Thulsie-tweeling is ‘regmatig’ in hegtenis geneem

Brandon-Lee Thulsie en Tony-Lee Thulsie. Foto: Facebook

Brandon-Lee Thulsie en Tony-Lee Thulsie. Foto: Facebook

Die Johannesburgse landdroshof het Maandag beslis dat die tweeling wat daarvan beskuldig word dat hulle terreuraanvalle beplan het, se inhegtenisname regmatig was.

Landdros Pieter du Plessis het gelas dat Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie se inhegtenisname en gevolglike aanhouding regmatig geskied het. Die tweeling, wat verlede maand in hegtenis geneem is, word daarvan beskuldig dat hulle ʼn terreuraanval beplan het by die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika en by Joodse instellings in die land.

Die tweeling sou aanvanklik met hul borgtogaansoek begin, maar het besluit om die regmatigheid van hul inhegtenisname te bevraagteken. Die broers het aangevoer dat die polisie slegs ʼn deursoekingslasbrief gehad het en hul inhegtenisname dus onwettig was. Die polisie het egter aangevoer dat hulle die verdagtes in hegtenis geneem het nadat daar op inkriminerende bewyse beslag gelê is.

“Die polisie het redelike redes gehad om hulle in hegtenis te neem,” het Du Plessis gesê voordat hy versoek het dat die broers voortgaan met hul borgtogaansoek.

Adv. Annelene van den Heever, die tweeling se regsverteenwoordiger, het egter aan die hof gesê dat sy die saak na die hooggeregshof wil verwys. Wasiela Thulsie, die tweeling se ma, is deur familielede getroos ná Du Plessis se uitspraak.

Phindi Louw, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het buite die hof die uitspraak verwelkom. “Ons het heeltyd volgehou die tweeling se inhegtenisname was wettig.”

Die tweeling moet weer Vrydag in die hof verskyn en bly in aanhouding.

Lees alle vorige berigte oor die Thulsie-tweeling op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cherokee ·

Annelene van den Heever, ter wille van die moontlikheid dat jy dalk hier lees, as daardie tweeling op jou aandrang vrygelaat word en hulle bewys hulself skielik deur massamoordenaars te wees, sal jy dit moet verwerk.

Marie Visser ·

Geen Genade, ek stem saam met jou. Ek kan nie verstaan hoe hoogs opgeleide mense wat tog seker ‘n onderdskeid tussen reg en onreg kan tref, sulke terroriste in ‘n hof kan verteenwoordig nie. Geld spreek nouse dae harder as die waarheid. Wonder hoe slaap diesulkes snags.

P ·

Ongelukkig word daar meer waarde aan geld geheg as aan mense lewens. Hoe leef iemand met hul gewete saam wanneer hul weet dat persone massamoorde op onskuldige mense beplan en uitvoer en diesulkes dan deur tegniese skuiwergate probeer loskry?

Ja nee ·

Ek kan net saamstem, ek is so dankbaar dat die waarheid geseevier het sover. Ek kan ook nie glo dat ‘n regsgeleerde met soveel studie en mense kennis, wragtig in jou beroep moet jy darem noual die kennis opgebou het, sowaar kom en met ‘n skuiwergat die 2 probeer loskry, werklik daarmee sê jy vir die wêreld, ek is heeltemal okay met die 2 seuns se dade en dinge, jy is tegnies een van hulle. Sjoe dink bietjie daaroor dame, pleks van lei hul in verantwoordelikheid vat, maar ai die geldjies is sooo lekker, grootste huis, mooiste karre maak meer saak as die lewens van ander onskuldige mense. Ek voel vir jou Wasiela, maar glo my eerder die trane as tereurdaad trane, daar is hoop dalk skrik hulle behoorlik en ruk hulself reg en is daar nooit groter trane as die nie!

jaco ·

die tweeling het westerse name en n westerse van. op al die fotos wat al van hulle verskyn het, dra hulle nie klere wat hulle as radikale moslems uitbeeld nie. as hulle ge-convert het na die moslem geloof en by organisasie so radikaal soos ISIS aangesluit het, is die kans 99% of meer dat hulle gedwing sou gewees het om hulle name te verander.
is die SAPD en ons howe se feite oor hierdie tweeling regtig korrek?
Ek weet waarvan ek praat. Ek het baie met moslems te doen.

regtig! ·

regtig, dit bepaal dat jy maar min van terorisme weet. Hulle lyk en werk tot vir 3 / 4 jaar as gewone burgers voor hul toeslaan, die waarvan jy praat is in isis kamp, die grondvloer / spionasie / aanvallers sal nie so dom wees nie!

Louis ·

Wanneer iemand aangekla word, het hy die reg op verdediging en geregtigheid. Dit beteken die saak moet in elke stadium behoorlik volgens wet en die Grondwet ondersoek word voordat n persoon aangekla word. Dit is om seker te maak dat geen persoon onregmatig skuldig bevind word nie. Dit is waarom jy n aanklaer en prokureur/advokaat het in n hof het. Hulle is teenstanders en elkeen probeer sy saak bewys. Die landdros/regter is daar om die getuienis te evalueer. Hier het die Regter bevind dat die staat/ aanklaer se saak sterker was die verdediging se saak en hy is skuldig bevind. Die advokate/prokureurs het ook probeer bewys dat hul klient onskuldig was. Hulle was nie suksesvol nie. Hulle het egter hulle werk gedoen en het niks met oneerlikheid te doen. DIT IS HOE DIT IN N HOF WERK. Dit sal n kwade dag wees as daar nie prokureurs/advokate in n hof is nie. Ek glo nie n oningeligte op regsgebied sal sy saak na behore kan voer nie.

Ja nee ·

Ek stem saam almal het die reg op verdediging. Ongelukkig kan ek nie onaangeraak sit waar regsgeleerdes skuiwergate gebruik om los te kom nie, ek sou graag eerder wou hê, sy moes hul leefwyse en die bewyse van die staat weerlê om hul onskuldig te kry nie, nie stupid onregmatige inhegtenisneming nie!!!!Kort pad dui op die staat is op die regte pad. Verder is niemand nog skuldig bevind soos aangedui in jou skrywe, slegs dat die staat reg opgetree het met inhegtenisneming.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.