Tien dood in gru-ongeluk op N1

Die ongeluk op die N1 waarin 10 mense dood is. (Foto: Twitter/Arrive Alive)

Dertien mense is Vrydag dood in twee afsonderlike ongelukke in die Wes-Kaap.

ʼn Reuse-ongeluk op die N1 naby Leeu-Gamka in die Wes-Kaap het die dood van tien mense veroorsaak. ʼn Onbekende aantal mense is ook beseer.

Die ongeluk het Vrydag 06:00 plaasgevind toe ʼn Scania-bus teen ʼn Toyota-minibus vasgery het. Volgens die webwerf Arrive Alive het die minibus, wat op pad was na die Oos-Kaap, ʼn pap band gekry en langs die pad gaan staan. Die bus was op pad van Beaufort-Wes na Kaapstad en het teen die minibus vasgery.

Teen Vrydagmiddag was paramedici steeds besig om na oorledenes onder die bus te soek.

Nóg drie mense, onder wie ʼn eenjarige, is Vrydag in ʼn ongeluk op die R43 in die Wes-Kaap dood. Die ongeluk het 17:00 tussen Hermanus en Stanford plaasgevind toe ʼn ambulans reg van voor teen ʼn ander motor gebots het. Volgens die Overberg-munisipaliteit was die pad ure daarna nog gesluit, aangesien olie en motorwrakstukke oor die pad gestrooi was. Die pad is eers weer ná 22:00 oopgestel.

Die ongeluk op die R43 waarin drie mense oorlede is. (Foto: Facebook/ Overstrand-munisipaliteit)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.