Tien in hof oor renosterstroperysindikaat

Die verdagtes verskyn in die Hatfield-landdroshof. Foto: @LielaMagnus op Twitter.

Die verdagtes verskyn in die Hatfield-landdroshof. Foto: @LielaMagnus op Twitter.

Tien lede van ʼn vermeende renosterstroperysindikaat het Maandag, op Wêreldrenosterdag, in die Hatfield-landdroshof in Pretoria verskyn.

Hugo Ras, die vermeende meesterbrein agter die sindikaat, het saam met sy vrou Trudie, sy broers Anton Ras en Arno Smith en ses ander verdagtes in die hof verskyn. Die ander verdagtes is Bonnie Steyn, ʼn vlieënier van Ficksburg, Willie Oosthuizen, ʼn adjudant-offisier van die Valke, Joseph Wilkinson, ʼn prokureur van Pretoria, Christoffel Scheepers, Mandla Magagula en Willem van Jaarsveld.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, het gesê die saak is tot 29 September uitgestel wanneer die verdagtes om borgtog sal aansoek doen. Hulle bly in aanhouding. Wilkinson het die hooggeregshof in Pretoria Saterdag om ʼn dringende borgaansoek genader, maar was onsuksesvol.

Die Valke het die verdagtes Vrydag in hegtenis geneem. Hugo Ras, wat glo die sindikaat se aktiwiteite vir sowat vyf jaar lank bestuur het, is Vrydag by die Pretoria-Noord-landdroshof in hegtenis geneem waar hy op ʼn afsonderlike klag sou verskyn het. Die ander verdagtes is dieselfde tyd in Polokwane in Limpopo, Ficksburg in die Vrystaat, Potchefstroom in Noordwes en in Montana, Mamelodi en Kameeldrift in Gauteng in hegtenis geneem.

Die sindikaat was hoofsaaklik in Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Gauteng en KwaZulu-Natal aktief. Die verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by die stroop van 22 renosters tussen 2008 en 2012. “Die sindikaat het glo 84 renosterhorings bekom en 22 renosters doodgemaak ter waarde van nagenoeg R22 miljoen,” het Ramaloko gesê.

“Die span sal voortgaan om hierdie tipe van sindikate oop te vlek,” het lt.genl. Anwa Dramat, die nasionale hoof van die Valke, gesê. “Hulle het geen simpatie teenoor ons reeds bedreigde spesies nie. Dit is duidelik dat hulle geen agting vir die oppergesag van die reg het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

SNEL ·

Skandelik om daar so te staan, man, sy broers en vrou, julle lae gemors!!!!! Ek sal skaam kry om deel te wees van so sindikaat en om daar te staan en verantwoordelik te wees vir die uitroei van ons pragtige renosters. Ek hoop regtig hulle sit vir ewig. Dis soos n dolk in my hart as ek elke keer moet lees n renoster is weer vermoor vir sy horing. Hoop elke sindikaat word vasgetrek en dat ons renosters se getalle weer kan klim en dat hulle net kan wei en lewe. Hoop julle sit en vrot in die tronk, Pappa wag vir julle… Bly hulle is vasgetrek, geluk aan die klomp wat hulle gevang het!!

Zia ·

Kan nie glo van die mense is Suid-Afrikaaners nie en ook nog mense met goeie en hoe poste. Hoop hulle kry skaam en sit lank!

charmaine ·

Dat ‘n mens jou lewe so kan opmors net omdat gierigheid jou baas is. Dit is nou mense die wat hard geleer en gewerk het vir hulle kwalifikasies en beroepe en nou niks het nie.Slim mense kan ook maar dom wees!!!!

Saffy ·

Naam en dan Skaam, ek is so bly ons kan sien hoe hierdie gemors lyk

Marleen ·

Vuilgoed! Dink persoonlik hulle horings moet gestroop word ter straf. Eendag sal hulle leer hulle roei alles uit vir rykdom en mens kan nie geld eet of drink nie.

HEVW ·

Die allerbeste nuus. Natuurlik sal hul nog die verwaandheid he om onskuldig te pleit. Behalwe die skade aan renosters sal hul nog 1000de rande uit die belastingbetalers se sak uitjaag. Mag hul van nou af lang slapelose nagte he en tot n hoe ouderdom diep gebere word.

Paul ·

Hierdie ouens is die klein baba vissies in die dam. Die Valke moet bietjie hul vlerke sprei en jag maak op die groot roofvisse wat snoesig in die kabinet en ander senior poste sit. Opvallend hoe die klein vissies 9/10 blank is want die Valke moet saam met Beeld/Naspers (sien Beeld Saterdag 20 September 2014) bewys dat dit die blankes die groot kriminele en renostermoordenaars is, intussen het hulle slegs 22 uit seker digby 3000 renosters vermoor. Die moordenaars van die ander 2978 renosters behoort die Valke se visier vol te staan.

