Tien dood ná skietery op snelweg

Argieffoto: SAPD/Facebook

Tien mense is dood ná ʼn skietery Dinsdagoggend op die N11-snelweg naby Ladysmith in KwaZulu-Natal.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die adjunkvoorsitter van die Kliprivier-taxivereniging en vier van sy lyfwagte is doodgeskiet nadat hulle omstreeks 07:00 in ʼn lokval gelei is.

Volgens Mbhele het die vyf mense in ʼn bakkie gery toe verskeie skote vanuit twee voertuie op hulle afgevuur is. Die bestuurder van die bakkie het beheer verloor en het teen ʼn aankomende bussie gebots.

“Onderwysers van ʼn plaaslike skool is in die bussie vervoer. Vyf van die insittendes in die bussie het in die ongeluk gesterf,” het Mbhele gesê. Die vier lyfwagte en adjunkvoorsitter van die taxivereniging het aan hul skietwonde beswyk.

“Die polisie is steeds op die toneel besig om ondersoek in te stel. Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

tamboti ·

SA is nie die enigste land waar TAXI’s bedryf word nie, maar seker die enigste waar dit in ‘n MAFIA ontaard het?

Brian Jones ·

O ja, dis hoe somige kulture met kompetisie onderhandel. Maak hulle net dood.

B-man ·

‘n Ou wat die behoefte aan vier lyfwagte het, moes sekerlik ook SAPD in kennis gestel het dat sy lewe in gevaar is? As hy nie het nie, moet dit wees omdat hy nie onnodige aandag wil lok nie… Dit ruik baie na georganiseerde misdaad.

Amelia ·

Mensig, hoekom sal jy lyfwagte he as jy net n besigheidsman is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.