Tien dood, 50 beseer ná bus rol

Minstens tien mense is dood en 50 beseer ná ’n passasiersbus gerol het (Foto: Verskaf)

Minstens tien mense is dood en 50 beseer ná ’n passasiersbus Dinsdagoggend op die N3-snelweg digby die Tugelarivier in KwaZulu-Natal gerol het.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het die bus in ’n noordelike rigting gery toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.

“Die bus het ’n versperring getref en verskeie kere gerol. Die bus het oor die teenoorgestelde baan gerol en langs die snelweg in die veld tot stilstand gekom. Van die insittendes is in die proses uit die bus geslinger,” bevestig Herbst.

Herbst sê met paramedici se aankoms op die toneel het hulle 50 beseerde mense aangetref.

“Ons kan tans bevestig dat minstens tien mense dood is.”

Meer inligting oor die voorval was nie dadelik bekend nie en sal volgens Herbst later bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JM ·

Hoe verloor die bestuurder beheer oor die voertuig? Hy het waarskynlik te vinnig gery.

Boerseun007 ·

‘n voor wiel wat bars kan goas veroorsaak vir n bestuurder.

Mellivora ·

‘n Voorband het gebars wat nie noodwendig te wyte is aan spoed nie.

AmY ·

Dis glo Eldo Coaches se bus. Ek het al met hulle gery en was baie beïndruk gewees met hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.