Tien ontsnap uit Rustenburg-tronk

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is steeds op soek na tien verhoorafwagtende gevangenes wat Vrydagoggend uit die Mogwase-korrektiewe sentrum in Rustenburg, Noordwes, ontsnap het.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê teen Saterdagmiddag was geen van die ontsnaptes nog in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort.

Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het aan Maroela Media gesê die departement sal ʼn volledige ondersoek doen om te bepaal hoe die gevangenes ontsnap het.

“Ons voorlopige ondersoek dui daarop dat 11 gevangenes ʼn venster in ʼn badkamer gebreek en daardeur na die dak van die gevangenis geklim het. Van daar het hulle bedlakens gebruik om na onder te klim en te ontsnap. Een van die gevangenes kon egter nie daarin slaag om weg te kom nie en is reg buite die gevangenis vasgetrek,” het hy gesê.

Hy het gesê drie van die gevangenes is op aanklagte van moord aangehou, drie op aanklagte van roof, een op ʼn aanklag van verkragting en nog drie op aanklagte van diefstal en ontsnapping uit wettige aanhouding. “Ons doen ʼn beroep op die publiek om nie te bespiegel oor die ontsnapping nie, maar die departement toe te laat om sy ondersoek af te handel en die nodige stappe te neem na aanleiding van die bevindinge,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ben ·

Pateties. Ons mag nie eers meer bespiegel nie want dit wil voorkom asof dit die departement se ondersoek beinvloed! Mag ons darem nog dink of is dit ook verbode.Groetnis.

Tina ·

Dit is nie nodig om te bespiegel nie want daar was weer KORUSIE by betrokke

humor ·

Ons prober maar weer. Alledaags. Noual n kenmerk van SA se gevangenisdiens.

Jan van der Linde ·

U kan maar aan die departement sê ” ons hoef nie te bespiegel nie ” ons is nie eers geskok oor wat gebeur het nie” ons weet al hoe dit werk in die SAPD . Niemand was nalaatig nie – hulle was net op standdard.

Suzette ·

@Jan vd Linde: Jip soos jy se “op standaard”. Al sittende en kouende aan die bucket KFC en 2L Coke, salig onbewus van werk. So Rustenburgers slaap maar asb met een oog oop in die komende tyd. Ons hoef nie te bevraagteken nie. Ons weet……..

Marietjie ·

Jaaa wat kan ons se ne…. hoop hul word vinnig gevang..

Twee ·

Die een ou het alreeds ontsnap, so hy het alreeds die patetiese stelsel ontvlug. Ek dink ook nou aan hoe die ouens vroeer die week uit die vangwa ontsnap het en die publiek die polisie so lekker uitgelag het. Impotent regering.

Rowan ·

Hoe kon hul deur n venster klim? Alle vensters het sterk tralies voor. BOLLIE man!

Jef ·

Daar ontsnap meer gevangene as wat daar gevangene gevang word mmmmm ek kan die telling nie meer by hou nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.