Tien interessante gesondheidsfeite

(Foto: Pixabay)

Vergeet van opinies en waarskynlikhede, hierdie tien gesondheidsfeite is gegrond op wetenskaplike ondersoek. Hoewel sommige van hulle moeilik is om te glo, is dit 100% die waarheid, met die nodige navorsing om dit te steun.

Hierdie feite is eerste in Best Life gepubliseer.

  1. Jy haal gewoonlik net deur een neusgat op ʼn slag asem

Jy dink dalk dat jou neusgate op dieselfde tyd werk wanneer dit kom by in- en uitasem, maar dit is nie die geval nie. Navorsing in die Mayo Clinic Proceedings-joernaal het bevind dat neusgate beurte maak om asem te haal. Elke paar uur vat die ander neusgat oor en so ruil hulle heeltyd uit.

  1. Angstigheid kan slegte reuke vererger

Journal of Neuroscience voer aan dat mense wat angstig is slegte reuke as selfs slegter ervaar as mense wat nie angs het nie. Selfs neutrale reuke het in die navorsing onaangenaam geruik vir mense wat angstig is.

  1. Mans is meer vergeetagtig as vroue

Talle navorsingsondersoeke wat die geheue van mans en vroue ondersoek het bevind dat mans meer vergeetagtig as vroue is. The Quarterly Journal of Experimental Psychology stel ʼn hipotese wat sê dié geheuerverskil kan wees as gevolg van verskillende breinstukture by mans en vroue.

  1. Eiers verbeter jou reflekse

Eiers bevat ʼn aminosuur genaamd tirosien wat die liggaam in staat stel om verhoogde vlakke van energie en gereedheid te hê. In ʼn navorsingsverslag in die Neuropsychologia-joernaal is bevind dat tirosien jou intellektuele optrede en reaksietyd kan verskerp.

  1. Byna ʼn tiende van jou liggaamsmassa sit jou bloed

Die massa wanneer jy op die skaal klim is nie net van jou spiere, vet en bene nie. Bloed maak agt tot tien persent uit van jou totale liggaamsmassa. Studies het bevind dat die deursnee volwassene enigiets van 4-5 liter bloed het wat deur hul are vloei.

  1. Babas word gebore met byna geen bloed nie

Babas het nie naastenby so baie bloed soos volwassenes nie. Pasgebore babas van 2 tot 4 kg het so min as een koppie bloed.

  1. Rooivleis maak jou liggaamsreuke slegter

Navorsing in 2006 het bevind dat die inname van vleis ʼn groot inpak kan hê op hoe aantreklik jou liggaamsreuke is. Deelnemers aan die studie wat nie rooivleis geëet het nie was algemeen gesien as diegene wat die beste ruik – minder intens en meer aantreklik.

  1. Vet verlaat die liggaam deur die longe

Ten spyte van die feit dat baie mense glo jy verloor gewig deur te sweet, is die waarheid dat jy 84% van die vet wat jy verloor deur jou longe plaasvind. Die oorblywende 16% word in water opgeskakel en verlaat jou liggaam as urine, sweet, trane en ander vloeistowwe.

  1. Mense kry ʼn ekstra been in die knie

Baie mense het ʼn ekstra been in die knie genaamd die fabella. Dit is ʼn klein been en sy doel is nog nie duidelik nie, maar al meer mense ontwikkel hierdie been. Volgens navorsing in 2019 is die waarskynlikheid dat mense hierdie been het 3,5 keer groter in 2000 as in 1900.

  1. Hakskoene lei tot beter besluite

ʼn Navorsingsverslag in Journal of Marketing Research het bevind dat mense wat in hakskoene inkopies doen, beter besluite maak as mense in plat skoene. Die navorsers sê mense met hakskoene het ʼn verhoogde sin vir balans, en dit help hulle om meer gebalanseerd te dink en geld uit te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann ·

Nommer 3 en 4: mmmmmm dink nou mooi daaroor…no way kan dit waar wees as dit kom by mans en reflekse oor eiers nie…NO WAY! Dis n totale teenstrydigheid…dink ek? Wat wou ek nou weer sê? O ja…my reflekse as dit kom by eiers.

Kalla ·

Ek dink nie hakskoene maak jou beter dink nie, jy wil net gouer uit hulle kom :)

Cherokee ·

As jy jou man stuur om inkopies te doen, laat hom hoëhakskoene dra. {jy sal hom moet help om te balanseer)

Elize ·

Kan nie glo dat normale mense sulke klomp gemors kan kwytraak nie

Danie ·

Getroude mans het lankal agtergekom die maklikste antwoord is vergeet.

Anoniem ·

Die ekstra been in die knie is waarskynlik weens die skielike nuwe geknielery. Oor ‘n paar jaar wanneer die knielers hulle fout agterkom, is dit te laat, dan steek die ekstra been jou op ‘n gevoelige plek.

Andries ·

Ek stem hoegenaamd glad nie met die hoëhakskoene een saam nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.