Tien in hof oor hondegevegte

hof-hamer

Argieffoto.

Tien mans wat beskuldig word van aanklagte wat verband hou met hondegevegte het Dinsdag in die Lenasia-landdroshof verskyn.

Die mans is in hegtenis geneem ná ʼn voortgesette ondersoek deur die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) en die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad.

Wendy Willson, senior inspekteur van die NDBV, het gesê mense wat bevrediging kry uit hondegevegte toon lae vlakke van empatie en sal waarskynlik bereid wees om deel te neem aan gewelddadige optrede.

“Juis daarom is dit van soveel belang dat daar opgetree word teen hondegevegte, nie net deur die NDBV nie maar ook deur ander wetstoepassingsowerhede,” het Willson gesê.

Een van die beskuldigdes is ʼn wiskundeonderwyser, een ʼn verteenwoordiger van ʼn mediese fonds, nog een ʼn besigheidseienaar, een werk in ʼn inbelsentrum en die ander het hulself as veeartse aan die publiek voorgehou.

“Dit is mense dié wat elke dag tussen ons beweeg, mense wat beskou word as betroubare lede van die gemeenskap. Dis mense aan wie ons ons kinders, ons veiligheid en selfs ons diere sal toevertrou,” het Willson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Willie ·

Ja ek stem, laat ons weet die gemors is… Dis diere mishandeling op die hoogste grad! Nogal aan n mediese fonds! Sies

zack ·

Ek wens die Bloemfontein DBV wil ook begin optree teen hierdie mense. Hulle weet wie is hulle maar doen niks. Die skuldiges is seker ook belangrike mense waarvoor die DBV bang is om op te tree.

marlene ·

Ek is die eienaar van 2 pragtige honde wat in ons gesin van 8 net liefde ken en nog net liefde teruggee het. Die een hond pas my man wat kanker het op en kom roep my as sy voel hy het hulp nodig. Die ander een, op sy gelukkigste as iemand met hom speel. Hoe is dit moontlik dat daar sulke gevoellose mense op hierdie aarde is? My oupa sou se hulle is of siek of verveeld. Wonder nou net wat sal gebeur as al 10 in ‘n hok gesit word en moet baklei vir hul lewe, hul sal dalk te papbroekkig wees om dit te doen. Baie dankie vir diegene wat so onverpoos werk om sulke mense te vervolg, hul hoort nie in die gewone samelewing nie, maar in die tronk.

Asb tog ·

Kom vertel my asb wat hulle gaan oorkom, die eienaar wat sy hond aan ‘n KETTING vasgemaak het en laat STERF het van die honger en dors het ‘n opskorte vonnis gekry en ‘n paar rand boete . so regtig . moenie julle asems enigsins ophou vir ENIGE straf hier nie. Geld loop dik. Die DBV is te bang om op te tree, hulle weet van hierdie hondegevegte, die publiek kla by hulle, maar hulle draai ‘n blinde oog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.