Tien polisiebeamptes vas oor dwelmsmokkelary

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Tien polisiebeamptes het Donderdag in die Bergville- en Ladysmith-landdroshowe verskyn op aanklag van korrupsie.

Brig. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die beamptes is in hegtenis geneem ná ʼn langtermynondersoek wat in die Bergville-omgewing van stapel gestuur is in ʼn poging om daggasmokkelary te bekamp.

“Tydens die ondersoek het dit aan die lig gekom dat polisiebeamptes medepligtiges was met die smokkel van dwelms en hulle het ook in sommige gevalle die smokkelaars ondersteun,” het Naicker gesê.

“Verskeie polisielede is gedurende operasies om dwelmsmokkelary stop te sit in die omgewing van Tugela en Bergville dopgehou. Ná ʼn intensiewe ondersoek is die tien beamptes Woensdag deur die provinsiale speurders en bedryfseenhede in hegtenis geneem.”

Die beamptes, tussen 30 en 55 jaar oud, is verbonde aan die Opper-Tugela-, Ematsheni- en Bergville-polisiestasies. Hulle het reeds skorsingskennisgewings ontvang.

Hulle is elkeen op borgtog van R1 000 vrygelaat en moet weer op 15 Augustus in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lance ·

Verbaas my gladnie want ek sien op tv baie polisie het krimenele rekords …so wat kan mens verwag …dis net n ” Job”

plaasjapie ·

Stem saam…en wat van n voorbeeld het hulle met n landsleier soos zumpie.
Dink daar baie ander gevalle soos die waarvan ons nie weet.

humor ·

Na aanleiding van reelmaat van misdade en ontsnappings spreek dit duidelik dat die hoe range, bevelvoerders en ministerie van polisie doelbewus met oogklappe hul verantwoordelikheid benader. Vir hoeveel jare gaan dit al so? En nr. 1 voel vere. Daar sal iets daadwerklik gedoen moet word om die proses om te keer.

Carel ·

Waaragtig al weer polisie!! Is daar geen einde aan hierdie georganiseerde misdaad in blou nie?

Theresa B ·

Hi nooit. Ek het nou nooit gedink hulle sal sulke dinge doen nie. (sarkasties!)
Vir hulle is om deel te wees van beplande misdade – soos tandeborsel. Gereeld en elke dag!!

neelsie ·

Weer n geval van magsmisbruik.
Die mense gee die Sapd so n slegte naam dat ons hulle nie kan vertrou nie.

Knersis ·

Dagga behoort nie gesmokkel te word nie. Dit moet vrylik beskikbaar wees.

Anoniem ·

Kan iemand my asb sê of hierdie polisiebeamptes nog steeds ‘n volle salaris ontvang terwyl hulle geskors is?

NEL ·

SAPD is gerate as die beste mag in die wereld, hulle is op die misdaad toneel voordat die misdaad gepleeg word. Die goeie polisiemanne is ‘n handtjie vol en meeste van hulle hang hulle tyd uit en wag vir hulle pensioene………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.