Tien ‘renosterstropers’ in enkele dae vas

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Spesiale polisietaakspan het die afgelope ses dae tien vermeende renosterstropers in hegtenis geneem.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê vyf van dié stropers sal Donderdag in die KwaMbonambi-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, betreding in ʼn nasionale park en onwettige jag.

Die vyf, tussen 31 en 35 jaar oud, is Dinsdag in hegtenis geneem. Twee van die verdagtes is van Mosambiek en die ander drie is Suid-Afrikaners. Die ander vyf verdagtes is oor die naweek in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn.

Die verdagtes is in KwaZulu-Natal en Mpumalanga in hegtenis geneem en die polisie het op jaggewere, ammunisie, knaldempers, messe en byle beslag gelê.

Die spesiale taakspan bestaan uit speurders, beampte van die nasionale intervensie-eenheid, forensiese kundiges, spoorsnyers, lede van die taktiese reaksie-eenheid en beamptes van SANParke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tiger ·

En more kom die ander 5 voor in die hof en kry borg en ‘n kans om te verdwyn.Veral die Mosambiekers.Patetiese regstelsel!

Wat-ek-lees ·

Mooiskoot! Nou moet van hulle ‘n voorbeeld gemaak word met 10 jaar minimum tronkstraf.

Lance ·

20 laas week vrygelaat en 4 het uit aanhouding ontsnap ….goeie werk met die 10 …. ons beweeg nou vorentoe !

humor ·

Goeie werk en geluk, maar soos ek die vorige kommentaar verstaan, beweeg ons eintlik met die g@tkant vorentoe.

Ben Prinsloo ·

Baie mooi maar waar kom al die jaggewere en vernaam knaldempers vandaan?

Scalla ·

Ben, die gewere en toerusting is aangekoop by die korrupte saps wat dit moes vernietig het met die inhandigings proses en dit word gesteel tydens plaas aanvalle.

Nita ·

Hier is nou mos genoeg bewyse om hulle dadelik skuldig te bewys en vir 20 jaar op te sluit, sonder die rompslomp van maandelange, duur hofsake. Waartydens hulle kan onsnap, of op tegniese punte vrygelaat gaan word.

Susan ·

Sulke nuus maak my nie eers meer opgewonde nie. Hierdie mense is straks al verskeie kere in die verlede vasgetrek en hulle het ontsnap of is vrygelaat weens ‘n tekort aan bewyse (al is hulle met die wapens en buit in hulle besit gevang). Ek raak net meer die duiwel in. Soveel male al bewys dat baie van hierdie mense juis die is wat die diere moet oppas wat deel uitmaak van die stropery. Ek steun geen groep of organisasie wat geld insamel om die diere te beskerm nie want in al die jare wat die soort ding gepropageer word, word daar net meer en meer diere uitgemoor!

Takkie Takuuza ·

En as die renostertjies nou opgebruik is wonder ek wat is volgende. So baie geld is al ingesamel vir die bewaring, sal nice wees om te weet hoe dit aangewend word.

Fick ·

Dis baie goeie werk, maar hulle sal bail kry en betaal en net weer aangaan. Die opskrif moes lees 10 Stropers dood in 6 dae…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.