Tien beseer toe bakkie rol

Die bakkie se wrak. Foto: Netcare 911

Die bakkie se wrak. Foto: Netcare 911

Tien mense is beseer nadat ʼn bakkie Maandagoggend op Field’s Hillweg (M13) in Pinetown in KwaZulu-Natal gerol het.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het ʼn konstruksiebakkie met tien insittendes omstreeks 07:00 in die westelike rigting van die pad gerol.

“Volgens inligting van die toneel het die bakkie om ʼn draai gery toe een van die agterbande gebars het. Die bakkie het gerol en op sy dak in die pad tot stilstand gekom,” het Botha gesê.

Een van die mense wat agter op die bakkie was, is tydens die ongeluk van die bakkie afgeslinger.

Die mense het ernstige tot matige beserings opgedoen. Hulle is deur paramedici van verskeie nooddienste op die toneel behandel en na verskeie hospitale geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kiepie ·

Ek verstaan regtig nie hoekom dit teen die wet is om sonder sitplekgordels agter in ‘n motor te wees maar binne die wet om mense agter op ‘n bakkie te vervoer nie. Bakkies is gemaak om goedere en nie passasiers te vervoer nie. Selfs ‘n kappie bied geen beskerming in die geval van ‘n ongeluk nie.

Hettie ·

10 mense in bakkie? Dis onwetlik! Moet 5 mense in bakkie wees!

Karma ·

Wat is dit met dié stuk pad dat daar so baie ongelukke – dikwels noodlottiges – daar gebeur?

Adri ·

“Een van die mense wat agter op die bakkie was, is tydens die ongeluk van die bakkie afgeslinger.” verstaan nie mooi nie waar is die ander mense, is daar veiligheidsgordels agter op bakkie gewees?

Marianne ·

Fields hill is niemand se maat nie!!! Mens moet extra versigtig en oplettend daar bestuur.
Die bestuurder was on verantwoordelik! Die bakkie was oorlaai! Ek wonder of dit padvaardig was….

TvA ·

“… het in die westelike rigting van die pad gerol.” Die bakkie het dus vanuit die oostelike rigting gerol; maw hy het van oos na wes gerol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.