Thuli maak ‘vredesaanbod’ met nuwe OB

Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer  (7 Junie 2016) Foto: AP Photo/Stuart Graham

Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer (7 Junie 2016) Foto: AP Photo/Stuart Graham

Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer, het Vrydag bevestig dat sy R470 000 vir motorherstelwerk en huur van ʼn staatsvoertuig sal terugbetaal.

Die Thuli Madonsela-stigting het in ʼn verklaring gesê Madonsela het aan haar opvolger, adv. Busi Mkhwebane, geskryf waarin sy onderneem om die geld te betaal nadat die motor beskadig is toe Madonsela se seun in 2012 met die luukse voertuig teen ʼn tuinmuur van ʼn huis in Pretoria vasgery het.

Mkhwebane het verlede Donderdag gesê geld is van haar voorganger se uitbetaling afgetrek omdat sy ʼn amptelike voertuig, ʼn BMW X6, bly gebruik het ná haar termyn verstryk het, asook vir skade aan die motor weens die ongeluk.

“Madonsela het dankbaarheid uitgespreek vir die ouditeur-generaal se verklaring dat die motor se herstelwerkkwessie onderhewig is aan ʼn oudit,” het die stigting Vrydag gesê.

Die stigting het die besluit as ʼn vredesaanbod bestempel en dit duidelik gestel dat Madonsela se besluit weens haar “morele kompas” en “etiese oorwegings” gemaak is en nie weens enige regsplig nie.

“Sy bly oortuig dat die wet aan haar kant is met betrekking tot die meriete van die saak én die administratiewe implikasies van die prosesse van die openbare beskermer.”

Madonsela het toegegee dat die geld van haar uitbetaling afgetrek kan word en bygevoeg dat die saak beter hanteer kon word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

WitBlits ·

Ook ‘n goue handdruk soos almal wat by die Staatdiens klaarmaak, want die belastingbetalers het sakke vol geld!

Snedigheid ·

Sy het darem ten minste nog gewerk vir haar geld, nie 1 van die ander kan dit sê nie!

Justice ·

Welgedaan Adv. Madonsela – trek nou maar gerus jou seun se oor en wys hom hoe duur dit is om `n stoutgat kind groot te maak.

Hasie ·

Wonder hoeveel gaan die staat eendag van Jacob Zuma se pensioen aftrek vir die skade wat hy aan SA gedoen het. Ek dink daar gaan niks oorbly nie.

Abraham ·

Braam,
Sit jy rustig?
Thuli het waarskynlik ca R 1.5 miljoen per jaar verdien.
Haar uitkerning kon byna soveel keer as vingers aan jou gewees het.
Omgereken omtrent R 7.5 miljoen.
Die ANC werk in miljoene met swaarverdiende belastingbetalersgeld soos wat jy en ek met honderde of misken duisende Rand doen.
Op n manier gun ek Thuli die geld – sy het goeie werk gedoen. Sy sal die R 470 000 dus waarskynlik nie eens voel nie.

evert louw ·

Die enigste een wat ek n bietjie vertrou het.Nou is dit ook na die MAAN. As sy nou wil vrede maak moet daar nog wees…

Magda ·

Ten minste doen sy die regte ding as dit iemand anders was, was daar nou weer hofsake wat ons belastingbetalings moes betaal het.

Cherokee ·

Die regte ding Magda? Jy praat sonder om te dink. Sy het haar seun die kar laat bestuur, wat sy nie veronderstel was om te doen nie. Wonder hoe oud is haar kind en of hy ‘n bestuurslisensie het. Daarna wou sy gehad het dat die belastingbetaler die byna R½m moes betaal en nou betaal dit net omdat sy gedwing word om dit te doen. En dan noem jy dit die regte ding.

ag asb ·

kry jou feite reg Cherokee jy is mos n fyn observer. die skade was n skamele R37 500 of so iets. is die kar nog n half miljoen werd? die nuwe OB is gerook. vir hoeveel is die biemer nog op hulle boeke?

Pietser ·

Sy het goeie werk gedoen maar mens wonder tog of sy die geld uit vrye wil sou terugbetaal het as sy nie uitgevang was nie. Ek twyfel.

LMF ·

Regte ding om te doen daarna gaan weer vir haar keel en stel die verkeerde dinge reg

jaco ·

voordat julle almal vuur spoeg omdat die Openbare Beskermer se jaarlikse salaris R1.5 miljoen is, hou asseblief net in gedagte dat die parlementslede van die DA, VF-Plus, Cope ens ens vir wie julle almal seker stem, elkeen ook meer as R1 miljoen PER JAAR betaal word, PLUS n lekker motor, PLUS verniet vlieg, PLUS n selfoonkontrak, PLUS n lekker huis, PLUS n onthaaltoelae. So elkeen van hulle bou eintlik maar ‘n mini-Nkandla; nie NET president Zuma en die ANC se parlementslede nie.

dries ·

Ai! dis darem maar n lekker land om in te bly, sal nooit trek nie.

vermeende ·

Die arogansie, kontrak verstyk dan hou jy sommer maar die kar!

As sy nie uitgevang was nie dan sou almal nog gedink het sy is eerlik.
Kyk die feit dat ek my spoedboete betaal en in die hof verskoning gavra het verontskuldig my nie van die oortreding nie.
Sy kan maar verskoning vra soos ay wil, die kalf is reeds in die put.

Geliefd ·

R1,5 miljoen per jaar is na alle aftrekking ongeveer R65 000 per maand….minder as wat ander proffesionele mense soos ingeneurs, advokate, GR’s en Aktuarisse per maand verdien? Dis nie so ongelooflik baie nie?

Janneman ·

Thuli se aansien het nou ongelukkig sy O gesien.

Baie jammer dat die kleinigheid haar statuur as vegter van SA gaan aftrek. Maar… in haar posisisie maak jy baie vyande, sy moes van beter geweet het.

Janneman ·

Ek sien die ANCWL se Thuli se betaling is nie genoeg nie en verdere ondersoek moet plaasvind. Daarmee stem ek volhartig saam!
Maar….ek stem nie saam met hul stilswye oor die slagting van Gauteng se 94 pasiente nie, hul stilswye van honderde vroue op plase en elders wat wreed vermoor, verkrag en lewenslank geskend word nie, hul selektiewe bywoning vir hofsake van bogenoemde slagoffers nie en hul ondersteuning van n besope dlamini wat nie haar werk kan doen nie.
Julle is huigelaars van zupta, nes jul onbeholpe broeders in die sogenaamde juigliga!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.