Tiedt se parool dalk in gedrang na ongeluk

Colette Lippold. Foto: Facebook

Colette Lippold. Foto: Facebook

Die departement van justisie en korrektiewe dienste sê hy sal ondersoek instel na die ongeluk waarin Reinach Tiedt, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, betrokke was en afhangende van die bevindinge kan dit moontlik lei tot die opskorting van sy parool.

Zacharia Modise, die departement se streekskommissaris in Gauteng, het bevestig dat Tiedt in ‘n ongeluk betrokke was.

Maroela Media het gister berig oor die ongeluk wat Dinsdag in Moreletapark in die ooste van Pretoria plaasgevind het. Ao. Dave Miller, woordvoerder van die polisie, sê die ongeluk het op die hoek van Rubensteinrylaan en Peddiestraat plaasgevind.

Tiedt is in die ongeluk beseer en ‘n private hospitaal geneem vir behandeling. Die bestuurder van die ander motor, Colette Lippold, het haar twee seuns by Laerskool Constantiapark gaan haal en was op pad huis toe toe die ongeluk gebeur het. Lippold het verskeie beserings opgedoen waaronder gebreekte ribbes, ’n geskeurde ligament en beserings aan haar lewer. Sy word in die hoësorgeenheid van die Kloof-hospitaal in Pretoria-Oos behandel. Lippold se twee seuns is nie ernstig beseer in die ongeluk nie en het vandag teruggekeer skool toe.

Reinach Tiedt. Foto: SAPA

Reinach Tiedt. Foto: SAPA

Beeld haal ‘n ooggetuie aan wat beweer dat Tiedt glo beheer verloor het oor sy voertuig voor dit teen die ander motor gebots het. Beeld het ook foto’s gepubliseer, wat glo deur ‘n ooggetuie op die toneel geneem is, van blikkies drank wat glo uit Tiedt se voertuig geval het. Volgens die berig was van die blikkies leeg en ander vol.

Miller sê intussen daar is niks in die dossier wat beweer dat Tiedt onder die invloed van alkohol bestuur het nie en het ‘n beroep op mense gedoen om nie aannames te maak nie. Tiedt is nie in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek wel ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur.

Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement van justisie en korrektiewe dienste, sê hulle is Donderdagaand van die ongeluk in kennis gestel. “Volgens ons beleid rakende die bestuur van diegene op parool sal amptenare die verslae van onder andere die polisie en die hospitaal ondersoek en ‘n verslag saamstel en by die departement inhandig.”

Wolela sê afhangende van die bevindinge kan die verslag by die paroolraad ingedien word vir oorweging en ‘n besluit. Volgens Tiedt se paroolvoorwaardes mag hy nie ‘n misdryf pleeg of alkohol of dwelmmiddels misbruik nie.

Christoff Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Tiedt is in Februarie op parool vrygelaat. Becker en Du Preez is kort hierna weer in hegtenis geneem na ‘n video wat glo wys hoe hulle partytjie hou in die tronk, aan die lig gekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

alet ·

Wat het die ongeluk met sy parool te doen kry rigting asb .julle is pateties verlekker jou in iets anders

Grassie ·

Alet – dit het alles met sy parool te doen. Iemand wat op parool is moet alle wette streng gehoorsaam en mag nie ‘n gevaar vir die samelewing inhou nie. In hierdie geval lyk dit of daar roekelose bestuur kon gewees het en daar is ook moontlik drank betrokke.
Indien die man nie op parool uitgelaat was nie het ‘n onskuldige jong moeder nie nou met ernstige beserings in ‘n hospitaal gelê nie. Ek verlekker my nie in omstandighede wat so tragies is nie. Jou beledigings is onvanpas.

henk ·

O NEE Grassie, Ek stem GLAD nie saam met jou stelling nie. Die feit dat hy uit is op parool het NIKS met sy handelinge van beweerde roekelose en of nalatige bestuur of dronkbestuur te doen nie.
Die ongeluk kon deur ENIGE persoon, dronk of roekeloos al dan nie, veroorsaak gewees het.
Wat dit wel met sy parool te doen het, is die feit dat sy parool opgeskort kan word omrede hy die wet oortree het, sou daar die nodige bewyse daarvoor bestaan.
My vraag na aanleiding van jou stelling die volgende, is dit dan nie nodig dat ELKE burger in hierdie land die landswette moet gehoorsaam en nie ‘n gevaar inhou vir ander nie? Is hierdie vereiste slegs van toepassing op die wat in die tronk en op parool uit is?
Indien jy saamstem met die logika daaraan verbonde dat dit op almal van toepassing is wil ek nog ‘n vraag of twee vra en jy hoef slegs jouself te antwoord:
Rook jy?
Drink jy alkohol?
Bestuur jy as jy gedrink het?
Ry jy ooit vinniger as wat die spoedgrens bepaal?
“skip” jy soms die robot as hy oorslaan na oranje?
Gebruik jy soms ‘n stopstraat as toegee teken?
Jy se ‘n ou wat op parool is moet AL die landswette nakom en nie ‘n gevaar inhou vir ander nie………..?

Grassie ·

Henk, ek respekteer jou siening. Ons is elkeen geregtig op ‘n opinie en ook om van mekaar te verskil.
Theresa en Jasper se kommentare stem ooreen met my sienswyse en dit is dus nie vir my nodig om dit te herhaal nie. Ek wil aansluit by Theresa se opmerking – kom ons bid vir die volkome herstel van daardie beseerde vrou. Sy het nie verdien wat na haar kant toe gekom het nie en sy het nog minstens twee kinders om groot te maak.

henk ·

Peter as jy dan nou so wonderbaarlik anders weet, waarom nie die vrou net ordentlik antwoord nie?
Of weet jy ook nie?

Jasper ·

Henk, as ek of jy skuldig bevind word aan roekelose of nalatige bestuur of onder die invloed van drank, word ons gestraf of beboet. n Persoon op parool gaan terug tronk toe. Glad nie so ingewikkeld nie.

Peter Says ·

Henk, het jou geantwoord, hoop jy het gelees voor Maroela dit verwyder het.

Theresa ·

As jy op Parool vrygelaat word beteken dit nie jy is heeltemal vry nie. Jy is net nie agter tralies nie Jy moet nogsteeds aan sekere reels gehoorsaam bly van KD se Paroolraad. So jy kan nie mal gaan nie. Jy moet in jou spoor trap en by die reels hou anders is dit terug trunk toe. En een van die reels is GEEN DRANK. Kyk maar wat kom uit die ondersoek mense. Ontspan net. Bid liewer dat die vrou volkome herstel.

Frank Passano ·

Ek stem saam met Henk; dit kon met enigeen gebeur het. Daar is gevaarliker javels in die land wat eerder tronkruimte moet beset. Gee Tiedt ‘n kans om homself te bewys!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.