vir hulle gemors nie, maar bitter min mense weet wat werklik daardie dag gebeur het. Die bestuurder het (soos Ladybug en Vattieakkie genoem het) volgens uitdruklike instruksies opgetree. Hy het met blou ligte en sirene die kruising genader, snelheid verminder en toe die motors (vir wie die lig groen was) stop, die kruising igegaan. My INNIGE meegevoel met Thomas en sy famielie. Die feit is egter dat Thomas met sy scooter tussen die stilstaande voertuie deurgery het die kruising in en dat HY teen die blouligmotor vasgery het en nie deur die motor getref is, soos deur die media beweer word nie. Niemand wat daardie bestuurder nie ken nie, het enige idee waardeur hy en sy gesin die afgelope twee jaar deur is nie.

Judy ·

Riaan Slabbert. Hoekom het jou goeie vriend nie die kind probeer help nie. Die hof het bepaal sy sirene was nie aan nie So al die ander getuies jok en jou vriend praat die waarheid. Wonder as dit jou seun was????????? Gaan lees asb die berig!!!!!!

Asjas ·

Hi Riaan, dit wat jy hierbo se klink heel geloofwaardig. Ek sien immers elke dag hoe kinders op motor fietse roekeloos jaag en wheelies voor die skool maak. Wat my egter pla is die feit dat hy weg gejaag het toe ‘n kind ernstig beseer is en as dit wat jy hierbo beskryf is wat gebeur het, hoekom het dit nie in die hofsaak uitgekom nie? Meskien as hy op die ongelukstoneel gebly het sou iemand namens hom getuig het? Almal maak foute, verloor konsentrasie vir ‘n oomblik en dinge loop lelik skeef.
Dankie dat jy vir jou vriend opgestaan het ten spyte van al die negatiewe kritiek wat jy nou gaan moet verduur, maar nes jy koppel ek nie ‘n kleur aan my vriende nie en staan by hulle deur dik en dun. Daardie seun gaan jul hulp nou meer as ooit voorheen benodig anders gaan hy ook uitdraai soos baie ander wat deur mense in die steek gelaat was.

Judy ·

Asjas. Jy praat nou in sirkels. Hierdie gaan nie oor kleur nie. Hierdie gaan oor n kind en sy ouers wie se lewe verwoes is. Onthou as jy n helmet dra kan jy nie n sirene hoor nie (as dit wel aan was) Hoekom moet die blouligte jaag. Die ministers kan net soos ons belasting betalers wat hulle 4×4’s betaal vroeer opstaan dan is hulle betyds. Ek hoop Thomas vat hom siviel aan. Want betoon geen berou. Baie keer se ek vir my kinders maak gou. Beteken nie jaag oor n rooilig nie. Die bestuurder het n mags gevoel gehad en dit misbruik. Dan le hy nog n klag teen die seun. Hoop dat nie jou of Riaan se kind dit ooit mag oorkom nie. Stem saam met Dave Riaan is nie eens die kommentaar waardig nie, So is jy Asjas ook nie die kommentaar waardig nie!

Neptunus ·

Baie insiggewende kommentaar Riaan. Net een ding wat mens bekommer, dat ‘n polisieman jou “help” as jy probleme met die gereg ervaar en sodoende vir jou “baie probleme” voorkom het. Dit klink nogal vreemd, terwyl jy so reguit praat, kan jy verduidelik hoe dit werk dat ‘n polisiebeampte mens kan bystaan as jy probleme met die gereg het? So as mens nie ‘n persoonlike band met ‘n polisieman het, wat uit sy pad gaan om te “help” nie, gaan mens probleme met die gereg hê?

Riaan Slabbert ·

Neptunus, ek verstaa jou vraag. Die probleem waarmee hy my hehelp het, was JUIS met korupte beamptes. En dis ongelukkig ook n feit dat hy my gehelp het omdat hy my ken, en dat en nie geholpe kon raak deur die “regte” kanale nie. Dis egter nie van toepassing op die feite van die hofsaak nie. Ek het dit slegs ter sprake gebring om daarop te wys dat hy GEENSINS die “geen berou, gevoellose ” mens is waarvoor die media (en breinlose komentators soos Dave en Judy) hom uitskel nie.

