Tien beseer toe trein teen sleepwa bots

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Minstens tien mense is beseer nadat ʼn trein in Pinetown, Durban, Vrydagmiddag teen ʼn vragmotorsleepwa gebots het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê volgens ooggetuies het ʼn vragmotor met ʼn sleepwa omstreeks 13:15 die treinspoor oorgesteek toe die sleepwa in die kragdrade bo die treinspoor verstrengel geraak het. Die vragmotorbestuurder het glo die sleepwa losgemaak en die sleepwa op die treinspoor gelos.

“Oomblikke later het die passasierstrein van die Moseley Park-treinstasie af gekom en teen die sleepwa op die treinspoor gebots. Die lokomotief het ontspoor en die masjinis en tien passasiers is beseer,” het Mathe gesê. Sy het gesê hoewel daar meer as 40 mense op die trein was, is die meerderheid gelukkig ongedeerd.

Die beseerdes is deur verskeie ambulansdienste na nabygeleë hospitale geneem vir behandeling, het Mathe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wonder ·

Wonder waar het die vragmotor bestuurder sy lisensie gekoop.

Lions ·

Was leesvaardigheid nie moontlik die probleem nie?? Of was die hoogtewaarskuwingsteken by die kruising wel daar??

Hasie ·

Wonder wie moet nou opdok vir die kostes. Almal behalwe die bestuurder van die vragmotor.

Sam ·

Jinne, julle is so vinnig om te oordeel. Dalk is stadige begrips lesers die oorsaak.
As vragmotor bestuurder wat ook ‘n vragmotor met sleepwa bestuur, kruis ek ook DAAGLIKS treinoorgange en party is onbeman sonder ligte.

Kom ek help julle klomp regters wat seker elkeen so vragmotor KAN bestuur. Voor jy kritiseer, vra eerder het ek dieselfde lisensie op my kaart? Veral jul wintgatte wat voor mens insny en dan moet ons, die vrag omgooi om nie teen jul duur motors te bots as die verkeerslig oorslaan en ons REM SPASIE gesteel is nie.

“volgens oog getuies het ‘n vragmotor met ‘n sleepwa omstreeks 13:15 die treinspoor oorgesteek toe die sleepwa in die KRAGDRADE bo die treinspoor verstrengel geraak het.”

NOU gewoonlik is die KRAGKABELS hoër as 4,5 meter. DALK het daar winde gewaai, HITTE (veral in die somer) KAN dit laat uitsit wat ook die drade kan laat SAK. OF HEEL moontlik KABEL DIEWE. Hoe dit ook al gebeur het, die sleepwa het daarin vasgehaak.

Die vragmotor bestuurder verdien ‘n GROOT glas suiker water, WANT midde sy krisis het hy die vragmotor gered wat baie meer geld werd is as die sleepwa deur AKSIE te neem en dit af te haak. BETYDS, anders kon hy dalk omgekom het. In die geval het hy UITGEKYK na sy EIENAAR se belange.

WEES asb redelik. DINK wat kan jy doen om ‘n vragmotor bestuurder se lewe beter te maak i.p.v hel, after all ons LEWER ‘n diens aan jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.