Tien familielede in KZN afgemaai

ʼn Polisie-afvaardiging onder leiding van genl. Fannie Masemola is Vrydag na die misdaadtoneel in Imbali, KZN ontplooi. (Foto: Twitter / @LirandzuThemba)

Tien lede van een familie is Donderdagaand in Imbali in Pietermaritzburg doodgeskiet.

Volgens Lirandzu Themba, polisieminister Bheki Cele se woordvoerder, dui voorlopige inligting daarop dat onbekende aanvallers die huis ingestorm en die familielede oorrompel het.

Sewe vroue en drie mans is in die skietery dood. Hul name en ouderdomme is nog nie bekend nie. ʼn Moontlike motief is ook nog nie deur die polisie bevestig nie.

Cele vorm deel van ʼn polisie-afvaardiging onder leiding van die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola, wat die toneel Vrydag besoek.

Meer inligting sal na verwagting later vandag bekendgemaak word.

EWN berig dit is die tweede massaskietery in een week in KwaZulu-Natal. Vier mense is Donderdag ook by ʼn huis in KwaMashu, noord van Durban, doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Amelia ·

Wat maak cele daar is dit nou net weer vir n foto want hy stel nie belang nie anders sou laat meer kriminele en moordenaars agter tralies gewees het met geen borg of sake wat gelyklopend uit gedien word nie moordenaars kom te veel weg met hul dade want ondersoek word nie behoorlik gedoen nie

TheSnake ·

Kriminele weet dat die ministers graag die openbare blootstelling wil hê. Hulle word dalk betaal vir die werk wat hulle doen. Ons weet mos, in SA as jy die polisie sien, is dit klaar te laat … ons sal ondersoek doen … wat jare vat.

Chris ·

Dit is slegs gevalle waarvan die polisie en media kennis dra. Gister met ‘n kennis wat in die SAPS is gesels. Hy sê in sy area sterf daar gemiddeld 3-5 persone deur huurmoorde (taxi eienaars) per week. Dit is waarvan hy weet of wat aangemeld word. Etniese en stamverskille dra ook ruinskoots tot die getalle by.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.