Tien beseer in ongeluk

‘n Foto van die toneel. Foto: Verskaf

Tien mense is beseer toe twee minibustaxi’s Donderdagmiddag wes van Johannesburg gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die R28 tussen Westonaria en Poortjie plaasgevind.

“By paramedici se aankoms op die toneel is albei taxi’s in die linkerkantse baan aangetref. Die insittendes kon self uit die voertuie klim en het op die toneel rondgestaan,” het Meiring gesê.

Paramedici het die mense ondersoek en tien pasiënte vir geringe en matige beserings behandel.

“Gelukkig het niemand ernstige of noodlottige beserings opgedoen nie.”

Die pasiënte is na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hoe nou? ·

‘In die linkerkantse baan’? Nie dalk die ‘regterkantse baan’? Ek sou eerder sê ‘in dieselfde baan’.

GM ·

Dis taxi’s, hulle kan ry soos hul lus het. Wat is daar om te ondersoek? Dis snaaks dat daar nooit getoi-toi word oor al die nonsens wat die taxi-drywers aanvang nie. Hoe mense elke dag hul lewens so in gevaar kan stel deur in ‘n taxi te klim, weet ek nie. Maar nou ja, loop of fietsry is netso gevaarlik in die nuwe Suid-Afrika. Slegs kriminele word beskerm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.