Louis ·

Wat is die bepalings en voorwaardes Maroela ek is Gat vol vir julle wat heeltyd se ons volg nie die voorwaardes nie . Se net vir my dan stop ek my maandelikse bydrae aan Soli

Sune van Heerden ·

Dagsê Louis

Ek het vir jou ‘n e-pos gestuur om jou navraag te beantwoord.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sarie ·

Ons regsstelsel is pateties,daai kind se lewe is daarmee heen,al wat die man kry is Vyfjaar.
Het julle gesien as dit nou anders om was?

Sune van Heerden ·

Dagsê Anette

Dit is die woord wat die landdros gebruik het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

lizanne van wyk ·

Ons was oog getuies van die ongeluk. My opinie is dat die bestuurder nie die enigste een is wat skuld dra nie. Hy het ‘n opdrag uitgevoer maar moes van beter geweet het. Maar ongelukkig moet hy weereens alleen skuld dra namens Suid-Afrika se politici. Mmemezi het lank voor hom die toneel verlaat en daar was absoluut niks fout met hom nie.

Asjas ·

My punt presies, maar as die hele forum nie een kant toe gaan nie word jy uitgeskel as eenvoudig en tot my spelling is ‘n issue! Ek vra nederig om verskoning vir die spel fout Maar ten minste het ek nog nooit iemand persoonlik aangeval of name genoem nie. Ek dink nie ons ken mekaar goed genoeg om so persoonlik te raak nie.

Riaan Slabbert ·

Lizanne, dankie dat jy wel bietjie insig toon. Mense soos Judy en Dave wat iets lees en dit as feite voorhou, sal mens maar oral kry. Die FEIT is dat Thomas NIE op die pad gehoort het nie. Hy het NIE n lisensie nie. Die ander voertuie hetgestop vir die blouligbestuurder. Hoekkom het Thomas tussen hulle deurgery. Die blouligmotor het NIE vir Thomas van die fiets afgery NIE. Thomas het IN DIE MOTOR vasgery. Die bestuurder MOES die LUR se opdragte uitvoer. Hy is NIE n paramedic NIE, en het van die ongeluk weggery omdat hy OPDRAG gekry het om dit te doen. Die ANC beskerm die LUR en Joseph moet maar die pak vat. Een groot voordeel is dat al hoe meer swart mense begin agterkom dat die anc oor hulSELF, en NET oor hulself worrie. Asjas moet jou nie steur aan idiote soos Judy nie. Haar en Dave se ik is heeltemal te laag om te verstaan wat ek se.

Neptunus ·

Dankie Riaan, party mense sien hierdie saak net deur ‘n gekleurde bril. Het nie al hierdie aspekte geken nie. Het sy ouers hom sonder ‘n lisensie laat motorfiets ry, en dit op ‘n openbare pad? Hoop nie dit het gebeur nie? Ek hoop die siviele aksie sal net soveel mediadekking kry, dalk leer die oningeligte leunstoelkenners iets van bydraende nalatigheid. Mense wat hulle kinders inderwaarheid onwettig laat rondry moet eerder hulle monde snoer. So het ‘n regter in ‘n uitspraak al beslis oor ouers wat dit toelaat: “The
conduct of the appellant was, it seems to me, no different in principle from the case of
a person who has control of a dangerous object (eg a firearm, a motor vehicle or a
bottle of poison) and gives such control into the hands of another whom he ought to
know is ill-equipped, by reason of physical or mental infirmity, lack of insight or
self-control, to exercise proper or sufficient supervision over that object to prevent
harm being caused to himself or others.” Mens kan dus net sowel ‘n bottel gif of vuurwapen in jou kind se hand stop as wat jy hom toelaat om onwettig te bestuur. Genoeg gesê.

