Tien jaar tronk toe vir wildstropery  

Friday Ngobeni (Foto: Verskaf deur NVG)

ʼn 45-jarige man is Maandag in die streekshof in Skukuza in die Krugerwildtuin tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir stroperyverwante misdrywe.

Friday Ngobeni is skuldig bevind op aanklag van betreding, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie en sameswering om ʼn misdaad te pleeg.

Volgens Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, is Ngobeni op 29 November 2017 in hegtenis geneem nadat veldwagters met ʼn helikopter die Stolznek-gebied gepatrolleer het.

Ngobeni en sy medebeskuldigde, Mastel Ngobeni, het in die bosse geskuil en is in besit van ʼn vuurwapen, ammunisie en ʼn byl gevind toe hulle in hegtenis geneem is. Die twee mans is later op borgtog vrygelaat en het gevlug.

Friday Ngobeni is later weer in hegtenis geneem nadat ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is. Sy medebeskuldigde is egter steeds op vrye voet.

Nyuswa het gesê Ngobeni het aanvanklik onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom, maar het later besluit om skuld te beken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

domheks ·

Ons regstelsel is pateties! Kry borg – verdwyn – word gevang – kry 10 Jaar – waarvan hy net 1/3 uitdien – terug op straat – doen weer dieselfde! So die bose kringloop word aangemoedig! Geen tande wat byt nie.

Papsak ·

Dit is hopeloos te kort kom hy daar uit doen hy dit net bietjie beter bere ver gooi sleutels weg regtig so word alles net aangemoedig

electricmango ·

Nou moet belasting betalers hom nog van akkomodasie en kos voorsien, sodat hy weer perdfris en vol woema kan stroop as hy oor drie jaar uitkom. Watter jong ongeskoolde gangster sal dit nie wil he nie, die howe is n grap, die strawwe is nog n groter grap. Ek verseker jou dat as dit Sakkie de Lange was wat daar gestaan het was dit 15 jaar minimum.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.