Johan ·

Dankie dat jy dit se. Ek het self gewonder oor die bohaai oor 22 renosters uit hoeveel duisende. Toegegee dit is skandalig en goed dat hulle gevang is, maar waarom so groot bohaai in die geval? PR…

HEVW ·

Die beste nuus ooit. Natuulik sal hul die verwaandheid he om onskuldig te pleit. Behalwe die enorme skade aan die uitroei van renosters sal daar n uitgrekte hofgeding en tronkstraf wees wat die belastingbetaler baie rande uit die sak gaan jaag. Ons wens jul toe baie stres en lang slapelose nagte.
En mag jul tot n hoe ouderdom rustig in n klein kamertjie verkeer.

hayek_rules ·

Vieslike goed. Aaklige duiwelse gevrete pas mooi by hulle gedrag. Deurboor die gemors met renosterhorings.

Johan Beyers ·

Dit gaan uit en uit oor geld en as hebsug jou ingehaal het, dan voel jy vere vir die res. Ek hoop eerlikwaar dat hulle nie borg gaan kry nie en dat hulle straf ‘n weerspieëling van hulle wandade sal wees.

Hannelie van Dyk ·

Hierdie mense is die rede vir totale uitwissing van ‘n spesie. Met julle optrede , sal ons binne die volgende paar jaar net foto’s in boeke sien en geen lewende renosters nie. Kom tot julle sinne.

Jean ·

Vreemd hoe die ‘renostermoorde’ julle so baie ontstel, maar die 200 ongebore babas wat vandag vermoor is, is maar deel van die lewe in suid afrika. Vreemd hoe ons regering so gou op die ‘renostermoordenaars’ toeslaan maar plaasmoord bewyse weg raak. Julle verdien nie die besit van renosters nie. God sal hulle wegvat. Die ‘vuilgoed’ is maar net ‘n hammer in Sy hand.

Corne ·

Ai dit maak mens so hartseer dat geld jou baas word en dat mens so sal daal. Hoop regtig nie dat hul borg kry nie. Ek wonder of hul nie skaam kry nie, en ooit gedink wat hul gesin en Kinders moet deurmaak? Hoop hul praktiseer nooit weer nie. SIESA…..wonder hoe jul Ouers moet voel……

BAKGAT ·

K-O-L-S-K-O-O-T……Sluit hul toe, ook daai prokurower, sny hul horings af of stuur hulle vir ISIS…

Alizia ·

Almal maak so ophef van die renosters wat doodgemaak word. Ja ek stem dit is erg! En almal is gou om te oordeel. Wat word van die klomp wat onskuldige kinders en oumense verkrag. Almal sê ons kinders is die toekoms. Wel dan lyk die toekoms nie baie rooskleurig nie. Want die klomp wat so verkrag word nie gevang nie of die saak loop net dood. Dalk moet die verkragters ontman word en in die plein gehang word. Dalk moet almal ophef begin maak oor dit. Om optogte te hou ens gaan hulle nie vang nie. Net soos wat die valke tyd spandeer om die klomp renosterstropers vas te trek moet hulle dalk daadwerklik begin dieper en meer intens soek na die gemors wat verkrag. ‘N Man wat ‘n hulpelose Tannie van 80 verkrag of ‘n 6 maande oue babatjie. Ek sien nie die groot ophef wat van sulke gevalle gemaak word nie.

Freda Faber ·

Ek het fotos geneem van die een renoster wat by my ma se huis geskiet is en wreedste is dat hy nie dadelik dood is nie. Rondom hom was bloed soos hy gespook het met sy kop. Ek het geen simpatie met hierdie klomp of die wat nog gevang gaan word nie. Hul moet self deur ‘n lyding gaan maar dis nie in ons hande nie. Spreuke praat van gierigheid en diere mishandeling en hierdie mense dink God het diere nie geskape nie! Hoop hul suffer saam met al die ander. Dis veral skokkend hoeveel veeartse betrokke is!

Engela Marais ·

Ek wens mens kon van hulle ledemate ook laat afsny/afsaag/afslag. Kan nie in my wildste drome probeer verstaan hoe siek jy moet wees, om geld bo so n gruweldaad te kies nie. Hoop vir julle part julle het daardie geld geniet. Wonder waar en wat julle nou met daardie geld gaan maak in die tronk.

santa ·

Patetiese bondel mense. So bitter jammer vir die Renosters. Hulle het dit nie verdien nie. Die mense verdien n swaar straf, maar wat my bekommerd maak is die basterds wat mense doodmaak en net verdwyn. Daaraan doen hierdie PATETIESE REGERING niks niks niks. Dis jammer ons mooi land is besig en het al klaar sy gat gesien.

Ansophie Van Der Merwe ·

Dit lyk vir my “die makste hond byt die seerste,”. Dis regtig tragies dat ons eie mense so laag kan daal, dit vir geld, nee, dasr moet beslis n voorbeeld van hul gemaak word. Geen bail asb!

Elani ·

Ek haat die renoster geweld en wens die mense wat bereid is om so iets te doen sit baie lank. Maar julle ken nie al die feite nie en hoop nou sommer almal kry nie borg nie. Mnr Steyn, die vlieënier bv, het goedere vir ‘n vriend gevlieg gratis en verniet, jare gelede. (En NEE dit was nie die horings self nie). Sal jy iets vermoed as jou vriend vra jy moet medikasie vir hom vlieg terwyl hy ‘n wildsplaas bestuur? Nee! Vir sy goedhartigheid word hy nou beloon deur in die tronk te sit. Moenie mense verwens as jy nie weet nie. Sure, jy hoop hy bly in die tronk, en wat van sy vrou en kinders?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.