Cornelius du Rand ·

Die vonnis is skokkend onvanpas en lig. Die probleem is dat die arrogansie van Afrika politisie nie aangespreek word nie. Elke swart BBB politikus jaag daagliks met blou ligte op die land se paaie teen hoë spoed en versuim om te stop by kruisings en stopstrate. Hulle is veronderstel om slegs die padreëls te oortree in noodgevalle en nie altyd soos wat hulle wel doen nie. Ons vervolging gesag keer egter hierdie optrede goed deur nooit hierdie BBB kaders aan te spreek nie maar hulle vrypas te gee om dit daagliks te doen. Die bestuurder het opgetree in opdrag van sy BBB beampte in sy voertuig soos wat hy elke ander dag gedoen het. Die werklike party wat vervolg moes word gaan weer skotvry. Deel van die nuwe omgekeerde appartheid. Die BBB kaders kan maak soos hulle wil en is nie gebonde aan die wette van die land nie.

Dave ·

‘n Klompie jare gelede het ‘n blouligbestuurder selfs op ‘n motoris geskiet en ‘n ongeluk veroorsaak. Ek wonder of ek reg onthou as ek dink dat dit op die N3 was. Wat sou daarvan geword het – kan enigiemand die saak se besonderhede onthou?

Dave ·

‘effektiewelik 5 jaar’. En dàn beskou die landros dit as afskrikwekkende straf! Sunè, was dit werklik efektiewelik 5 jaar? Niemand kon nog ooit aan my die sin in termyne wat samelopend uitgedien word, verduidelik nie.

Delia ·

Foeitog Dave, jou kommentaar op Riaan Slabbert se skrywe, is regtig pateties!

petra van vuuren ·

watse afskrikmiddel??????????????? liewe land! die kind is nou gestrem en die ding kan aangaan met sy patetiese lewe! nee wat! dit beteken die goed kan doen wat hulle wil nou!

lizanne ·

Riaan, jy het die feite verkeerd hy het te vinnig gery dit het ek met my eie oe gesien, sy sirene was nie aan nie. Ons het geen rede gehad om daaroor te jok nie. Ek kan wel vir jou se dat Thomas nie meer die jong opgewekte seun is vandag wat hy was voor die ongeluk nie. Die bestuurder het verkeerd opgetree en hy weet wat die waarheid is. Miskien moet hy eerlik wees met homself die waarheid maak jou vry. Ek voel jammer vir hom maar so ook vir Thomas en sy familie. Almal maak foute dit is wat jy daaruit leer wat saakmaak. Jou vriend en sy familie gaan baie ondersteuning nodig he dit sal wonderlik wees as jy daar sal wees vir hulle.

Dan ·

‘n Uiters skokkend onvanpaste vonnis! Hy gaan drie maande sit en dan op parool vrygelaat word, terwyl daardie kind vir die res van sy lewe gestrem is. Riaan Slabbert, dit blyk dat jou “feite” nie ooreenstem met die getuienis wat in die Hof gelewer was nie. Kuier maar lekker saam met jou vriend, hy is een van die dae weer by die huis

anne ·

Net 5 jaar, dis belaglik. Die kind en sy ouers se lewe is verwoes. Ek hoop ook die ouers maak
‘n siviele saak teen die roekelose bestuurder oop. Riaan kan jy dink wat Thomas se ouers elke dag moet beleef? Jou vriend is een van die dae weer by die huis en kan aangaan met sy lewe ne?
Wat van Thomas?

Riaan Slabbert ·

Ann…ek KAN my nie indink hoe voel Thomas se ouers nie. As dit my seun moes wees…sou ek die skuldige met my kaal hande wou vermoor. Ek het BAIE simpatie met Thomas en soveel MEER met sy ouers. Al wat ek aan jul almal probeer verduidelik, is dat JOSEPH nie die vark in die verhaal is nie, maar wel die LUR op wie se bevel hy opgetree het en daai blixem loop skotvry. En dis ook n FEIT dat Thomas NIE n lisensie het nie. Hy MOES nie op die motorfiets gewees het nie. Dit maak my siek dat mense altyd AL hul probleme op ander se skouers wil pak.

Neptunus ·

Ja toemaar Riaan, as die seun wel sonder lisensie motorfiets gery het en sê nou maar ‘n wit kleuter doodgery het, was almal se reaksie: “Moenie oordeel nie / Net God kan oordeel / Het jy nog nooit ‘n fout gemaak nie? / Ons het almal kanse gevat toe ons jonk was.” Siek samelewing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.