Tien seuns is reeds by inisiasieskole in die Oos-Kaap dood sedert die inisiasieseisoen drie weke gelede begin het.
Die sterftes word glo toegeskryf aan beserings wat verband hou met besnydenisse.
Mamnkeli Ngam, ʼn woordvoerder van die provinsiale departement van tradisionele sake, het egter gesê nadoodse ondersoeke word gedoen om die presiese oorsake van die seuns se dood te bepaal.
Hy het ʼn beroep op ouers en gemeenskappe gedoen om die regering te help om sterftes by inisiasieskole te bekamp.
Die inisiasieseisoen in die provinsie word erg ontwrig deur besnydenisse wat skeefloop grootliks as gevolg van die aantal onwettige skole wat bedryf word deur mense wat vinnig wil geld maak.
Die polisie ondersoek die afsonderlike voorvalle.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
31 Kommentare
Hoe kan hul kultuur as onwettig beskryf word?
Sit een van hierdie mense al in die tronk? NEE! So hulle hou net aan daarmee, alles in die naam van kultuur. Wie is ons om hulle te stop?
Ek het geen geen simpatie nie………dis n kultuur ding die…..so as jy jou kinders wil blootstel aan dit…..moenie dan na die tyd huil en ag shame daar oor nie……ons leef nie meer in die bos era nie………ek wil net weet hoe is hulle dood……wat gebeur daar……….word hulle dood gemaak, verkluim hulle, dood van honger, dood van dors, WTH…..gaan aan by die” veldskole”
Julius……nee want dit is teen hulle mense regte……O wag hulle is almal dood….hulle het nie meer regte nie……eish what now……..mense ,daar is nie pille vir die domheid nie……sulke nuus skok my nie meer nie…….
Ek verstaan nie hoekom gaan hulle na die skole?
Doen hulle dit vrywillig? Dwing hulle ouers hulle? Kan hulle nie aangaan met REGTE skool nie? Word hulle fone weg gevat? Mag hulle nie meer tv kyk nie? Gaan hulle vigs kry as julle dit nie doen nie? Gaan jou [email protected]#$ie afval as jy nie gaan nie? Word jy deel n gang dan? Kry jy ere klere met n balkie?Is jy nie n MAN nie? Wat is jy dan?Gaan jy nie vrou kry nie? Gaan jy nie kerfess Sony PS4 kry nie?.Weet hulle self ook nie?………….mense help my verstaan……